2026-05-17
1 Peter 5:6 NIV
God will not tolerate pride from anyone. If self-exalted ones refuse to humble themselves, they leave God no other choice than to do it for them. One day, pride got the better of Nebuchadnezzar, the king of Babylon: “As he looked out across the city, he said, ‘Look at this great city of Babylon! By my own mighty power, I have built this beautiful city as my royal residence to display my majestic splendor” (Daniel 4:30 NLT). That was raw, unvarnished, arrogant pride.
A year earlier, Daniel had told the king through the interpretation of his dream that he should change his ways. But he had ignored Daniel’s warning. Now God said enough was enough and interrupted his proud moment: “While these words were still in his mouth, a voice called down from heaven, ‘O King Nebuchadnezzar, this message is for you! You are no longer the ruler of this kingdom'” (Daniel 4:31 NLT). During the next seven years, Nebuchadnezzar lost his sanity and was reduced to the status of an animal in the forests. That’s how low pride brought him!
Someone once said, “A man wrapped up in himself makes a pretty small package.” Only when Nebuchadnezzar humbled himself did God have mercy on him and give him back his sanity and his reign. That’s when he declared God’s sovereignty over all kings and kingdoms: “Now I, Nebuchadnezzar, praise and glorify and honour the King of heaven. All his acts are just and true, and he is able to humble the proud” (Daniel 4:37 NLT). So be humble!
Soul food: Est 4:9-5:3; Matt 11:28; Heb 4:14-16
1 Petrus 5:6 NLV
God sal nie trots van enigiemand duld nie. As selfverhewe mense weier om hulself te verootmoedig, laat hulle God geen ander keuse as om dit vir hulle te doen nie. Eendag het trots die oorhand oor Nebukadnesar, die koning van Babel, gekry: “…hy [het] op die dak van sy koninklike paleis in Babel rondgeloop. Hy spog toe by homself: ‘Ek het hierdie grote Babel met my eie mag as my koninklike tuiste opgebou om ‘n teken te wees van my grootheid'” (Daniël 4:30 NLV). Dit was rou, onverbloemde, arrogante trots.
‘n Jaar tevore het Daniël die koning se droom vir hom uitgelê en gesê dat hy sy weë moet verander. Die koning het egter Daniël se waarskuwing geïgnoreer. God het op daardie oomblik gesê genoeg is genoeg en sy trotse oomblik onderbreek: “Terwyl die koning nog besig was om so te praat, het ‘n stem van bo uit die lug gekom: ‘Koning Nebukadnesar, hier is ‘n aankondiging vir jou: Jou koningskap word van jou af weggevat!'” (Daniël 4:31 NLV). Gedurende die volgende sewe jaar het Nebukadnesar sy verstand verloor en is hy tot die status van ‘n dier in die bos gereduseer. Dit is hoe laag trots hom laat val het!
Iemand het eenkeer gesê: “‘n Man wat te ingenome met homself is, is maar vervelige geselskap.” Eers toe Nebukadnesar homself verootmoedig het, het God hom genade bewys en hom sy verstand en sy heerskappy teruggegee. Dit is toe dat hy God se soewereiniteit oor alle konings en koninkryke verklaar het: ‘As gevolg hiervan loof en verheerlik en vereer ek, Nebukadnesar, die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is waar. Wat Hy doen is reg. Almal wat hoogmoedig is kan Hy verneder’ (Daniël 4:37 NLV). Wees dus nederig!
Sielskos: Est 4:9-5:3; Matt 11:28; Heb 4:14-16
2026-05-16
Romeine 4:20 NLV
Die Aartsbiskop van Canterbury het ‘n akteur genaamd mnr. Butterton geken. Eendag het hy vir Butterton gevra: ‘Hoe kry julle akteurs op die verhoog dit reg om julle gehore te beïnvloed deur van denkbeeldige dinge te praat asof dit werklik is, terwyl ons in die kerk van werklike dinge praat, wat ons gemeentes aanhoor asof dit denkbeeldig is?’ Butterton het geantwoord: ‘Want ons akteurs op die verhoog praat van denkbeeldige dinge asof dit waarlik werklik is en julle op die kansel praat van werklike dinge asof dit maar denkbeeldig is.’
Die wêreld het Christene nodig wat praat asof hulle glo dat dit wat God in sy Woord sê, waar is en wat daarvolgens leef. Toe Abraham tagtig jaar oud was, het God hom belowe dat hy ‘n seun sou verwek. Twintig jaar later het dit nog nie gebeur nie, maar Abraham het ferm op God se Woord gestaan: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het’ (verse 20-21 NLV).
William James het gesê: ‘As jy ‘n sekere karaktereienskap wil hê, moet jy optree asof jy dit reeds het.’ Hy het ook gesê: ‘Tree op asof dit wat jy doen ‘n verskil maak. Dit doen.’ Sint Augustinus het gesê: ‘God het elkeen van ons lief asof daar net een van ons is.’ As jy die waarheid hiervan ten volle begryp, sal dit jou van vrees bevry, want dit is wat God se perfekte liefde doen (sien 1 Johannes 4:18). God kan jou nie meer of minder liefhê nie, want Hy het jou reeds onvoorwaardelik en ewig lief. Jou werk is om soos sy geliefde te leef.
Sielskos: 2 Pet 1-3; Matt 10:32-42; Ps 18:30-50; Spr 12:25-28
Romans 4:20 NKJV
The Archbishop of Canterbury was acquainted with an actor named Mr. Butterton. One day he asked Butterton, “What is the reason you actors on stage can affect your congregations with the speaking of things imaginary, as if they were real, while we in church speak of things real, which our congregations only receive as if they were imaginary?” Butterton replied, “We actors on stage speak of things imaginary as if they were real, and you in the pulpit speak of things real as if they were imaginary.”
The world needs Christians who speak like they believe what God said in His Word is true, and who live accordingly. When Abraham was eighty, God promised him he would father a son. Twenty years later, it hadn’t happened, but Abraham was standing firmly on God’s Word: “He did not waver at the promise of God through unbelief, but was strengthened in faith, giving glory to God, and being fully convinced that what He had promised He was also able to perform” (vv. 20-21 NKJV).
William James, the first educator to offer a course in psychology, said, “If you want a quality, act as if you already had it.” He also said, “Act as if what you do makes a difference. It does.” Saint Augustine said, “God loves each of us as if there were only one of us.” If you fully grasp the truth of this, it’ll set you free from fear because that’s what God’s perfect love does (see 1 John 4:18). God can’t love you any more or any less because He already loves you unconditionally, eternally. You just need to live like His beloved.
Soul food: 2 Pet 1-3; Matt 10:32-42; Ps 18:30-50; Prov 12:25-28
2026-05-15
Spreuke 23:7 AFR53
‘n Halfeeu gelede is ‘n fassinerende eksperiment uitgevoer. Drie mans het hul krag op ‘n masjien getoets, met ‘n gemiddelde meting van 101 pond druk. Toe is die deelnemers gehipnotiseer en die navorser het vir hulle gesê: ‘Julle kan nie groot druk uitoefen nie, want julle is swak.’ Onder die krag van suggestie het hul gemiddelde krag tot 29 pond druk gedaal. Toe sê die navorser: ‘Nou het julle krag weer baie toegeneem.’ Hul gemiddelde krag het tot 145 pond druk toegeneem. Hul krag is vyfvoudig verhoog toe hulle gesê het: ‘Ek kan,’ teenoor toe hulle gesê het: ‘Ek kan nie.’
Dit help om aan die Skrif as ‘n padkaart te dink. Die werklikheid van jou omstandighede laat jou dikwels voel asof jy van die pad afwyk, maar dan moet jy vir leiding in God se Woord soek. Jy moet leef asof jy is wie God sê jy is, jy het wat God sê jy het en jy kan doen wat God sê jy kan doen. As jy die vyand se leuens glo, is jy diep in die moeilikheid. As jy egter God se Woord glo, sal dit jou uit die moeilikheid red en hou.
Wanneer jy eensaam is, moenie sy belofte vergeet nie: ‘…Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie’ (Hebreërs 13:5 NLV). Wanneer jy voel asof jy koers verloor het, onthou sy woorde: “‘n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming” (Spreuke 16:9 NLV). Wanneer jy teen siekte worstel, kan jy op sy belofte staan: “‘Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…” (Jeremia 30:17 NLV).
Die woord vir jou vandag is – leef asof jy dit glo!
Sielskos: 1 Pet 1-5; Matt 10:21-31; Ps 18:1-29; Spr 12:23-24