Genade produseer goddelikheid

2019-01-28
Romeine 6:1 NLV

Hoe sal ons diegene antwoord wat sê dat mense wat te veel oor God se genade praat, ander mense laat dink dat hulle ‘n lisensie het om te sondig? Deur hulle na God se Woord te verwys: ‘Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe!’ (verse 1-2 NLV). Soos jy jou nuwe natuur voed en jou ou ene uithonger, sal die ou natuur begin doodgaan. Jy sal minder geïnteresseerd wees om jouself te behaag; en meer geïnteresseerd word om God tevrede te stel. Paulus sê: ‘Ek weet dat Christus se liefde ons almal aanvuur…’ (2 Korintiërs 5:14 DB). Paulus is deur die behoefte om op God se genade wat hy ervaar het te reageer, aangevuur. Hy het gesê: ‘…die wêreld [is] vir my gekruisig, en ek vir die wêreld’ (Galasiërs 6:14 NLV). ‘n Openbaring van God se genade het veroorsaak dat die wêreld vir Paulus sy aantrekkingskrag verloor het, asook andersom. Wanneer dit reg verstaan word, verhoed die genade van God nie goddelikheid nie, maar produseer meer daarvan. ‘God het sy goedheid aan alle mense bekendgemaak. Almal het nou die kans om sy verlossing te beleef. Nou wys Hy vir ons hoe om ‘n Godlose leefstyl te systap en hoe om vernietigende begeertes te laat staan… Daarom sien ons baie uit na daardie wonderlike dag wanneer ons wonderlike God en Verlosser, Jesus Christus, terugkom… Christus het sy lewe ter wille van ons opgeoffer om ons los te koop uit die mag van die sonde. Nou behoort ons net aan Hom. Ons is sy volk. Syne alleen! Nou wil ons net doen wat Hy sê!’ (Titus 2:11-14 DB).

Sielskos: Pred 1-4; Luk 6:27-36; Ps 107:1-9; Spr 3:13-18