Leave the past in the past

2025-12-31
Ephesians 4:32 NKJV

Studies suggest that just 3 percent of life events are highly memorable. So, over the course of an average year, approximately seventeen experiences will make it into your long-term memory. The other 97 percent fades into the black hole called the subconscious. But that remaining 3 percent can hurt us every day if we cannot or will not forget. That 3 percent can make us prisoners of our past.

Even if we’ve confessed our sin, we often still feel condemned. And that feeling of condemnation undermines the fact that God is for us (see Psalm 56:9). We keep beating ourselves up. We keep sabotaging ourselves. We keep believing the self-defeating lies that come from Satan “the accuser” (see Revelation 12:10). And how can you overcome the accuser and silence him? Revelation 12:11 says: “And they overcame him by the blood of the Lamb and by the word of their testimony” (NKJV).

Push back! Testify to Satan the accuser. Tell him what the blood of Jesus Christ has done on your behalf. Remind him that “There is therefore now no condemnation to them which are in Christ Jesus” (Romans 8:1 KJV). None. Nada. Zilch. Zero. Not a trace. Not a whiff. Not a hint. Instead of defining yourself by what you’ve done wrong, define yourself by what Christ has done right on your behalf.

Soul food: Rom 13:12-14:19; 2 Cor 5:14-21; Ps 77:11-20; Prov 9:10-12

Los die verlede in die verlede


Efersiërs 4:32 NLV

Studies dui daarop dat slegs 3 persent van lewensgebeure hoogs onvergeetlik is. Dus, oor die verloop van ‘n gemiddelde jaar, sal ongeveer sewentien ervarings dit in jou langtermyngeheue maak. Die ander 97 persent vervaag in die swart gat wat die onderbewussyn genoem word. Maar daardie oorblywende 3 persent kan ons elke dag seermaak as ons nie kan, of wil, vergeet nie. Daardie 3 persent kan ons gevangenes van ons verlede maak.

Selfs al het ons ons sonde bely, voel ons dikwels steeds veroordeel. En daardie gevoel van veroordeling ondermyn die feit dat God vír ons is (sien Psalm 56:10). Ons hou aan om onsself te stenig. Ons hou aan om onsself te saboteer. Ons hou aan om die selfvernietigende leuens te glo wat van Satan “die aanklaer” kom (sien Openbaring 12:10). En hoe kan jy die aanklaer oorkom en hom stilmaak? Openbaring 12:11 sê: “En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het.” (NLV).

Druk terug! Getuig teenoor Satan die aanklaer. Vertel hom wat die bloed van Jesus Christus namens jou gedoen het. Herinner hom daaraan dat “daar dan nou geen veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie” (Romeine 8:1). Geen. Nada. Zilch. Nul. Nie eens ‘n spoor nie. In plaas daarvan om jouself te definieer deur wat jy verkeerd gedoen het, definieer jouself deur wat Christus namens jou reg gedoen het.

Sielskos: Rom 13:12-14:19; 2 Kor 5:14-21; Ps 77:11-20; Spr 9:10-12

Gee jou kinders selfvertroue

2025-12-30
Psalm 144:12 DB

Sê gedurig vir jou kind dat hulle geliefd, waardevol en bekwaam is. Andersins sal hul konsep van hulself op hul swakste eienskappe en persepsies eerder as hul beste, gebaseer wees. Sielkundiges sê dat sommige van die wêreld se suksesvolste mense aan ‘imposter syndrome’ ly. Wanneer hulle uitgevra word, spreek hierdie mense dikwels diep selftwyfel uit en sê dat hulle nie die posisie wat hulle beklee, of die hoë opinie wat ander van hulle het, werd voel nie. Waar het dit begin? By die huis!

Dikwels word hierdie selfkonsep voor puberteit gevorm, wanneer ‘n kind geen duidelike sin van hul identiteit het nie en onaantreklik, dom en nutteloos voel. Dit is wanneer jy as ouer hulle moet verseker dat hierdie gevoel net ‘n kort tydjie sal duur, soos om deur ‘n tonnel te reis waaruit hulle beslis te voorskyn sal kom. Bespreek die seksuele ontwaking wat gaan plaasvind wanneer hulle kinderjare eindig en ook hoe om dit verantwoordelik en moreel te hanteer. Deur dit nie te doen nie, laat jy jou kind alleen om vrae te hanteer waarop hulle nie altyd die regte antwoorde sal kry nie.

Ja, jy moet hulle onderrig en reghelp. As hulle egter voortdurend voel asof jy hulle kritiseer en nie aan hulle kant is nie, kan hulle nie die selfvertroue en inisiatief kry om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel nie. As jou ouers dit nie vir jou gedoen het nie, sal jy ekstra sensitief moet wees en seker maak dat jy dit vir jou kinders doen. Die Psalmdigter Dawid gee vir ons ‘n gebed wat God sal beantwoord: ‘Laat ons seuns sterk word soos jong bome en ons dogters soos die mooiste pilare in die paleis wees.’

Sielskos: 1 Tess 4-5; Matt 3:11-17; Ps 23; Spr 31:31

Give your children confidence


Psalm 144:12 NLT

Constantly tell your child that they’re loved, valuable, and capable. Otherwise, their self-evaluation will be based on their worst qualities and perceptions rather than their best ones. Psychologists say that some of the world’s most successful people suffer from “the imposter phenomenon.” When interviewed, these people often express deep self-doubt, saying they don’t feel worthy of the position they hold, or the high opinion others have of them. Where did that begin? At home!

Often this self-concept is formed before puberty when a child has no clear sense of their identity and feels unattractive, dumb, and useless. That’s when you, as a parent, need to say that this is a short-term experience, like traveling through a tunnel from which they will certainly emerge. Discuss the sexual awakening that’s about to occur as childhood ends and how to handle it responsibly and morally. Not to do so is to leave your child alone to cope with questions they don’t always have the right answers to.

Yes, you must instruct and correct them. But if they constantly feel like you’re “on their back” instead of “on their team,” they can lack the confidence and initiative needed to trust themselves and develop a healthy self-concept. And if your parents didn’t do this for you, you will have to be extra sensitive and make sure you do it for your children. The psalmist David gives us a prayer God will answer: “May our sons flourish in their youth like well-nurtured plants. May our daughters be like graceful pillars, carved to beautify a palace.”

Soul food: 1 Thes 4-5; Matt 3:11-17; Ps 23; Prov 31:31

Oorwinnaars gee nooit op nie

2025-12-29
Romeine 8:37 NLV

Jy sal in sommige van die wêreld se grootste suksesverhale hoofstukke van mislukking en ontmoediging vind. Dr Seuss se eerste kinderboek is deur sewe-en-twintig verskillende uitgewers afgekeur. Die agt-en-twintigste uitgewer het egter seshonderd miljoen kopieë van die boek verkoop en dr Seuss se volharding het gehelp om miljoene kinders te leer lees. Tydens hul eerste jaar het die Coca-Cola maatskappy net nege koeldranke per dag verkoop. Hulle het egter volhard en is vandag die wêreld se grootste verkoper van koeldranke.

Henry Ford het twee keer in sy eerste drie jaar in die motorindustrie bankrot gespeel. Hy het egter volhard en vandag is Ford die tweede grootste motorhandelaar in Amerika en die vyfde grootste in die wêreld. In 1905 het die Universiteit van Bern in Switzerland ‘n proefskrif van ‘n student, genaamd Albert Einstein, verwerp en dit as ‘irrelevant en vol giere’ beskryf. Was hy teleurgesteld? Natuurlik – sou jy nie ook gewees het nie? Het hy tou opgegooi? Nee, hy het aanhou skryf.

Oorweeg die volgende: As verloste kind van God het jy ‘n groot voordeel – ‘…omdat God aan [jou] kant is…’ (Psalm 56:10 NLV). Dit verander die vergelyking en kantel die skaal in jou guns. Paulus skryf: ‘Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry?… Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het’ (Romeine 8:35, 37 NLV).

Met God aan jou kant is dit altyd te vroeg om tou op te gooi, maak nie saak waarvoor jy te staan kom nie. Byt vas, want sy genade en krag is altyd op pad.

Sielskos: 1 Tess 1-3; Matt 3:7-10; Ps 75; Spr 31:30