Tyd om huis skoon te maak!

2018-12-31
2 Kronieke 29:5 NLV

In Skotland is daar ‘n nuwejaarstradisie wat behels om jou huis skoon te maak, die as uit jou vuurherd te vee en om jou uitstaande skuld af te betaal. Dit gaan daaroor om die oue weg te neem om plek vir die nuwe te maak. Van tyd tot tyd moet jy ook jou geestelike huis skoonmaak. Die Bybel sê, ‘…Verwyder alles wat besoedel is…’ Hoekom? Omdat verkeerde houdings, slordige vakmanskap en slegte gewoontes oor tyd insluip en ons vir dit wat belangrik is, verblind. Sheila Coleman sê: ‘Tien jaar gelede het ek die huis van bo tot onder skoongemaak. Ek het elke hoekie en draaitjie afgestof en die bad en wasbak geskrop tot hulle geblink het. Die huis was nog nooit so skoon nie. Vandag – tien jaar later, is dit steeds skoon. Dit was nog nooit weer nodig vir my om die stoffer of stofsuier op te tel of die kombuistoonbank af te vee nie. My huis lyk steeds so skoon soos dit daardie dag gelyk het, nè? Verkeerd! Ons moet aanhoudend ons geestelike huis skoonmaak, omdat ons in ‘n vuil wêreld lewe. Net soos na ons huise, karre en klere omgesien moet word, moet ons harte – ons geestelike huise – op ‘n gereelde basis skoongemaak word. Nie een keer ‘n week of een keer ‘n maand nie; en verseker nie elke tien jaar of een keer in ‘n leeftyd nie. Ons moet God toelaat om ons elke dag skoon te maak en te vernuwe. Is daar ‘n kamer in jou ‘huis’ wat jy Hom nog nie toegelaat het om skoon te maak nie? As dit ‘n rukkie is vandat God jou hart deeglik skoongemaak het, maak die volgende jou gebed: Here, maak my hart skoon sodat U deur my kan skyn en kan lewe.’

Sielskos: Job 39-42; Luk 2:51-52; Ps 139:13-24; Pred 11:7-10

Time to clean house!


2 Chronicles 29:5 NKJV

In Scotland they have a New Year’s tradition that involves cleaning out your house, dumping the old ashes from your fireplace, and paying off your outstanding debts. It’s about clearing out the old to make room for the new. And from time to time you must clean your spiritual house too. The Bible says, “Carry out the rubbish.” Why? Because over time wrong attitudes, shoddy workmanship, and bad habits creep in and blind us to what’s important. Sheila Coleman says: “Ten years ago I cleaned house from top to bottom. I dusted every nook and cranny…scrubbed the bath and every sink until they shone. I even took a toothbrush to the grout in the kitchen. That house had never been so clean. And today – ten years later…it’s still clean. I’ve never had to pick up another duster…vacuum…or wash the kitchen counter…and my house looks as clean as it did that day, right? WRONG! We continually need spiritual housecleaning because we live in a dirty world. Just as our homes…cars and clothes have to be maintained…our hearts – our spiritual homes – need to be cleaned on a regular basis. Not once a week or once a month, and certainly not once every ten years, or once in a lifetime. We need to let God have His way in us every day, to clean us up and renew us…Is there a room in your ‘house’ you haven’t allowed Him to clean? If it’s been a while since God did a thorough heart-cleaning, make this your prayer: Lord, clean my heart so You can live and shine through me.”

Soul food: Job 39-42; Luke 2:51-52; Ps 139:13-24; Ecc 11:7-10

Sê: ‘Dit eindig by my’

2018-12-30
Rigters 6:25 NLV

Toe die engel van die Here vir Gideon geroep het, was hy besig om op die vloer van ‘n parskuip koring uit te slaan, waar hy vir die Midianiete probeer wegkruip het (sien vers 11). Dis interessant, omdat God op die punt was om hom te gebruik om die Midianietiese magte te verslaan en Israel te bevry. Voor hy dit egter kon doen, was daar eers familiesake wat hy moes hanteer – soos die altaar wat sy pa vir ‘n valse god genaamd Baäl gebou het. Dit was al jare in die familie. Dus het God gesê, ‘…Breek jou pa se altaar vir Baäl af… Kom bou dan ‘n stewige altaar vir die Here jou God…’ (verse 25-26 NLV). Dinge soos woede, verslawing, mishandeling en affairs mag dalk deel van jou familiegeskiedenis wees, maar dit hoef nie deel van jou toekoms te wees nie. Nie net sal God jou hart en seer genees nie, maar Hy sal jou gebruik om die harte en seer van jou kinders te genees. Die generasies se gemors kan hier en nou ophou. Jy hoef nie vir jou kinders dit te gee wat jou voorsate vir jou gegee het nie. Bring dit in die ope en lê dit voor God. Onthulling lei tot genesing. As dit jou sal help om ‘n volwasse Christelike berader te kry, doen dit! ‘…laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’ (Romeine 12:2 NLV). Nee, dit sal nie oornag gebeur nie. Skade wat aan jou in jou vormingsjare aangerig is, sal tyd neem om te genees, maar God sal dag vir dag met jou werk totdat Hy jou heel gemaak het. Laat die genesing begin. Staan in geloof op, neem beheer van jou lewe en verklaar: ‘Dit eindig by my en dit eindig hier en nou.’

Sielskos: Matt 6:5-15; Dan 6:1-16; Jak 5:13-18; 1 Tess 5:16-18

Say “It ends with me”


Judges 6:25 NLT

When the angel of the Lord called Gideon, he was threshing wheat at the bottom of a winepress, trying to hide the grain from the Midianites (See v. 11). That’s interesting, because God was about to use him to destroy the forces of Midian and liberate Israel. But before he could do so, there were a few family dynamics to be dealt with – like the altar his father built to a false god called Baal. It had been in the family for years. So God said, “Pull down your father’s altar to Baal…Then build an altar to the Lord your God” (vv. 25-26 NLT). Understand this: Things like anger, addiction, abuse, and affairs may be part of your family history, but they don’t have to be part of your future. Not only will God heal your heart and hurts, He will use you to heal the hearts and hurts of your children. The generational garbage can stop here and now. You don’t have to give your kids what your ancestors gave you. Bring it out into the open and lay it before the Lord. Revealing leads to healing. And if having a mature Christian counselor helps, get one! “Let God transform you into a new person by changing the way you think” (Romans 12:2 NLT). No, it won’t happen overnight. Damage done to you in the formative years of your life will take time to heal, and God will work with you day by day until He has made you whole. But let the healing begin. Rise up in faith, take control of your life, and declare: “It ends with me, and it ends here and now.”

Soul food: Matt 6:5-15; Dan 6:1-16; James 5:13-18; 1 Thes 5:16-18

Wat is jou netto waarde?

2018-12-29
Spreuke 13:22 NLV

Daar word 203 keer na erfporsies in die Bybel verwys, dus moet God dink dat dit belangrik is. Salomo skryf, “‘n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders…” In die menslike koninkryk is jou ‘netto waarde’ die somtotaal van alles wat jy besit. In God se koninkryk is jou netto waarde egter gelyk aan die somtotaal van alles wat jy al weggegee het. Wat jy nie deel nie is vir ewig verlore, maar wat jy in God se hande plaas, word ‘n ewige aandenking. Moses Montefiore was die eerste Jood wat ‘n hoë regeringsposisie in Londen beklee het. Hy is in 1837 deur koningin Victoria tot ridder geslaan – dieselfde jaar wat hy tot balju van Londen verkies is. In later jare het hy deur sy filantropie bekendheid verwerf. Hy het sewe reise na die Heilige Land onderneem, die laaste keer toe hy een-en-negentig jaar oud was. Sy liefde vir die Heilige Land kan deur sy finansiering van ‘n tekstielfabriek, ‘n drukkery, ‘n windmeul en verskeie agrikulturele kolonies in Palestina, herken word. Op sy honderdste verjaarsdag het die London Times verskeie artikels oor sy deugde geskryf. Hy het ‘n fortuin deur besigheidsondernemings en eiendomme bymekaar gemaak. Toe ‘n verslaggewer hom oor sy netto waarde uitvra, het hy egter ‘n bedrag genoem wat baie kleiner was as sy fortuin. ‘Jou netto waarde is sekerlik baie meer as dit!’ het die verslaggewer gesê. Sir Moses het geantwoord, ‘Jy het my nie gevra hoeveel ek besit nie, jy het my gevra hoeveel ek werd is. Dus het ek opgetel hoeveel ek vir liefdadigheid gegee het. Ons is net soveel werd soos dit wat ons gewillig is om met ander te deel.’ Wat is jou netto waarde? In God se oë is dit die somtotaal van alles wat jy al weggegee het.

Sielskos: Job 36-38; Luk 2:34-40; Ps 139:1-12; Pred 11:4-6