2026-03-19
Romeine 5:20 NLV
The Scarlet Letter is die verhaal van ‘n vrou wat betrap is dat sy owerspel gepleeg het en ‘n skarlakenrooi ‘A’ op haar rok moes dra as ‘n simbool van haar skande. Ons doen dieselfde, nie waar nie? Ons etiketteer mense op grond van ‘n fout. Dit is egter nie hoe God ons sien nie. Hy neem die grafklere van sonde weg en bedek ons met klere van verlossing (sien Jesaja 61:10). Hy gee vir elkeen van ons ‘n nuwe naam, ‘n nuwe identiteit en ‘n nuwe bestemming.
Daar is ‘n verhaal in die Bybel wat met Hawthorne se The Scarlet Letter ooreenstem. ‘n Vrou is op heterdaad betrap waar sy owerspel pleeg. Die godsdienstige skare was gereed om haar te stenig toe Jesus ingegryp het. Hy het vir die skare gesê: ‘…Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ‘n klip na haar gooi’ (Johannes 8:7 NLV). Een vir een het die skare hul klippe laat val en weggeloop. Toe sê Jesus vir die vrou: ‘… Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie’ (vers 11 NLV).
Wanneer jy van iemand se mislukking hoor, moet jy John Bradford se bekende gesegde onthou: ‘But for the grace of God, there go I.’ Wees lief vir mense wanneer hulle dit die minste verwag en dit die minste verdien. Dis hoe jy iemand se lewe verander. Dis wat Jesus met hierdie vrou gedoen het. Toe die Fariseërs mense afgeskryf het, het Hy hulle aanvaar. Toe almal anders hulle die deur gewys het, het Jesus aan hulle genade betoon. Een daad van genade kan die ergste oomblik in iemand se lewe in ‘n beslissende oomblik verander. Jy kan daardie agent van genade wees.
Sielskos: Op 19-22; Luk 19:1-21; Ps 116:1-11; Spr 8:8-9
Romans 5:20 NKJV
The Scarlet Letter is the story of a woman found in adultery and required to wear a scarlet “A” on her dress as a symbol of shame. We do the same thing, don’t we? We label people based on a mistake. Sadly, it’s just as true in some churches as it is in the culture. That isn’t how God sees us and labels us. He takes off the graveclothes of sin and covers us in the garments of salvation (see Isaiah 61:10). He gives each of us a new name, a new identity, a new destiny.
There’s a storyline in John’s gospel that’s not unlike Hawthorne’s The Scarlet Letter. A woman was caught in the act of adultery. The religious mob was ready to stone her to death when Jesus stepped in. His defense was pure brilliance: “He who is without sin among you, let him throw a stone” (John 8:7 NKJV). One by one, they dropped their stones and walked away. Then Jesus told her, “Go and sin no more” (v. 11 NKJV).
When you hear about someone’s failure, remember John Bradford’s famous adage: “But for the grace of God, there go I.” Live by the maxim, “Love people when they least expect it and least deserve it.” That’s how you change someone’s life. That’s what Jesus did with this woman. When the Pharisees were writing people off, He was writing them in. When everyone else showed them the door, Jesus showed them grace. Grace is the catalyst that turns guilt into gratitude. One act of grace can turn the worst moment into a defining moment in someone’s life. And you can be that agent of grace.
Soul food: Rev 19-22; Luke 19:1-21; Ps 116:1-11; Prov 8:8-9
2026-03-18
2 Corinthians 3:18 NKJV
Beginning in 2007, the REVEAL research project surveyed the members of more than a thousand churches. They wanted to determine the percentage of churchgoers who are actually propelled by their faith to love God and love others with their whole hearts. Guess how many met these qualifications? Eleven percent! Nearly nine out of ten believers did not make the grade.
Think about it this way: If a school graduated only eleven percent of its students, if a hospital healed only eleven percent of its patients, if a sports team won only eleven percent of its games, if a home builder completed only eleven percent of his projects, wouldn’t changes be made? About 2.2 billion people on our planet call themselves Christians. That’s approximately one-fourth of the world’s population. If the survey is any indication, about two billion of those Christians are chugging along on a fraction of their horsepower.
What would happen if they got a tune-up or decided to step up or rise up? How much joy would be unleashed? How much wisdom would be shared? How many marriages would be saved? How many wars would be prevented? How much hunger would be eliminated? What would it take for you to be part of the eleven percent – more compassion, more conviction, more courage? What attitudes would you need to discontinue – greed, guilt, negativity, a critical spirit?
Here’s the good news: You can. With God’s help, you can close the gap between the person you are and the person you want to be. You can be “transformed… from glory to glory.”
Soul food: Rev 15-18; Luke 18:18-43; Ps 19; Prov 8:6-7
2 Korintiërs 3:18 AFR20
Vanaf 2007 het die REVEAL-navorsingsprojek die gemeentelede van meer as ‘n duisend kerke ondervra. Hulle wou die persentasie kerkgangers wat werklik deur hul geloof gedryf word om God en ander mense met hul hele hart lief te hê, bepaal. Raai hoeveel het aan hierdie kwalifikasies voldoen? Elf persent! Byna nege uit tien gelowiges het nie die graad gehaal nie.
Dink so daaraan: As slegs elf persent van ‘n skool se matrikulante slaag, as ‘n hospitaal slegs elf persent van sy pasiënte genees, as ‘n sportspan slegs elf persent van sy wedstryde wen, as ‘n bouer slegs elf persent van sy projekte voltooi, sou dinge nie moes verander nie? Ongeveer 2,2 miljard mense op ons planeet noem hulself Christene. Dit is ongeveer ‘n kwart van die wêreldbevolking. As REVEAL se opname enige aanduiding is, is daar ongeveer twee miljard van daardie Christene wat nie hul Christenskap ten volle uitleef nie.
Wat sou gebeur as hulle besluit om voluit vir Christus te begin leef? Hoeveel vreugde sou ontketen word? Hoeveel wysheid sou gedeel word? Hoeveel huwelike sou gered word? Hoeveel oorloë sou voorkom word? Hoeveel hongersnood sou verdwyn? Wat sou dit verg om deel van die elf persent te word – meer deernis, meer oortuiging, meer moed? Watter houdings sou jy moet laat vaar – gierigheid, skuldgevoelens, negatiwiteit, ‘n kritiese gees?
Hier is die goeie nuus: Jy kan dit doen. Met God se hulp kan jy die gaping tussen die persoon wat jy is en die persoon wat jy wil wees, oorbrug. Jou ‘heerlikheid’ kan steeds toeneem.
Sielskos: Op 15-18; Luk 18:18-43; Ps 19; Spr 8:6-7
2026-03-17
Psalm 34:5 NLV
Vader, ek kom met vrymoedigheid voor u troon om barmhartigheid en genade te verkry om van emosionele onsekerheid verlos te word (sien Hebreërs 4:16). U Woord sê dat U u genade oorvloedig oor my sal stort, sodat ek altyd in alle dinge genoeg sal hê en oorvloedig sal wees in elke goeie werk (sien 2 Korintiërs 9:8). Ek verwerp elke gedagte van ontoereikendheid en elke idee wat in teenstelling is met wat u Woord sê oor wie ek is en wat ek kan doen (sien 2 Korintiërs 10:5).
Ek weerstaan enige angs oor die moontlikheid om ‘n sosiale of professionele posisie of verhouding te verloor. Ek weet dat niemand u doel vir my lewe kan dwarsboom nie. U, o Here, het my bestemming bepaal (sien Jesaja 14:27). ‘Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming’ (Psalm 16:5 NLV).
U Woord sê dat U my doelbewus in die moederskoot gevorm het om u dienaar te wees. Daarom verbly ek myself en vertrou dat ek perfek ontwerp is om my lewensdoel te behaal (sien Jesaja 49:5). As gevolg van u genade wandel ek nie in self-twyfel of in selfvertroue nie, want ek weet dat ek sonder U absoluut niks kan doen nie (sien Johannes 15:5).
Daarom is my oë alleenlik op U gerig om oneindig meer te doen as wat ek kan vra of dink om te vra, volgens u krag wat in my werk (sien Efesiërs 3:20). Ek dank U dat U my verhoor het, my van al my vrese verlos het en dat hulle geen mag meer oor my lewe het nie (sien Psalm 34:5). In die Naam van Jesus Christus bid ek dit, amen.
Sielskos: Op 10-14; Luk 18:1-17; Ps 11; Spr 8:4-5