Leer om tevrede te wees

2019-05-28
Filippense 4:11 ABA

Dis prysenswaardig wanneer jou doel is om persoonlik te groei en dinge in die lewe te bereik. Wanneer jy egter iets begeer wat iemand anders het of net soos hulle wil wees, gaan jy ‘n area wat deur die Skrif verbied word, binne. Tevredenheid beteken nie dat jy selfvoldaan moet word, met middelmatigheid tevrede moet wees of nie jou Godgegewe potensiaal in die lewe moet bereik nie. Glad nie! Jy is veronderstel om te werk om jouself te verbeter, terwyl jy gelyktydig heeltemal afhanklik aan God bly (sien 2 KorintiĆ«rs 3:5). Selfgenoegsaamheid beteken dat jy op jouself vertrou, eerder as om jou geloof in God se bystand te plaas. Tevredenheid, aan die ander kant, is om met sekerheid en ‘n vaste oortuiging te weet dat God in staat is om aan elkeen van jou behoeftes te voldoen (sien Filippense 4:19). Wanneer jy hierdie waarheid verstaan, het jy nie nodig om enigiemand anders se posisie, eiendom, besittings of persoonlikheid te begeer nie. Hoekom nie? Omdat jy vir seker weet dat alles wat jy tans het en alles wat jy vandag is, meer as genoeg in die hande van God is. Wat jy ook al moet doen om sy wil te vervul, kan jy doen, nie uit jou eie krag nie, maar deur die krag en mag van Christus wat in jou binneste woon. Hebsug kom natuurlik vir almal van ons, maar tevredenheid moet aangeleer word. Paulus skryf: ‘…Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het… Partymaal het ek te min gehad en partymaal het ek baie gehad, en so het ek geleer om tevrede te wees. Partymaal het ek genoeg gehad om te eet en partymaal was ek honger… Christus gee vir my die krag om enige iets te doen’ (Filippense 4:11-13 ABA).

Sielskos: Op 1-4; Mark 10:13-22; Ps 117; Spr 12:20-22