2018-05-06
Jesaja 30:29 NLV
Hoekom sê die Bybel, ‘Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys…’ (Psalm 147:1 NLV)? Omdat wanneer jy die beloftes van God se Woord in sang uitdruk, word jou geloof versterk. Die Groot Depressie in die 1930’s het ‘n man genaamd JC Penney hard getref en inderwaarheid sy gesondheid in gevaar gestel. Angstig en desperaat as gevolg van massiewe finansiële verliese, het Penney so laag gesink dat hy gevoel het hy het niks meer om voor te lewe nie. Selfs sy familie en vriende het hom vermy. Een nag in die hospitaal, het hy so ontmoedig gevoel dat hy verwag het dat hy voor die einde van die aand sou sterf! Toe het hy ‘n gesingery uit die hospitaal se kapel gehoor. Die woorde van die lied was: ‘Be not dismayed whate’er betide, God will take care of you. Beneath his wings of love abide, God will take care of you.’ Hy het die kapel binnegegaan en na die lied, die Skriflesing en gebed geluister. Hy het geskryf: ‘Skielik het iets gebeur. Ek kan dit nie verduidelik nie. Ek kan dit net ‘n wonderwerk noem. Dit het gevoel asof ek uit die diepste donkerte opgelig is in warm, wonderlike sonlig.’ Van daardie dag af is JC Penney nooit weer deur kommer gepla nie. Hy beskryf daardie oomblikke in die kapel as ‘die mees dramatiese en glorieryke twintig minute van my lewe.’ Toe hy op die ouderdom van vyf-en-negentig oorlede is, het hy 1,660 afdelingswinkels met sy naam daarop agtergelaat. Wanneer niks anders werk nie, kan lofprysing tot God op die maat van ‘n wysie jou uit ‘n geestelike gat lig. Dis hoekom die Bybel sê, ‘…dis goed om ons God te prys.’ Probeer dit en sien self – dit werk!
Sielskos: Gal 5:22; Luke 6:27-36; Eks 23:1-9; Rom 12:14-21
Isaiah 30:29 NKJV
Why does the Bible say, “It is good to sing praises to our God” (Psalm 147:1 NKJV)? Because when you express the promises of God’s Word in song, your faith is strengthened. The Great Depression of the 1930s hit a businessman named J. C. Penney particularly hard, endangering his very health. Anxious and desperate because of his huge financial losses, Penney sank so low he felt he had nothing left to live for. Even his family and friends shunned him. In the hospital one night, he grew so demoralized that he expected to die before morning! Then he heard singing coming from the hospital chapel. The words of the song were: “Be not dismayed whate’er betide, God will take care of you. Beneath his wings of love abide, God will take care of you.” Entering the chapel, he listened to the song, the Scripture reading, and the prayer. He wrote: “Suddenly – something happened. I can’t explain it. I can only call it a miracle. I felt as if I’d been instantly lifted out of the darkness of a dungeon into warm, brilliant sunlight.” From that day on, J. C. Penney was never again plagued with worry. He described those moments in the chapel as “the most dramatic and glorious twenty minutes of my life.” And when he died at ninety-five, he left behind 1,660 department stores bearing his name. When nothing else works, the praises of God set to music can lift you out of a spiritual funk. That’s why the Bible says, “It is good to sing praises to our God.” Try it and see for yourself. It works!
Soul food: Gal 5:22; Luke 6:27-36; Exo 23:1-9; Rom 12:14-21
2018-05-05
Prediker 12:13 NLV
In die boek Prediker, praat Salomo van al die dinge wat hy in die lewe probeer het en teleurstellend gevind het: die intellektuele najaging van kennis, die fisiese najaging van plesier en die materiële najaging van rykdom. In die laaste hoofstuk van Prediker kom hy tot die gevolgtrekking: ‘Alles is sinloos…’ (vers 8 NLV). Met ander woorde: ‘Was daar, het dit gesien, het dit gedoen en alles is maar net ewe teleurstellend.’ Met die laaste skrywe van sy goddelik geïnspireerde gedagtes, sluit hy sy lewensboodskap met die volgende woorde af: ‘…dit [is] die finale slotsom…’ Salomo is op die punt om sy evaluasie van ‘n lewe wat goed geleef is, te gee! Wat is dit? ‘…Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra. Want God gaan elke daad beoordeel…’ (verse 13-14 NLV). Om eerbiedig teenoor God te wees beteken dat jy Hom sal eer, liefhê en dien, en om jou lewe volgens die voorskrifte in sy Woord te lei. John Mason skryf: ‘Word jou doelwit deur meer geld, groter invloed of ‘n hoër posisie beïnvloed? Dit is nie doelwitte nie; dit is byprodukte van ware doelwitte. Strewe nie na sukses nie, maar na die waarheid en jy sal beide vind. Werk om te word, nie om te besit nie. Meet rykdom aan die dinge wat jy het wat jy nie vir enige geld sal ruil nie.’ Wanneer jy elke oggend wakker word, bid hierdie eenvoudige gebed: ‘Here, help my om bo alles hierdie dag te spandeer deur U lief te hê en u wil uit te voer. In Jesus se naam bid ek dit. Amen.’
Sielskos: Deut 8-10; Mark 6:30-44; Ps 37:8-15; Spr 11:27-29
Ecclesiastes 12:13 NIV
In the book of Ecclesiastes, Solomon talks about all the things in life he tried and found to be disappointing: the intellectual pursuit of knowledge, the physical pursuit of pleasure, and the material pursuit of wealth. In the last chapter of Ecclesiastes he bottom-lines it: “Everything is meaningless” (v. 8 NIV). In other words: “Been there, done that – and it’s just the ‘same ol’, same ol’.” Now, penning his last divinely-inspired thoughts, he wraps up his life’s message with these words: “Here is the conclusion of the matter.” This is big stuff! Solomon is about to give us his bottom-line evaluation of a life well-lived. What is it? “Fear God and keep his commandments, for this is the whole duty of man. For God will bring every deed into judgment” (vv. 13-14 NIV). The words “fear God” simply mean to reverence, love, and serve Him, and live your life according to the precepts laid down in His Word. The songwriter put it this way: “Trust and obey, for there’s no other way to be happy in Jesus, but to trust and obey.” Author John Mason writes: “Is more money, a higher position, or more influence your goal? These are not goals; they are the by-product of true goals…Seek not success, but truth, and you will find both. Work to become, not acquire. Measure wealth by the things you have which you would not exchange for money.” When you wake each morning, pray this simple prayer: “Lord, above all else help me to spend this day loving You and carrying out Your will. In Jesus’ name I pray. Amen.”
Soul food: Deut 8-10; Mark 6:30-44; Ps 37:8-15; Prov 11:27-29
2018-05-04
1 Kronieke 4:10 NLV
Nie net het Jabes groot ambisie gehad nie, hy het ook ‘n groeiende geloof en ‘n diepe vertroue in God gehad. Hy het genoeg geloof gehad om te bid en ‘n antwoord te verwag. Hy was soos die sendeling William Carey wat gesê het, ‘Verwag groot dinge van God en probeer groot dinge vir God.’ Daar word nie genoem dat Jabes enige spesiale vaardighede of talente gehad het nie. Die Bybel sê nie dat hy ryk of opgevoed was nie. Hy was eenvoudig ‘n gewone man met ‘n ongewone geloof. Moenie bekommerd wees oor dit wat jy nie het nie – mits jy geloof het! God sal aan jou die nodige krag voorsien. Hy is lief daarvoor om gewone mense wat gewillig is om Hom te vertrou te gebruik en te sien hoe hulle sukses behaal. Baie mense met groot talente sit op die kantlyn terwyl gewone mense met geloof die doele skop en wen. Nog ‘n interessante feit is dat Jabes glo een of ander tipe gestremdheid of agterstand gehad het. ‘Jabes’ beteken ‘pynlik’ in Hebreeus. Jabes het sy ma soveel moeilikheid tydens geboorte gegee dat sy hom ‘Pynlik’ genoem het. Hoe sal jy daarvan hou om met so ‘n naam deur die lewe te gaan? Hy mag dalk ongewens en ongeliefd gewees het. Hy was egter sterker as sy gestremdheid en sy geloof het hom aangespoor. Sy oë was op die toekoms gerig, nie op die verlede nie. Hy het geglo dat as God hom seën, sy toekoms beter as sy verlede sal wees. Wat is jou agterstand? Is dit fisies? Is dit geestelik? Is dit ‘n ongelukkige kindertyd? Is dit ‘n frustrerende werk of ‘n gebroke huwelik? Wat dit ook al mag wees, Jesus het gesê, ‘…As ‘n mens glo, is álles moontlik!’ (Markus 9:23 NLV).
Sielskos: Deut 5-7; Mark 6:14-29; Ps 37:1-7; Spr 11:24-26