Jy het genade vir hierdie toets ontvang

2021-03-30
Job 23:10 NLV

Job het sy familie en sy fortuin in ‘n enkele dag verloor. Tog, toe hy terugkyk daarop, het hy geskryf: ‘…Wanneer Hy my toets soos goud in ‘n vuur, sal Hy my onskuldig verklaar.’ Dit verg baie meer vuur om goud te produseer as wat nodig is om tin te produseer. Watter een van die twee sal jy eerder wil wees?

Om die seën wat God vir jou in gedagte het te geniet, moet jy die lewe se toetse slaag. In die vroeë dae van televisie, is skedules gereeld deur ‘n dertig-sekonde toets van ‘Die Nooduitsending Sisteem,’ onderbreek. Daardie toetse is baie soos die toetse waarvoor ons in die lewe te staan kom – ongeskeduleerd, onwelkom en gewoonlik op die slegste moontlike tyd. In teenstelling met die televisie toetspatrone, duur die lewe se toetse nie net dertig sekondes en gaan dan weg nie. Nee, hulle kan vir weke, jare en in sommige gevalle, vir ‘n leeftyd duur.

Die rede daarvoor mag ook nie altyd vir jou duidelik wees nie. Daar is egter ‘n aspek van die toets wat jy kan beheer – hoe jy daarop reageer. Die waarheid is dat toetse ‘n onskatbare, integrale en onontbeerlike deel van jou geestelike groei is. Sonder hulle sal jy nooit soveel groei en volwasse word soos wat jy moet nie. Hoe jy jou ‘toetse’ hanteer, bepaal ook jou ‘getuienis.’

Paulys skryf: ‘Al hierdie dinge wat met ons gebeur, help vir julle. So kan God genadig wees vir meer mense. Dan kan meer mense dankie sê vir God. En so kry God al die eer, God wat die Koning is. Daarom word ons nie moedeloos nie. Ons liggame is besig om te sterf, maar God maak ons geestelike lewe elke dag nuut’ (2 Korintiërs 4:15-16 ABA). Jy het genade vir hierdie toets ontvang.

Sielskos: Est 5-10; Matt 26:1-17; Ps 18:1-29; Spr 26:24-27