2017-08-04
Spreuke 11:13 NLV
As jy hulp met ‘n probleem in jou persoonlike lewe, jou loopbaan of jou familie benodig, hou die volgende in gedagte: 1) Slegte nuus word dikwels langer as goeie nuus onthou. Lank nadat jy die kwessie opgelos het en aanbeweeg het, kan die verkeerde mense nog aanhou om daarop te fokus en daaroor te praat. Dit is hoekom God se Woord sê, ‘…betroubare mense bewaar geheime.’ 2) Wees versigtig wie se raad jy volg. ‘Die planne van die regverdiges staan vas. Die raad van goddeloses is vol bedrog’ (Spreuke 12:5 NLV). Maak seker dat jy na die regte persoon uitreik. Daar is baie bronne van wysheid in hierdie wêreld, ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om deernis te bewys, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg’ (Jakobus 3:17 NLV). Neem slegs ‘n raadgewer wat volgens die beginsels van God se Woord wandel, in jou vertroue. 3) Maak seker dat die persoon wat jy vertrou, nie onbetroubare mense in sy/haar vertroue neem nie. Daar word gesê dat jy iemand aan die geselskap wat hulle opsoek, kan ken. Dis waar! Die Bybel sê, ‘Gelukkig is die mense wat nie optree volgens die raad van goddeloses [nie]…’ (Psalm 1:1 NLV). 4) As jy aanhoudend oor jou probleme praat, kan jy as ‘n slagoffer, eerders as ‘n oorwinnaar, gesien word. Toe Job alles verloor het, het amper almal hom vermy. Dit is eers nadat God Job se seëning verdubbel het, wat hulle teruggekeer het om deel aan sy lewe te hê en vir hom geskenke te bring. Dit is altyd wys om jou mond, jou gedagtes en jou fokus te beheer. Onthou, stilte kan nooit verkeerd aangehaal word nie.
Sielskos: 1 Kron 3:1-4:23; Mark 2:1-12; Ps 119:1-8; Spr 20:15-18
2017-08-03
James 1:22 NIV
Shame grows in the dark, but once you expose it to the light of God’s Word, it loses its grip on you. Feelings can be so fickle. And often they’re triggered by everyday things like a familiar song, the mention of someone who hurt you, an anniversary, a birthday, a holiday such as Christmas or Valentine’s Day. That’s why James tells us, “Do not merely listen to the word… Do what it says.” One counsellor writes: “Shame can hold us back, hold us down, and keep us staring at our feet… Many systems and people are controlled by it and want us to play their game… Compulsive behaviours, sexually addictive behaviours, overeating, chemical abuse, and addictive gambling are all shame-based behaviours… Our past experiences, and the brainwashing we may have had, put shame on us. ‘Don’t think… don’t feel… don’t grow or change… don’t feel alive… be ashamed!’ Be done with shame! Attack it. Go to war with it. Learn to recognize and avoid it like the plague.” The Bible says, “Who shall bring any charge against God’s elect?” (Romans 8:33 AMP). Whether you committed the offense or the offense was committed against you, “the blood of Jesus Christ His Son cleanses us from all sin” (1 John 1:7 NKJV). Note the word “all.” Instead of talking about how you feel, start talking about what you know! God’s Word, which is God’s opinion of you, is the greatest healing force on earth. So read it, believe it, speak it, and stand on it. As you do, you’ll begin to rise above your shame-based thinking.
Soul food: 1 Chr 1-2; Mark 1:35-45; Ps 78:65-72; Prov 20:11-14
Jakobus 1:22 NLV
Skaamte groei in die donker, maar wanneer jy dit aan die lig van God se Woord blootstel, verloor dit sy houvas op jou. Gevoelens kan baie wispelturig wees. Hulle word dikwels deur alledaagse dinge soos ‘n bekende liedjie, die naam van iemand wat jou seergemaak het, ‘n herdenking, ‘n verjaarsdag, of ‘n dag soos Valentynsdag of Kersfees, veroorsaak. Dit is hoekom Jakobus sê, ‘Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie…’ ‘n Berader skryf: ‘Skaamte kan ons terughou, ons afbring en ons na ons voete laat staar. Baie sisteme en mense word daardeur beheer en wil hê dat ons hulle speletjie moet speel – kompulsiewe gedrag, seksueel verslawende gedrag, ooreet, dwelmisbruik en verslawende dobbelary is alles gedrag wat op skaamte gebaseer is. Ons ervarings in die verlede en die manier wat ons dalk gebreinspoel is, laat ons skaam voel. ‘Moenie dink nie… moenie voel nie… moenie groei of verander nie… moenie lewendig voel nie… wees skaam!’ Hou op daarmee! Val jou skaamte aan! Maak oorlog daarteen. Leer om dit te herken en vermy dit soos die pes.’ Die Bybel sê, ‘…Daarmee het Hy afgereken met die sonde se mag oor ons’ (Romeine 8:33 NLV). Of jy nou die sonde gepleeg het en of iemand anders teenoor jou gesondig het, ‘…die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van alle sonde’ (1 Johannes 1:7 NLV). Let op: alle sonde! In plaas daarvan om te praat oor hoe jy voel, begin praat oor dit wat jy weet! God se Woord, wat God se opinie van jou is, is die genesendste krag op aarde. Lees dit dus, glo dit, spreek dit uit en staan daarop. As jy dit doen, sal jy bo jou denke van skaamte uitrys.
Sielskos: 1 Kron 1-2; Mark 1:35-45; Ps 78:65-72; Spr 20:11-14
2017-08-02
Romeine 12:2 NLV
Wanneer jy fisies, emosioneel of seksueel mishandel is, ondermyn dit jou selfwaarde. Jy dink, ‘As iemand dit aan my kan doen, moet daar iets met my verkeerd wees.’ Jy voel asof jou siel vuil is, asof jy gebreekte goedere is. Jy is nie! Hier is twee Skrifgedeeltes van God se lippe na jou hart toe: ‘…Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. Ek sal jou weer herbou soos jy vroeër was…’ (Jeremia 31:3-4 NLV). ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het… Ek gaan iets nuuts doen! Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek gaan ‘n pad maak vir my volk… Ek maak vir hulle riviere in die woestyn!’ (Jesaja 43:18-19 NLV). Dit wat met jou gebeur het, is sleg, maar jy is nie sleg nie. Vandag sê God vir jou: ‘…Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy is Myne. Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie…Want Ek is die Here jou God…’ (Jesaja 43:1-3 NLV). Skaamte en depressie gaan hand aan hand. Terwyl dokters medikasie vir jou depressie kan voorskryf, is daar nie ‘n kuur vir skaamte nie – behalwe die medisyne van God se Woord. In plaas van om jou gedagtes en emosies te glo, staan op God se Woord, ten spyte van hoe jy voel. Om skaam te wees vir wie jy is, is soos om aanhoudend gestraf te word – behalwe dat jy dit aan jouself doen. Wat is die oplossing? ‘…laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’
Sielskos: 1 Joh 3:11-5:21; Mark 1:21-34; Ps 78:56-64; Spr 20:7-10
Romans 12:2 CEV
When you’ve been physically, emotionally, or sexually abused, it undermines your self-worth. You think, “If someone did that to me, there must be something wrong with me.” You feel like your soul is soiled; like you’re “damaged goods.” But you’re not! These two Scriptures are from God’s lips to your heart: “I have loved you with an everlasting love; I have drawn you with loving-kindness. I will build you up again and you will be rebuilt” (Jeremiah 31:3-4 NIV). “Forget the former things; do not dwell on the past… I am doing a new thing! Now it springs up; do you not perceive it? I am making a way in the desert and streams in the wasteland” (Isaiah 43:18-19 NIV). What happened to you was bad, but you are not bad! Today God says: “Fear not, for I have redeemed you; I have summoned you by name; you are mine. When you pass through the waters, I will be with you; and when you pass through the rivers, they will not sweep over you. When you walk through the fire, you will not be burned; the flames will not set you ablaze. For I am the Lord your God” (Isaiah 43:1-3 NIV). Shame and depression go hand in hand. And while doctors can prescribe medication for depression, there’s no remedy for shame – except the medicine of God’s Word. So instead of believing your thoughts and emotions, stand on God’s Word regardless of how you feel. Being ashamed of who you are is like being perpetually punished – except you’re doing it to yourself. What’s the solution? “Let God change the way you think.”
Soul food: 1 John 3:11-5:21; Mark 1:21-34; Ps 78:56-64; Prov 20:7-10