Die angel

2021-04-09
2 Korintiërs 11:3 NLV

Al ooit van die fluweelmier gehoor? Hy het klein haartjies op sy lyf wat glad en fluweelagtig voel. Dis egter net ‘n vermomming. Hy is inderwaarheid glad nie ‘n mier nie, maar ‘n vlerklose perdeby met ‘n aaklige angel. Nadat hy sy slagoffers met gif gespuit het, lê hy sy eiers in hulle lewelose liggame.

Een van Paulus se grootste bekommernisse was dat die kerke, nadat hulle deur genade gered is, weer sou terugkeer na ‘n lewe onder die Ou Testamentiese wet. Hy het hulle aanhoudend daarteen gewaarsku om nie hulle verlossing en verhouding met God op hulle eie dade te baseer nie. ‘Ek is tog bang dat julle gedagtes weggevoer sal word van julle opregte en suiwer toewyding aan Christus, net soos die slang Eva met sy listigheid verlei het. As iemand ‘n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, of ‘n ander Gees of ‘n ander evangelie aanvaar as dié wat julle van ons ontvang het, is julle só maklik tevrede daarmee’ (verse 3-4 NLV). ‘n Ander Jesus! ‘n Ander Gees! Paulus waarsku weer: ‘Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is’ (vers 14 NLV).

Ja, jou werk op aarde bepaal jou beloning in die hemel. Maar slegs deur op die voltooide werk van Christus te vertrou, sal jy in die hemel kom. Wetlikheid sal jou nie net infekteer nie, maar jou leweloos laat. Die Skotse dominee, Horatius Bonar, het geskryf: ‘In die hande van ‘n lewe wat ek nie gelei het nie, op ‘n sterfte wat ek nie gesterwe het nie; iemand anders se lewe, iemand anders se dood, plaas ek my hele ewigheid.’

Hoe beskerm jy jou teen ‘die angel’ van wetlikheid? Deur slegs op God se genade staat te maak.

Sielskos: Lev 15-17; Mark 1:14-20; Ps 25:8-15; Spr 10:1

Jy het genade vir hierdie toets ontvang

2021-03-30
Job 23:10 NLV

Job het sy familie en sy fortuin in ‘n enkele dag verloor. Tog, toe hy terugkyk daarop, het hy geskryf: ‘…Wanneer Hy my toets soos goud in ‘n vuur, sal Hy my onskuldig verklaar.’ Dit verg baie meer vuur om goud te produseer as wat nodig is om tin te produseer. Watter een van die twee sal jy eerder wil wees?

Om die seën wat God vir jou in gedagte het te geniet, moet jy die lewe se toetse slaag. In die vroeë dae van televisie, is skedules gereeld deur ‘n dertig-sekonde toets van ‘Die Nooduitsending Sisteem,’ onderbreek. Daardie toetse is baie soos die toetse waarvoor ons in die lewe te staan kom – ongeskeduleerd, onwelkom en gewoonlik op die slegste moontlike tyd. In teenstelling met die televisie toetspatrone, duur die lewe se toetse nie net dertig sekondes en gaan dan weg nie. Nee, hulle kan vir weke, jare en in sommige gevalle, vir ‘n leeftyd duur.

Die rede daarvoor mag ook nie altyd vir jou duidelik wees nie. Daar is egter ‘n aspek van die toets wat jy kan beheer – hoe jy daarop reageer. Die waarheid is dat toetse ‘n onskatbare, integrale en onontbeerlike deel van jou geestelike groei is. Sonder hulle sal jy nooit soveel groei en volwasse word soos wat jy moet nie. Hoe jy jou ‘toetse’ hanteer, bepaal ook jou ‘getuienis.’

Paulys skryf: ‘Al hierdie dinge wat met ons gebeur, help vir julle. So kan God genadig wees vir meer mense. Dan kan meer mense dankie sê vir God. En so kry God al die eer, God wat die Koning is. Daarom word ons nie moedeloos nie. Ons liggame is besig om te sterf, maar God maak ons geestelike lewe elke dag nuut’ (2 Korintiërs 4:15-16 ABA). Jy het genade vir hierdie toets ontvang.

Sielskos: Est 5-10; Matt 26:1-17; Ps 18:1-29; Spr 26:24-27

Vertrou op God se reddende en blywende krag

2021-03-12
1 Petrus 1:5 AFR83

As ons redding verseker is wanneer ons ons vertroue in Christus plaas, kan sommige mense nie dalk misbruik van hierdie versekering maak nie? Ja, hulle mag dalk, vir ‘n tyd lank. Soos genade egter dieper gaan en soos God se liefde en goedheid by hulle insink, begin hulle verander.

Genade bevorder gehoorsaamheid. ‘Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, met opregtheid en toewyding aan God, in die huidige tyd te leef’ (Titus 2:11-12 NLV). God se genade doen meer as om jou in moeilikheid te troos; dit oortuig jou in jou ongehoorsaamheid.

As jy jouself ooit vang dink: ‘Ek kan doen wat ek wil, want God sal my vergewe,’ beteken dit dat genade nie in jou posgevat het nie. Selfsug, dalk. Arrogansie, vir seker. Maar genade? Nee. Genade skep ‘n voorneme om goed te doen, nie toestemming om sleg te doen nie.

Kyk na Christus vir jou begin en einde. Hy is die Alfa en die Omega. Hy sal jou en jou geliefdes vashou. Het jy ‘n verlore seun of dogter? Smag jy vir jou eggenoot om terug te keer na God toe? Het jy ‘n vriend wie se geloof koud geword het? God wil hulle nog meer as jy terughê. Hou aan bid en moenie opgee nie. Ons weet nie altyd of iemand God se genade vertrou het nie. ‘n Persoon mag dalk voorgegee het dat hulle glo, maar dit nie regtig bedoel het nie. Dis nie vir ons om te weet nie. Ons weet egter die volgende: waar daar opregte bekering is, hou genade nooit op werk nie. Vertrou dus vandag op God se reddende en blywende krag.

Sielskos: Job 1-4; Matt 22:23-33; Ps 24; Spr 7:24-25

Volgehoue genade

2021-02-03
2 Korintiërs 12:9 NLV

Daar is twee tipes genade: 1) Reddende genade. Die oomblik wat jy jou vertroue in Christus plaas, wis God die hele rekord van jou sonde uit. 2) Volgehoue genade. Paulus skryf: “…Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ‘n doring in die vlees gegee… Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. Hy het egter vir my gesê: ‘My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking'” (verse 7-9 NLV).

Wat ‘n helder beeld! ‘n Doring steek in die sagte vel tot onder die oppervlakte in. Elke tree is ‘n herinnering daaraan: Die kind in die rehabilitasiesentrum. Die rooi ink op die lêer. Die misdaadrekord. Die smagting na alkohol in die middel van die dag. Die trane in die middel van die nag. ‘Here, neem dit weg?’ Jy hoor egter die volgende: ‘My genade is genoeg vir jou.’ Volgehoue genade beloof ons nie die afwesigheid van beproewing nie, maar die versterkende teenwoordigheid van God.

John Newton, die Anglikaanse predikant wat ‘Amazing Grace’ geskryf het, het gevind dat God se genade genoeg is. Op die dag wat sy geliefde vrou, Mary, oorlede is, het hy die krag ontvang om ‘n Sondagpreek te lewer. Die volgende dag het hy kerklede besoek en later haar begrafnis waargeneem. Toe hy terugkyk op daardie tyd, het hy geskryf: ‘Die Bank van Engeland is te arm om vir so ‘n verlies soos myne te vergoed. Maar die Here, algenoegsame God, spreek, en dit word gedaan. Laat hulle wat Hom ken en vertrou, moed skep. Hy kan hulle krag volgens hulle dag gee. Hy kan hulle krag vermeerder soos hulle beproewings vermeerder. Dit wat Hy kan doen, het Hy beloof dat Hy sal doen.’

Sielskos: Jes 53-57; Matt 12:15-21; Ps 111; Spr 3:29-30

Areas van sukses, areas van sukkel

2021-01-16
Romeine 12:6 NLV

Die Bybel leer ons dat God vir ons elkeen sekere gawes gegee het, sowel as die genade om hierdie gawes te gebruik. Wanneer ons nie binne die area van ons gawes optree nie, sukkel ons. Ons moet dit in gedagte hou wanneer ons iemand sien wat presteer, of self ‘n groot presteerder word.

Paulus het vyf tale gepraat en die helfte van die Nuwe Testament geskryf, maar hy het konstant met dit wat hy as ‘die doring in sy vlees’ beskryf het, geworstel. Toe hy tot God bid en Hom vra om dit te verwyder, het God nee gesê: ‘…My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking’…’ (2 Korintiërs 12:9 NLV).Ons het dus genade nodig in die areas waarin ons begaafd is, sowel as genade vir die areas waarin ons glad nie begaafd is nie.

Daar is ‘n verhaal van ‘n man wat na ‘n bekende spreker gaan luister het en op die stoel langs die spreker se vrou beland het. Gedurende die praatjie, het die man opgelet dat die bekende spreker geborduurde kouse aan het. Met nadere ondersoek het die man gesien dat die letters op die spreker se kouse ‘TGIF’ gelees het. Toe die praatjie verby is, het hy die spreker gekomplimenteer en toe na die spreker se vrou gedraai en gevra: ‘Hoekom sê jou man se kouse, TGIF: Thank Goodness It’s Friday?’ Sy het geantwoord: ‘O, dis nie waarvoor die letters staan nie; dis om hom te help aantrek. Die letters staan vir ‘Toes Go In First’.’

Solank as wat jy lewe sal jy in sekere areas uitblink en in ander areas sukkel. Jy sal egter vind dat God se genade genoeg is vir enige uitdaging waarvoor jy te staan sal kom. Dis die woord vir jou vandag.

Sielskos: Eks 36-38; Matt 8:1-9; Ps 81; Spr 2:11-15