Gee vandag jou probleem vir God

2023-03-23
Psalm 55:23 NLV

As jy in moeilike tye grootgeword het, doen jy outomaties een van die volgende twee dinge: 1) Vertrou meer op God omdat jy sy getrouheid al ervaar het. 2) Dink, bekommer en praat aanhoudend oor die ‘wat as’ in die lewe.

Daar is baie om oor te dink, want die toekoms rus in God se hande, nie joune nie. Dis moontlik vir iets om baie groter as wat dit waarlik is, vir jou voor te kom. Dis die kern van bekommernis. Dis soos ‘n sneeubal; dit begin klein, maar soos jy dit oor en oor in jou gedagtes rol, word dit groter en groter totdat dit die potensiaal het om jou te begrawe.

Wat is dus die antwoord? ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie’ (Spreuke 3:5 NLV). Vul jou hart met God se Woord. Ontwikkel dan die gewoonte om dit wat in jou hart is, meer werklik vir jou te laat word as dit wat jy sien, dink of voel. Jy kan kies om aan dit wat God kan doen, in plaas van dit wat jy nie kan doen nie, te dink.

As jy aanhou om oor die ingewikkeldheid van jou situasie obsessief te wees, sal jy in wanhoop opeindig. Met ander woorde, jy sal vasgevang voel. Wanneer dit gebeur, is dit maklik om paniekerig te raak en irrasionele dinge te doen wat net die probleem vererger.

In stede daarvan, ‘Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie.’ Die Here sal jou versterk, ondersteun en jou staande hou. God mag jou nie onmiddellik uit die situasie neem nie, maar sy onderhoudende genade sal jou daardeur bring. Gee vandag jou probleem vir God.

Sielskos: Job 18-20; Luk 20:9-26; Ps 55:1-11; Spr 8:17-18

Vertraagde emosionele ontwikkeling (2)

2020-06-05
Job 11:16 NLV

Kom ons gesels oor vertraagde emosionele ontwikkeling. Wanneer jy nie hulp vir emosionele seer in die verlede kry nie, kan jy jouself bevind waar jy ander mense behandel soos jy behandel is en jou verlede in die hede herhaal. Jy mag dalk die belangrikste mense in jou lewe seermaak en dalk selfs die verhoudings vernietig, sonder dat jy weet hoekom jy so optree. Jy sal die mislukking van die verhouding op jou maat se gewoontes, voorkoms, houding en manier van dinge doen, blameer. Wanneer jy dit doen, sal jy emosioneel vasgevang bly, ‘n gevangene van die seer oorsake van jou wanfunksie. Jy het met ’emosionele gemors’ te doen: verwyte oor foute in die verlede, wrokke oor verkeerde dinge wat aan jou gedoen is en al die ander seerkry wat jy onder ‘n wolk van woede, sinisme en teruggetrokkenheid wegsteek. Jy sal nooit weet wat jy het, of wat jy waarlik nodig het, totdat jy van jou emosionele gemors ontslae raak nie. Hoe doen jy dit? Die antwoord kan in God se Woord en God se teenwoordigheid gevind word: ‘As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed! Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs. Jy sal jou swaarkry vergeet. Dit sal weg wees soos water onderdeur ‘n brug. Jou lewe sal helder wees soos in die middel van die dag, alle donkerte so helder soos die oggendlig. Jy sal vol moed wees omdat jy hoop sal hê. Jy sal beskerm wees en rus in veiligheid. Jy sal sonder vrees gaan slaap, en baie sal na jou kyk vir hulp’ (verse 13-19 NLV).

Sielskos: 1 Kon 21-22; Mark 14:27-42; Ps 129; Spr 12:27-28

Paulus se doring; en joune (2)

2019-12-29
2 Korintiërs 12:7 NLV

Die Bybel sê nie vir ons wat Paulus se doring in sy vlees was nie, maar Paulus sê vir ons hoekom God dit toegelaat het: ‘…sodat ek nie hoogmoedig moet word nie…’ Verhoogde prestasie en sukses kan tot verhoogde hoogmoed en onafhanklikheid van God lei. Het jy al agtergekom dat wanneer dit goed in jou lewe gaan, dit soms moeilik raak om naby aan God te bly? Ons dink partykeer dat God so goed vir ons is, omdat ons so goed vir Hom is. Ons moet altyd hierteen waak. God kan enigiets ten goede van jou en tot sy verheerliking gebruik. In sy wysheid en geduld, laat Hy iets toe wat ons dink bedoel is om ons seer te maak, maar Hy keer dit om en gebruik dit om ons te help. Hy balanseer seëninge met laste. As God jou hande net met seëninge gevul het, sou jy uiteindelik op jou gesig geval het. As Hy aanhoudend laste op jou rug gelaai het, sou jy agteroor geval het. Dus verdeel Hy seëninge en laste sodat ons in balans kan bly. Dis maklik om van balans af te raak. Ons raak so vasgevang in die vreugde van die hemel, dat ons ons roeping om die sout en lig hier op aarde te wees, verwaarloos. Ons raak so betrokke by die werk van die Here, dat ons nie tyd saam met die Here van die werk spandeer nie. Ons raak so betrokke by die kerk dat ons die liefde en aandag wat ons families nodig het, van hulle steel. Dus bring God ons terug in balans deur vir ons ‘n doring te gee.

Sielskos: Heb 11:1-6; Matt 21:18-22; Matt 8:5-13; Mark 6:1-6