Wie is jou Saulus?

2017-10-27
Handelinge 9:15 NLV

Saulus van Tarsus was die laaste persoon wat jy sou verwag het om ‘n Christen te word, nog minder die skrywer van helfte van die Nuwe Testament. Hy beskryf sy lewe voor hy Christus ontmoet het as volg: ‘Julle het mos gehoor hoe ek my vroeër… gedra het, dat ek God se kerk fanaties vervolg en verwoesting gesaai het’ (Galasiërs 1:13 NLV). Toe God dus vir Ananias roep om vir Saulus te gaan bid, was hy nie baie lus nie: ‘…Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor – watter kwaad hy die gelowiges in Jerusalem aangedoen het! En ons hoor hy het ‘n mandaat van die leierpriesters om al die gelowiges hier in Damaskus te arresteer.’ Die Here het egter vir hom gesê: ‘Gaan doen wat Ek sê, want Ek het Saulus as my instrument uitgesoek om my boodskap uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel’ (Handelinge 9:13-15 NLV). Ananias het geweet wat Saulus aan die kerk gedoen het. Wat hy egter op die punt was om te ontdek, is dat God in Saulus se hart aan die werk was. In net ‘n paar kort jare sou God Paulus gebruik om die wêreld aan te raak, maar eers het Hy Ananias gebruik om Paulus aan te raak. Het God jou ‘n soortgelyke opdrag gegee? Het Hy aan jou ‘n Saulus gegee? Indien dit die geval is, moenie opgee op hom of haar nie. Wanneer ander mense hulle afskryf, gee hulle nog ‘n kans. Ananias het nie geweet van Paulus se ontmoeting met Christus op die Damaskuspad nie. Onthou altyd: God stuur jou nooit êrens heen waar Hy nie reeds was nie. Teen die tyd wat jy dus jou Saulus bereik, wie weet wat jy daar sal kry?

Sielskos: Jes 26-29; Joh 6:25-34; Ps 104:1-23; Spr 28:5-8