Hou op om ander te blameer en aanvaar verantwoordelikheid (1)

2018-05-11
Genesis 3:12 NLV

Die verhaal van Adam en Eva se foute leer ons twee belangrike lesse oor God: 1) Hy sal nie jou verskonings aanvaar nie. 2) Hy sal jou nie toelaat om ander mense te blameer nie. Hy dring daarop aan dat jy verantwoordelikheid vir jouself moet neem. Totdat jy dit doen, kan Hy jou nie seën soos wat Hy graag wil doen nie. Dit beteken dat jy moet ophou om in die asgat van foute in die verlede te leef – jou eie, en ook ander mense s’n. Jy moet op dit waarheen jy oppad is en dit wat jy graag wil sien gebeur, fokus, eerder as om jou oë op die truspieëltjie te hou om terug te kyk op wat gedoen is en wie dit gedoen het. Dis tyd om jou mag terug te neem! Hoe? a) Hou op om ander te blameer. b) Definieer hoe sukses vir jou lyk en spesifiseer wat jy wil hê moet gebeur. c) Delegeer take sodat dit kan gebeur en beloon die mense wat jou help om ‘n beter toekoms te behaal. d) Stel bereikbare doelwitte. Verhoudings wat in die moeilikheid is, het desperaat goeie nuus nodig, ontwikkel dus bereikbare doelwitte wat almal iets sal gee om te vier. Dit hoef nie die uiteindelike doelwitte te wees wat die oorlog wen nie, maar die klein suksesse wat wys dat jy sommige gevegte wen. Hierdie spelplan gee mag terug aan die individu wat nodig het om vordering te sien. Dit lei jou aandag van blaam af en gee jou riglyne vir dit wat produktief is. Dit neem die mag van die verlede weg, waar geeneen van ons die vermoë het om gedane sake te verander nie – maak nie saak wie daarvoor te blameer is nie. Dis ‘n konstruktiewe, eerder as ‘n destruktiewe, poging.

Sielskos: Deut 22-24; Mark 7:24-37; Ps 44:1-8; Spr 12:7-9

Stop blaming others and accept responsibility (1)


Genesis 3:12 NIV

The story of Adam and Eve’s failure teaches us two important lessons about God: (1) He won’t accept your excuses. (2) He won’t let you blame other people. He insists that you take responsibility for yourself. And until you do, He can’t bless you like He desires. That means you must make a choice to stop living in the dumpster of past mistakes – your own, and other people’s. You must focus on where you’re going and what you’d like to see happen, rather than having your eyes glued to the rearview mirror, looking back at what was done and who did it. It’s time to take back your power! How? (a) Declare “time-out” when it comes to blaming. (b) Define what success would look like for you and specify what you want to see happen. (c) Delegate “who’ll do what” in order to make it happen, and reward the people who help you toward a brighter future. (d) Realize that deliverable goals are goals that are attainable. Relationships in trouble desperately need good news, so develop some achievable goals that give everyone something to celebrate. It doesn’t have to be the ultimate goals that’ll win the war, but small successes that indicate you’re winning some battles. This game plan gives power back to the individual who needs to see progress. It distracts you from blame-fixing and gives you guidelines for what’s productive. It takes the power away from dwelling in the past, where none of us has the ability to undo what was done no matter who is to blame. And it’s a constructive effort, as opposed to one that’s destructive.

Soul food: Deut 22-24; Mark 7:24-37; Ps 44:1-8; Prov 12:7-9

Skei die skape van die bokke

2018-05-10
Matteus 25:32 NLV

Jesus beskryf die oordeelsdag met hierdie woorde: “Al die nasies sal voor Hom bymekaar gebring word en Hy sal hulle van mekaar skei soos ‘n skaapwagter die skape van die bokke skei. Hy sal die skape aan sy regterkant laat staan en die bokke aan sy linkerkant. Daarop sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom julle, want my Vader het julle geseën. Kom ontvang julle erfenis – die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed gemaak het. Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ‘n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek'” (verse 32-36 NLV). Hoe sal Jesus die skape van die bokke skei? Hoe sal Hy weet watter een jy is? Jesus sê dat diegene aan die regterkant – die skape – diegene sal wees wat Hom kos gegee het, vir Hom iets gegee het om te drink, vir Hom blyplek gegee het toe Hy eensaam was, klere gegee het en gerusstelling toe Hy siek of in die tronk was. Mense wat gered is, is besorgd oor ander mense in nood. Die skape sal met ‘n opregte vraag reageer: Wanneer het ons dit gedoen? Dan sal Jesus antwoord, ‘…As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het… het julle dit vir Mý gedoen’ (vers 40 NLV). Probeer om dit vandag in gedagte te hou.

Sielskos: Luk 24:50-53; Hand 1:1-11; Ef 4:7-10

Separating the sheep from the goats


Matthew 25:32 NLT

Jesus describes the judgment day in these words: “All the nations will be gathered in his presence, and he will separate the people as a shepherd separates the sheep from the goats. He will place the sheep at his right hand and the goats at his left. Then the King will say to those on his right, ‘Come, you who are blessed by my Father, inherit the Kingdom prepared for you from the creation of the world. For I was hungry, and you fed me. I was thirsty, and you gave me a drink. I was a stranger, and you invited me into your home. I was naked, and you gave me clothing. I was sick, and you cared for me. I was in prison, and you visited me'” (vv. 32-36 NLT). How will Jesus separate the sheep from the goats? And how will you know which one you are? Jesus says those on the right – the sheep – will be those who fed Him when He was hungry, brought Him water when He was thirsty, gave Him lodging when He was lonely, clothing when He was naked, and comfort when He was sick or imprisoned. The sign of the saved is their concern for those in need. Compassion doesn’t save them – or us. Salvation is the work of Christ. But compassion is the consequence of salvation. The sheep will react with a sincere question: When? When did we feed, visit, clothe, or comfort you? Then Jesus will answer, “Every time you showed compassion – you did it to me!” Try to keep that in mind as you go through this day.

Soul food: Luke 24:50-53; Acts 1:1-11; Eph 4:7-10

Wees versigtig met wat jy sê

2018-05-09
Jakobus 3:6 NLV

Op ‘n winderige dag in Maart 1997, het ‘n pa en seun die Valley Forge Nasionale Historiese Park besoek, waar George Washington die Revolusionêre Weermag in die moeilike winter van 1777-1778 gestasioneer het. Die man en sy seun het iets minder histories in gedagte gehad: Hulle wou ‘n model vuurpyl afvuur. Eers het hulle probeer om elektriese kabels te gebruik om die lont aan te steek, maar dit het nie gewerk nie. Toe het hulle probeer om die lont met ‘n vuurhoutjie aan te steek. Dis toe dat die moeilikheid begin het. ‘n Klein kooltjie het die gras aan die brand gesteek en die winde het die vuur vinnig aangeblaas en die veld waar die soldate geoefen het, afgebrand. Die vuur het amper ook George Washington se historiese hoofkwartiere afgebrand. Die waarde van dit wat hulle in gevaar gestel het was onmeetbaar. Dit het dertig eenhede van twaalf brandweermagte meer as ‘n uur geneem om die vuur onder beheer te bring. Op die ou einde was omtrent dertig hektaar as en roet en die man met die vuurhoutjie is van die vernietiging van regeringseiendom aangekla. Die Bybel sê, ‘…’n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ‘n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf’ (verse 5-6 NLV). ‘Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê’ (Psalm 141:3 NLV). ‘…As jy die lewe wil liefhê en die goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat…’ (1 Petrus 3:10 NLV). ‘Die regverdiges bring lewe deur hulle woorde…’ (Spreuke 10:21 NLV). Maak dus seker dat jou woorde help, nie seermaak nie; dat hulle opbou, nie afbreek nie. Met ander woorde, wees versigtig met wat jy sê!

Sielskos: Deut 18-21; Mark 7:14-23; Ps 37:32-40; Spr 12:4-6