Your words have power

2026-10-31
James 1:19 NCV

What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have power. They can bless or break, help or hurt. People who have been the target of harsh words can carry wounds for a lifetime. Too many children have heard a frustrated parent saying, ‘You’re worthless, and you’ll never amount to anything.’ And they have believed it, allowing those words to shape their self-image and determine their self-worth.

Other children have had parents who affirmed and nurtured them with encouraging words such as, ‘You’re important, and God has something for you to do that no one else can do quite like you can.’ These children believed that message and ultimately grew up to act on it.

James made three statements about the use of our tongues, and he gave two illustrations to substantiate each point. First, he reminded us that speech can be controlled and directed, and he illustrated his point with a horse’s bridle and a ship’s rudder. Second, he said that contentious speech can be destructive like fire and poison. Finally, he pointed out that conflicting speech can be deceptive, and he illustrated this with images of a spring of water and a fig tree.

The truth is that our words reveal what is in our hearts. And whether we speak them or type them, they have the power to heal or hurt, help or hinder. Knowing that you never have to take back what you don’t say, David prayed, ‘Set a guard over my mouth, Lord’ (Psalm 141:3 NIV).

Soul food: Dan 2:24-49; Isa 47:12-15; Acts 16:16-34

Jou woorde het krag


Jakobus 1:19 NLV

Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk daaraan wy (sien Jakobus 3:1-12). Hoekom? Omdat jou woorde krag het. Hulle kan seën of breek, help of seermaak. Mense wat die teiken van harde woorde was, kan ‘n leeftyd se wonde daarvan dra. Te veel kinders het al ‘n gefrustreerde ouer hoor sê: ‘Jy is nutteloos en jy sal nooit iets in die lewe bereik nie.’ Hierdie kinders glo hul ouers en laat toe dat daardie woorde hul selfbeeld vorm en hul selfwaarde bepaal.

Ander kinders het ouers wat hulle met koesterende woorde soos: ‘Jy is belangrik en God het iets vir jou in gedagte wat niemand anders as jy kan doen nie,’ aanmoedig. Hierdie kinders glo hulle ouers se boodskap en leef dit uit wanneer hulle grootword.

Jakobus het drie stellings oor die gebruik van ons tong gemaak en twee illustrasies gegee om elke punt te staaf. Eerstens het hy ons daaraan herinner dat ons ons woorde kan beheer en rig en dit met ‘n perd se toom en ‘n skip se roer vergelyk. Tweedens het hy gesê dat twisgierige woorde so vernietigend soos vuur en gif kan wees. Laastens het hy ons daarop gewys dat teenstrydige spraak misleidend kan wees en hy het dit met beelde van ‘n fontein en ‘n vyeboom geïllustreer.

Ons woorde openbaar wat in ons harte is. Of ons nou ons woorde spreek of op ‘n sleutelbord tik, hulle het die krag om te genees of seer te maak, te help of te verhinder. Jy hoef nie woorde wat jy nie geuiter het terug te neem nie, dus het Dawid gebid: ‘Sit ‘n wag voor my mond, Here…’ (Psalm 141:3 NLV).

Sielskos: Dan 2:24-49; Jes 47:12-15; Hand 16:16-34

Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek

2026-10-30
Romeine 12:21 NLV

Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het om te wees. In die proses leer ons hoe om ons swakhede te oorkom en op God se krag te steun. Dit beteken dikwels om te leer hoe om slegte gewoontes te verbreek. Sommige van hierdie gewoontes is voor die hand liggend, soos alkohol- en dwelmmisbruik. Sommige is nie so voor die hand liggend nie, soos skinder, jaloesie en veroordeling. God wil nie hê dat ons deur ons emosies en impulse beheer word nie – Hy wil hê dat ons oorwinning moet behaal.

Om ‘n slegte gewoonte te verbreek, vereis dat ons ‘n reeks goeie keuses maak, een na die ander. Die meeste van ons probeer dit op ons eie sonder die hulp van die Heilige Gees doen en misluk dan. Jesus het gesê: ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV). Die Heilige Gees sal egter nie ongenooid opdaag nie; jy moet Hom vir sy hulp vra.

Die Bybel sê dat ons die slegte deur die goeie oorwin. Dis een van die grootste geheime in God se Woord. Dis baie makliker om die regte keuse te maak wanneer jy op God en jou oorwinning, in plaas van jou vrees vir mislukking, gefokus is. Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word. ‘n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie’ (Matteus 26:41 NLV). Dit beteken dat wanneer jy bid en waaksaam is, jy daardie slegte gewoonte kan verbreek.

Sielskos: Jes 34-37; Joh 7:25-32; Ps 9; Spr 28:13-16

You can break that bad habit


Romans 12:21 NKJV

When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our weaknesses and draw on God’s strength. That often means learning to break bad habits. Some of these habits are obvious, such as alcohol and drugs. Some are not so obvious, such as gossip, jealousy, and being judgmental. God does not want us to be controlled by our emotions and impulses – He wants us to have victory.

Breaking a bad habit requires making a series of good choices, one after another. Most of us try to do that on our own without the help of the Holy Spirit, but eventually, we figure out that we can’t do that without God helping us. Jesus said: ‘The Helper, the Holy Spirit, whom the Father will send in My name, He will teach you all things, and bring to your remembrance all things that I said to you’ (John 14:26 NKJV). But the Holy Spirit won’t just show up uninvited; you must ask for His help.

The Bible says that we overcome evil with good. That’s one of the biggest secrets in the Word of God. It’s a lot easier to make the right choice when you’re focused on God and your victory instead of your fear of failure. Jesus told His disciples: ‘Keep watch and pray, so that you will not give in to temptation. For the spirit is willing, but the body is weak!’ (Matthew 26:41 NLT). That means if you pray and keep watch, you can break that bad habit.

Soul food: Isa 34-37; John 7:25-32; Ps 9; Pro 28:13-16

Glo in jouself; God doen!

2026-10-29
Psalm 138:3 NLV

‘n Seuntjie het met homself gepraat terwyl hy uit sy huis met ‘n bofbalkolf en ‘n bal na die grasperk in die agtertuin toe gestap het. Hy het sy bofbalpet in ‘n saluut vir sy hondjie gelig. Toe tel hy die kolf en bal op en kondig met ‘n harde stem aan: ‘Ek is die beste kolwer in die wêreld.’ Hy gooi toe die bal in die lug, swaai die kolf en slaan die bal mis. ‘Strike one!’ roep hy uit, asof hy ook die rol van die skeidsregter vertolk. Hy tel die bal op, gooi dit in die lug en sê weer: ‘Ek is die beste bofbalkolwer ooit!’ Weer swaai hy na die bal en mis. ‘Strike two!’ roep hy vir sy hond wat sit en kyk. Onverskrokke tel hy die bal op, ondersoek sy kolf en kondig net voor hy die bal in die lug gooi, weer eens aan: ‘Ek is die beste kolwer wat ooit geleef het.’ Hy swaai die kolf met mening, maar mis vir die derde keer die bal. ‘Strike three!’ roep hy uit. Na ‘n oomblik voeg hy by: ‘Sjoe, wat ‘n arm! Ek is die beste gooier in die wêreld!’

Dit is wat mens ‘n positiewe geesteshouding noem. Wanneer jy weet dat God jou verlos het, jou toegerus het en jou geroep het om Hom te dien, is dit die houding wat jy ook moet inneem. Omdat God jou liefhet, jou aanvaar en in jou glo, moet jy in jouself glo. Dawid het gesê: ‘Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag.’ Die woord vir vandag is dus: glo in jouself; God doen.

Sielskos: Jes 30-33; Joh 7:14-24; Ps 104:24-35; Spr 28:9-12