The blessing of repentance (2)

2022-09-30
Psalm 51:10 NKJV

A Christian author writes: “Sometimes people are afraid that if they don’t change fast enough, God will get impatient with them. They don’t generally use these words, but they wonder, ‘How much sin can there be in my life before I need to start worrying? Is there a level of sin that is acceptable for a Christian, and if you go beyond it, you’re in danger – like with the level of mercury in Lake Michigan? Is there a limit to impurity, such as the Food and Drug Administration has? Is the standard high like that for homogenised milk, or is it like the standard of purity required for hot dogs, with lots of room for junk? Is it possible to be a Christian and just never grow?’

The issue is not whether God will get tired of forgiving our sins. Forgiving is always the right response to sincere repentance. God is not worried that He might be taken advantage of.” The danger isn’t that God won’t respond to our honest repentance. The danger is that we might become so trapped in the dangerous thoughts sin inevitably produces that we become callous, complacent, and simply unable to repent!

It’s because of this that sin must be taken seriously. Missionary Frank Laubach preached the gospel to a tribe that had a lengthy history of bloodshed. The chief was so moved, he repented and accepted Christ on the spot. Then he turned to Laubach in appreciation and said, “This is wonderful! Who do you want me to kill for you?” That was his beginning point. Only God knows what everyone’s beginning point is. What’s yours?

Soul food: 1 Sam 1-3; Mark 15:33-47; Ps 68:1-18; Prov 22:1-5

Die seën van bekering (2)


Psalm 51:12 NLV

‘n Christelike skrywer sê: ‘Soms is mense bang dat as hulle nie vinnig genoeg verander nie, sal God ongeduldig met hulle raak. Hulle gebruik oor die algemeen nie hierdie presiese woorde nie, maar hulle wonder: ‘Hoeveel sonde kan daar in my lewe wees voor ek my moet begin bekommer? Is daar ‘n vlak van sonde wat aanvaarbaar vir ‘n Christen is en as jy dit verbysteek, is jy in gevaar? Is daar ‘n beperking of vaste standaard vir onreinheid? Is dit moontlik om ‘n Christen te wees en net nooit te groei nie?’ Die kwessie is nie of God gaan moeg word om ons sondes te vergewe nie. Vergifnis is altyd die regte reaksie op opregte berou. God is nie bekommerd dat Hy dalk misbruik sal word nie.’

Die gevaar lê nie daarin dat God nie op ons eerlike bekering sal reageer nie. Die gevaar lê daarin dat ons so vasgevang in die gevaarlike gedagtes wat sonde onvermydelik voortbring kan raak, dat ons gevoelloos en selfvoldaan word en eenvoudig nie meer in staat is om ons te bekeer nie! Dis as gevolg hiervan dat ons sonde so ernstig moet opneem.

Die sendeling Frank Laubach het die evangelie aan ‘n stam wat ‘n lang geskiedenis van bloedvergieting gehad het, verkonding. Die hoofman van die stam was so ontroer, dat hy berou gehad het en Christus op die plek aangeneem het. Toe het hy in waardering na Laubach gedraai en gesê: ‘Dit is wonderlik! Ek wil jou graag bedank vir wat jy vir my gedoen het. Wie wil jy hê moet ek vir jou doodmaak?’ Dit was sy beginpunt. Net God weet wat elkeen se beginpunt is. Wat is joune?

Sielskos: 1 Sam 1-3; Mark 15:33-47; Ps 68:1-18; Spr 22:1-5

The blessing of repentance (1)

2022-09-29
Romans 2:4 NAS

When you find yourself on the wrong road, repentance allows you to make a U-turn and head back in the right direction. What a blessing. Now, repenting doesn’t increase God’s desire to be with you; it just increases your capacity to be with Him. Sometimes we think we need to repent because God is mad at us and needs time to cool off. Or we think of repenting as a way of punishing ourselves so that God will be less severe with us. That’s not repentance, that’s low self-esteem! Low self-esteem causes you to believe that you have so little worth that your response doesn’t matter.

With repentance, however, you understand that because you’re worth so much to God, your response is important. Paul says, “The kindness of God leads you to repentance.” When you love God, your greatest concern isn’t that God will hurt you, but that your actions will hurt Him. When David murdered Uriah after having slept with his wife, he went a year without repenting. He had to force his mind not to think about it. What a miserable way to live. In his penitential prayer, he said, “My sin is always before me” (Psalm 51:3 NIV). Then he cried, “Cleanse me with hyssop, and I will be clean; wash me, and I will be whiter than snow… Create in me a pure heart, O God… Restore to me the joy of your salvation” (vv. 7, 10, 12 NIV). As a result, God forgave him and wiped his slate clean, and David went on to become Israel’s greatest king. You see, repentance isn’t merely for God’s benefit – it’s for yours!

Soul food: Song of Sol 5-8; Mark 15:21-32; Ps 91; Prov 21:28-31

Die seën van bekering (1)


Romeine 2:4 NLV

Wanneer jy jouself op die verkeerde pad bevind, laat bekering jou toe om ‘n U-draai te maak en terug in die regte rigting te gaan. Wat ‘n seën is dit nie. Soms dink ons dat ons onsself moet bekeer omdat God vir ons kwaad is en tyd nodig het om weer af te koel. Of ons dink aan bekering as ‘n manier om onsself te straf sodat God minder kwaai met ons sal wees. Dis nie bekering nie, dis ‘n lae selfbeeld! ‘n Lae selfbeeld laat jou glo dat jy so min waarde het, dat jou reaksie nie saakmaak nie.

Wanneer jy jouself egter bekeer, verstaan jy dat jou reaksie belangrik is, omdat jy so baie werd vir God is. Paulus sê: ‘…Besef jy nie dat God so goed vir jou is omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie?’ Wanneer jy lief is vir God, is jou grootste bekommernis nie dat God jou sal seermaak nie, maar dat jou aksies Hom sal seermaak.

Toe Dawid vir Urija doodgemaak het nadat Dawid by sy vrou geslaap het, het hy vir ‘n jaar lank homself nie daaroor bekeer nie. Hy moes homself forseer om nie daaraan te dink nie. Wat ‘n ellendige manier om te lewe! In sy boetegebed, het hy gesê: ‘…my sonde is gedurig voor my’ (Psalm 51:5 NLV). Toe het hy uitgeroep: ‘Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees… Skep vir my ‘n rein hart, o God… Gee my tog weer die vreugde van u redding…’ (verse 9, 12, 14 NLV). Gevolglik het God hom vergewe, sy lei skoon gevee en Dawid het aangegaan om Israel se grootste koning te word.

Jy sien, bekering is nie tot God se voordeel nie – dis tot joune!

Sielskos: Hoog 5-8; Mark 15:21-32; Ps 91; Spr 21:28-31

Weet wie in jou lewe hoort

2022-09-28
Spreuke 17:17 NLV

Maak nie saak waar jy woon of wat se werk jy doen nie, jy sal met hierdie drie tipes mense in aanraking kom: 1) Die kritici. Kom ons wees eerlik, die meeste mense is gemaklik met die status quo. Hulle vrees nie net verandering nie, maar sal dit dikwels aanval. As jy dit dus waag om anders te wees, moet jy voorbereid wees om deur rowwe waters te seil. Die apostel Paulus se kritici het na hom as ‘n mal man, ‘n dwaas en ‘n brabbelaar verwys. Hoekom sal jy dan verwag dat dieselfde skare jou beter sal behandel?

2) Die versigtiges. Hierdie mense sal nie ‘n beskuldigende vinger wys nie, maar hulle sal ook nie ‘n helpende hand uitreik nie. Wanneer jy in die moeilikheid kom sal hulle hulself van jou distansieer, in die vrees dat hulle dalk deur jou vermeende aanspreeklikhede besmet kan word. Hulle sal basies eers wag en kyk of jy dit deur die tonnel maak en ander kant uitkom. Hulle sal dan wag en kyk om te sien wie jou aanvaar en of jy tot hulle voordeel kan wees. Eers dan sal hulle moontlik weer met jou kontak maak. Hierdie mense is gebruikers. Hulle is nie sleg nie; hulle is net selfdienend. Wees dus lief vir hulle, maar moenie op hulle steun nie.

3) Die toegewydes. ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is.’ Selfs wanneer hulle die ergste van jou hoor, glo die toegewydes steeds die beste van jou. Hulle waardeer jou vir jou sterkpunte en bewys genade wanneer hulle jou swakpunte hanteer. Hierdie mense is van onskatbare waarde, want jy kan altyd op hulle reken. Wanneer God dus so ‘n persoon in jou lewe plaas, beskerm en koester jou verhouding met hulle.

Sielskos: Hoog 1-4; Mark 15:12-20; Ps 13; Spr 21:22-27