Gee of hou
2021-06-281 Petrus 5:7 NLV
Wanneer jy jou vrese en bekommernisse moet hanteer, het jy twee keuses; gee hulle aan die Here oor, of hou hulle en probeer om hulle self te hanteer. Toe die kommuniste China oorgeneem het, was die sendeling Isobel Kuhn geforseer om te voet oor die sneeu-bedekte berge tot in Burma te ontsnap. Daar was sy gestrand, met geen geld en geen manier om huis toe te gaan nie.
‘Ek kan jou nie vertel hoe ontsteld en verskrik ek was nie,’ skryf sy. Sy het egter twee besluite geneem. ‘Die eerste was om vrees te verwerp,’ het sy gesê. ‘Die enigste vrees wat ‘n Christen moet hê, is die vrees vir sonde. Alle ander vrese kom van Satan af, wat hy stuur om ons te verwar en te verswak.’ Dus het Isobel met gebed op God vertrou en paniek verwerp. Tweedens, het sy sy leiding gesoek om haar volgende stap te neem en uiteindelik veilig by die huis aangekom.
Hier is ‘n belangrike sleutel tot oorwinning: In plaas daarvan om met jou vrese te lewe en hulle toe te laat om binne-in jou wortel te skiet, moet jy hulle identifiseer en konfronteer die oomblik wat jy van hulle bewus word. Tweedens, moet jy elke vrees in ‘n gebed omskep en dit vir God gee, met die volle vertroue dat Hy dit vir jou sal hanteer. Moet dit ook nie net met sommige van jou vrese en bekommernisse doen nie, maar doen dit met almal van hulle. ‘Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg’ (vers 7 DB).
Jy sal nooit heeltemal vry van vrees en bekommernis wees nie, maar deur God se genade kan jy baie beter doen as wat jy tans doen.
Sielskos: Jer 22-24; Luk 3:1-10; Ps 59:9-17; Spr 14:23-24