2026-05-27
Johannes 4:15 NLV
Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar geskinder. Hoekom anders sou sy op die hitte van die middag by die put gaan water haal het? Ander vroue het hul waterkruike met sonsopkoms gaan volmaak, maar hierdie vrou het die hitte van die son bo die hitte van hulle minagting verkies.
As dit nie vir die verskyning van ‘n vreemdeling was nie, sou haar verhaal vir ewig verlore gegaan het. Hy het egter haar lewe binnegekom met ‘n belofte van lewende water wat die dors van haar siel sou les. Hy het vir haar gesê: “…Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.’
Die vrou sê toe vir Hom: ‘Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word en hierheen hoef te kom om water te skep nie’… Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: ‘Kom kyk self – ‘n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie die Messias nie?’… Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die vrou wat met oortuiging kom vertel het: ‘Hy het my alles vertel wat ek gedoen het'” (Johannes 4:13-15, 28, 39 NLV).
Niemand anders wou haar ‘n kans gee nie, maar Jesus het haar die kans van ‘n leeftyd gegee. Wat Hy vir haar gedoen het, sal Hy vir jou ook doen.
Sielskos: Gal 1-3; Matt 13:24-35; Ps 101; Spr 13:20-23
John 4:15 NKJV
She lived in Samaria, had been married five times, and was now living with a man who was not her husband. Maybe gossipers wagged their tongues about her. How else would you explain her midday appearance at the well? Other women fill their buckets at sunrise, but this woman opted for noon, preferring the heat of the sun over the heat of their scorn.
Were it not for the appearance of a stranger, her story would have been lost in the Samaritan sands. But He entered her life with a promise of living water that would quench the thirst of her soul. He wasn’t put off by her past. He told her: “‘Whoever drinks of this water will thirst again, but whoever drinks of the water that I shall give him will never thirst. But the water that I shall give him will become in him a fountain of water springing up into everlasting life.’
The woman said to Him, ‘Sir, give me this water, that I may not thirst’… The woman then left her waterpot, went her way into the city, and said to the men, ‘Come, see a Man who told me all things that I ever did. Could this be the Christ?’ Then they went out of the city and came to Him… And many of the Samaritans of that city believed in Him because of the word of the woman who testified, ‘He told me all that I ever did'” (John 4:13-15, 28-39 NKJV).
No one else was willing to give her a chance, but Jesus gave her the chance of a lifetime. And what He did for her, He will do for you.
Soul food: Gal 1-3; Matt 13:24-35; Ps 101; Prov 13:20-23
2026-05-26
Daniël 10:18 NLV
Elisabeth Elliott skryf in haar boek, A Slow and Certain Light, die volgende: ‘Toe ek in die woude van Ecuador gewoon het, het ek gewoonlik te voet gereis. Paadjies het dikwels deur strome en riviere gelei wat ons moes oorsteek, maar soms was daar ‘n primitiewe brug hoog bo die water wat ons moes oorsteek. Ek het daardie brûe gevrees. Die plaaslike inwoners sou egter sê: ‘Loop net oor, señorita,’ en sou die brug ligvoets en vol selfvertroue oorsteek.
Ek was ook kaalvoet soos hulle, maar dit was nie genoeg nie. Op die brug kon ek nie ophou om na die rivier onder my te kyk nie. Ek was bang ek sou gly. My balans was nog nooit goed nie, dus sou my gids sy hand uitsteek om my te help. Hierdie aanraking was al wat ek nodig gehad het. Ek het myself ophou bekommer dat ek gaan gly. Ek het opgehou om afwaarts na die rivier te kyk en eerder na die gids gekyk, wat my hand met net die geringste aanraking vasgehou het. Wanneer ek die ander kant bereik het, het ek besef dat as ek gegly het, hy my sou vang. Sy teenwoordigheid en sy aanraking, was al wat ek nodig gehad het.’
Dis al wat jy ook nodig het: om God se teenwoordigheid te ervaar en sy aanraking te voel. Daniël het geskryf: “Die een wat soos ‘n mens lyk, het toe weer aan my geraak en my sterk gemaak. ‘Moenie bang wees nie,’ sê hy weer vir my. ‘God is lief vir jou. Wees rustig. Wees sterk.’ Terwyl hy met my gepraat het, het ek sterk geword. Ek het vir hom gesê: ‘Meneer kan maar nou met my praat. Ek is sterk genoeg'” (verse 18-19 NLV).
Sielskos: Rig 19:16-21:25; Matt 13:10-23; Ps 128; Spr 13:17-19
Daniel 10:18 NKJV
In her book A Slow and Certain Light, Elisabeth Elliott wrote: “When I lived in the Forest of Ecuador, I usually traveled on foot… Trails often led through streams and rivers which we had to wade, but sometimes there was a log high above the water which we had to cross. I dreaded those logs and was always tempted to take the steep, hard way down into the ravine and up the other side. But the Indians would say, ‘Just walk across, senorita,’ and over they would go, light-footed and confident.
I was barefoot as they were, but it was not enough. On the log, I couldn’t keep from looking down at the river below. I feared I would slip. I had never been any good at balancing myself… so my guide would stretch out a hand, and the touch of it was all I needed. I stopped worrying about slipping. I stopped looking down at the river or even the log and looked at the guide, who held my hand with only the slightest touch. When I reached the other side, I realized that if I had slipped, he would have held me. His being there, and his touch, were all I needed.”
That’s all you need too: to experience God’s presence and feel His touch. Daniel wrote: “The one having the likeness of a man touched me and strengthened me. And he said… ‘Beloved, fear not! Peace be to you; be strong, yes, be strong!’ So when he spoke to me I was strengthened, and said, ‘Let my lord speak, for you have strengthened me'” (vv. 18-19 NKJV).
Soul food: Judg 19:16-21:25; Matt 13:10-23; Ps 128; Prov 13:17-19
2026-05-25
Markus 6:31 NLV
Een van Satan se taktieke is om ons van die een uiterste na die ander te neem – van luiheid na werksverslaafdheid. Dis belangrik om die verskil tussen ‘n harde werker en ‘n werksverslaafde te verstaan. Harde werkers het die wysheid om perke te stel aan hoeveel hulle gedurende ‘n dag kan doen.
In haar boek, 30 Days to a Stronger, More Confident You, skryf Deborah Smith Pegues: ‘Ek was in ontkenning oor my werksverslawing totdat ek besef het dat ek heelwat van die kenmerkende simptome het: Ek het die meeste van die tyd laat gewerk. Die meeste van my gesprekke het om die probleme by die kantoor gedraai. Ek het selde middagete geneem. Ek was altyd besig om veelvuldige take te verrig; ek het selde enige taak doelgerig uitgevoer. As ek oor die telefoon gepraat het, het ek ook die tyd gebruik om die huis op te ruim. As ek televisie gekyk het, het ek ook papiere georganiseer, en so aan en so meer.
Wanneer ek probeer ontspan het, het ek gedink aan al die dinge wat ek eintlik moes doen. My doenlysie het meer items daarop gehad as wat ek moontlik gedurende ‘n enkele dag kon bereik. Ek was ‘n slaaf van my oortrokke kalender; ek het min of geen tyd vir ontspanning gehad nie. Ander mense het te stadig beweeg. Ek het altyd na die volgende afspraak gejaag. Ek het uitgesien na die toekennings wat ek vir goeie prestasie ontvang het. Vandag probeer ek slegs by die aktiwiteite wat ek voel deel van God se plan vir my lewe is, betrokke raak.’
Dis wonderlike raad! Jesus het vir sy hardwerkende dissipels gesê: ‘…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.’ Sê die Here dieselfde vir jou?
Sielskos: Rig 16:1-19:15; Matt 13:1-9; Ps 45; Spr 13:13-16