Wees beslis
2019-01-27Jakobus 1:8 NLV
As jy bang is om ‘n besluit te neem omdat dit dalk verkeerd kan wees, lees die volgende Skrifgedeelte: ‘Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee… Maar, as ‘n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Hy is iemand wat nie tot ‘n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie’ (verse 5-8 NLV). President Reagen het dit geniet om te vertel hoe hy geleer het om besluite te maak. Toe hy ‘n seun was, het sy tannie hom na ‘n skoenmaker gestuur. Toe die skoenmaker vra of hy ‘n ronde of vierkantige toon wil hê, het hy onseker gestotter tot die skoenmaker gesê het, ‘Kom in ‘n dag of twee terug en sê vir my wat jy wil hê.’ Later het die skoenmaker Reagan in die straat raakgeloop en hom gevra wat hy oor die skoene besluit het. ‘Ek kon nog nie kies nie,’ het hy geantwoord. ‘Nou maar goed,’ het die skoenmaker gesê, ‘jou skoene sal môre gereed wees.’ Toe Reagan die skoene kry, het een skoen ‘n ronde toon en die ander skoen ‘n vierkantige toon gehad! Reagan het gesê, ‘Elke dag wat ek vir daardie skoene moes kyk het my ‘n les geleer. As jy nie jou eie besluite kan neem nie, sal iemand anders dit vir jou neem.’ Om sukses in die lewe te behaal, moet jy vir wysheid bid en dan ‘n besluit neem.
Sielskos: Ese 47:1-12; Op 21:22-22:5