Weet wie jy is

2026-05-22
1 Korintiërs 15:10 NLV

Wie is jy? Dit klink soos ‘n eenvoudige vraag, maar dis dikwels een van die uitdagendste vrae om te antwoord. Om te weet wie jy is en waarvoor jy staan, om bewus te wees van hoe jy deur ander beskou word en hoe jy jouself aan die wêreld voordoen, is een van die belangrikste aspekte van ‘n vervulde lewe.

Dit kan jou ‘persoonlike handelsmerk’ genoem word. Jou handelsmerk bestaan uit eienskappe wat by elke ontmoeting wat jy met werkskollegas, familie of vriende het, teenwoordig is. Dit is eienskappe wat jy na al jou sosiale en sake-interaksies bring. Jy mag dalk jou eienskappe as vanselfsprekend aanvaar, maar oorweeg dit om jou eie persoonlike missieverklaring neer te skryf. Wat is jou doel? Waarvoor staan jy? Wat is jou visie? Weerspieël jou lewe werklik dit wat vir jou belangrik is en hoe jy wil hê ander mense jou moet sien?

So dikwels leef ons ons lewens volgens dit wat diegene rondom ons dink ons moet wees of doen. Ons volg die pad wat ons ander sien loop, of ons streef na wat die media as sukses definieer. Uiteindelik, en soms verrassend, vind ons onsself waar ons gefrustreerd, kwaad en teleurgesteld deur die lewe beweeg.

Sommige sakelui kla dat hulle die bopunt van die korporatiewe leer bereik het, net om uit te vind dat die leer teen die verkeerde gebou leun. Hulle was so besig om tred te hou met wat hulle gedink het hulle veronderstel is om te doen, dat hulle nooit hulself af gevra het wat hulle eintlik wil doen nie. Wees soos Paulus: Weet wie jy is, eer jou persoonlike handelsmerk en sê: ‘Deur die genade van God is ek wie ek is.’

Sielskos: Rig 9:34-11:40; Matt 12:22-37; Ps 97; Spr 20:25

Know who you are


1 Corinthians 15:10 NIV

Who are you? It seems like a simple question but is often one of the most challenging to answer. To know who you are and what you stand for, to be aware of how you’re perceived by others and how you present yourself to the world, is one of the most important aspects of a well-lived life.

This could be called your “personal brand.” Your brand consists of attributes that are present for every encounter you have with work colleagues, family, or friends. You could call them “deliverables,” virtues you bring to all your social and business interactions. You may take your deliverables for granted but consider writing down your own personal mission statement. What is your purpose? What are you about? What is your vision? Does your life truly reflect what’s important to you and how you want others to see you?

So often, we live our lives based on what those around us think we should be or do. We follow the path we’ve seen others take, or we pursue what the media defines as success. Eventually, and sometimes surprisingly, we may find ourselves frustrated, angry, and disappointed in life.

Have you ever heard business professionals lament about climbing to the top of the corporate ladder, only to find that it was leaning against the wrong building? They were so busy keeping up with what they thought they were supposed to be doing that they never stopped to ask themselves what they actually wanted to do. Be like Paul: Know who you are, honour your personal brand, and say, “By the grace of God, I am what I am.”

Soul food: Judg 9:34-11:40; Matt 12:22-37; Ps 97; Prov 20:25

Jy is ten volle vergewe

2026-05-21
Galasiërs 2:20 NLV

Hoeveel keer het die apostel Paulus, wat eens as Saulus, die vervolger van Christene bekend was, terugflitse van Stefanus se steniging gehad? Of die tallose ander Christene wat hy soos diere gejag het? Paulus was ‘n ooggetuie van hierdie gebeure, wat beteken dat daardie beelde in sy visuele korteks vasgevang was. Wanneer hy sy oë toegemaak het, kon daardie beelde vir die res van sy lewe by hom gespook het.

Volgens vandag se standaarde was Saulus ‘n terroris – maar hy het egter ‘n ontmoeting met Christus gehad wat hom verblind het. Hy het sy fisiese sig na drie dae herwin, maar die genade van God het hom in staat gestel om vir ewig ‘n blinde oog vir sy vergeefde sonde te draai. As God ‘n blinde oog vir belyde sonde draai, moet ons dit nie ook doen nie? Dit beteken nie dat ons ons sonde ontken of dit ignoreer nie. Paulus het homself die ergste sondaar genoem (sien 1 Timoteus 1:15). Miskien is dit hoekom hy die genade van God so waardeer het.

Die rede waarom baie van ons ander mense volgens hul sonde etiketteer, is omdat dit ons beter oor onsself laat voel. Ons dink: ‘Ek is dalk nie perfek nie, maar ek het dít ten minste nie gedoen nie!’ Paulus was egter ferm: ‘Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom’ (Romeine 3:23 NLV).

God kategoriseer nie jou sondes soos die regstelsel as oortredings of misdade nie. Nee, jy is óf in sonde, óf in Christus. Jy is óf skuldig, óf jy is ten volle vergewe. Nie net is jou sondes – verlede, hede en toekoms – versoen nie, maar deur jou geloof het God jou vergewe en jou rekening met die geregtigheid van Christus uitgewis.

Sielskos: Rig 7:1-9:33; Matt 12:15-21; Ps 129; Spr 13:9-10

You have full forgiveness


Galatians 2:20 NKJV

How many times must the apostle Paul, who was once known as Saul the persecutor of Christians, have had flashbacks to Stephen’s stoning? Or the countless other Christians he hunted down like animals? Paul was an eyewitness, which means those snapshots were sealed into his visual cortex. When he closed his eyes, those images could have haunted him for the rest of his life.

By today’s standards, Saul was a terrorist – but he had an encounter with Christ that blinded him. He regained his physical sight after three days, but the grace of God enabled him to turn a blind eye to his forgiven sin forever. If God turns a blind eye to confessed sin, shouldn’t we? That doesn’t mean we deny our sin or ignore it. If you underestimate your sinfulness, you depreciate the grace of God. Paul called himself the chief of sinners (see 1 Timothy 1:15). Perhaps that’s why he appreciated the grace of God so much.

The reason many of us label others by their sin is because it makes us feel better about ourselves. We think: “I may not be perfect, but at least I haven’t done that!” But Paul was explicit: “All have sinned, and come short of the glory of God” (Romans 3:23 KJV).

God doesn’t grade your sins like the legal system, as misdemeanors and felonies. No, you are either in sin or in Christ. You’re either guilty or you are fully forgiven. Not only have your sins – past, present, and future – been atoned for, but at the point of believing faith, God forgave you and credited your account with the righteousness of Christ.

Soul food: Judg 7:1-9:33; Matt 12:15-21; Ps 129; Prov 13:9-10

‘Oornagsukses’ neem gewoonlik baie jare

2026-05-20
Markus 11:24 NLV

Die country-musiekster Randy Travis en sy bestuurder, Lib, onthou die maer dae van sy loopbaan – al 3 650 van julle. Vir tien jaar lank het Lib alles moontlik gedoen om haar klub lank genoeg oop te hou sodat iemand Travis se talent kon ontdek. Randy het sy hart uitgesing. Wanneer hy nie besig was om te sing nie, het hy kos vir die klante gemaak en skottelgoed in die kombuis gewas.

Toe gebeur dit. Sy deurbraak het gekom en skielik het alles begin sin maak. Hy het ‘n treffer genaamd ‘On the Other Hand’ gehad en ‘n albumkontrak, ‘n toeraanbod en ‘n fliekkontrak losgeslaan. Hy was witwarm! Skielik het almal hom ‘n oornagsukses genoem. Randy onthou dit egter anders: ‘Ons is meer as een keer deur elke platemaatskappy in Nashville afgekeur. Ek is egter die soort persoon wat glo dat as jy lank genoeg aan iets werk en aanhou glo, dit vroeër of later sal gebeur.’

Randy Travis het ‘n Amerikaanse musieklegende geword, drie Grammies en sewe Dove-toekennings gewen en is in die Country Music Hall of Fame opgeneem. Dit het egter nie maklik gekom of oornag gebeur nie. Dit het gebeur omdat hy hard gewerk het, getrou deur die moeilike tye gebly het en God vir sy sukses vertrou het.

Jesus het gesê: ‘…alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.’ Jy moet egter die volgende in gedagte hou: Dit sal op God se tyd en volgens sy skedule gebeur. Jou taak is om deur geloof te bly wandel en Hom te vertrou om dit te laat gebeur.

Sielskos: Rig 4-6; Matt 12:1-14; Ps 93; Spr 13:7-8