God kan die vloek in ‘n seën verander

2026-10-09
Deuteronomium 23:5 NLV

Paulus het vir die Korintiërs gesê: ‘Om hierdie rede gee ons nie moed op nie… Ons swaarkry… bewerk vir ons ‘n heerlikheid…’ (2 Korintiërs 4:16-17 NLV). Jim Stovall het bewys dat dit waar is. Op sewentienjarige ouderdom het sy dokter vir hom gesê dat hy besig is om sy sig te verloor en dat daar niks gedoen kan word om dit om te keer nie. Eerder as om in sak en as te gaan sit, het hy ‘n universiteitsgraad bekom en ook privaat by ‘n baie suksesvolle entrepreneur gestudeer. Sy doelwit was om vir homself ‘n besigheid te bou, selfs al was hy blind, sodat hy sy eie loopbaan en lewe kon bestuur.

Alhoewel hy homself vir blindheid voorberei het, het hy verpletter gevoel toe die dag aanbreek dat hy nie meer kon sien nie. In sy boek, ‘You Don’t Have to Be Blind to See’, het hy geskryf: ‘Al wat ek wou doen, was om in my sitkamer te sit en na musiek te luister.’ Jim het egter diep in sy geloof gedelf en gesê: ‘God het my innerlike oë vir ‘n nuwe idee oopgemaak.’

Hy het ‘n hoogs ongewone veld vir ‘n blinde persoon betree – televisie! Hy het die Narrative Television Network (NTN) gestig om gesiggestremde mense te help. NTN voeg ‘beskrywende vertellings’ by klankbane, sodat luisteraars ‘n program of film kan visualiseer en dit meer kan geniet. NTN saai na meer as 20 miljoen huishouding uit en verbasend genoeg kan sowat 60 persent van hulle gehoor sien. Vir sy werk het Jim televisie se hoogste eerbewys, die Emmy-toekenning, na slegs een seisoen op die lug ontvang! Die woord vir vandag is dus: God kan jou probleem vir jou bewerk en ‘n ‘…vloek in ‘n seën verander…’

Sielskos: Eks 13-15; Joh 3:1-8; Ps 23; Spr 26:10-12

Victory is an ‘inside job’

2026-10-08
2 Corinthians 4:16 NKJV

In 1928, a happy, ambitious young nursing student was diagnosed with tuberculosis. Back then, such a diagnosis often meant a death sentence. Her family sent her to a nursing home for several months, hoping she would be cured. She was destined to remain in bed for the next twenty-one years! Many people would have given up, but not Isabel Smith. She approached the threshold of death on several occasions, but her faith remained strong, and she never ceased to pursue the art of living. She read voraciously, wrote letters, studied geography, and taught other patients to read and write. From her bed she studied atomic energy with a fellow patient, a young physicist, and organised a town hall meeting on the topic.

While ill, she met a kind, gentle man, also a patient at the sanatorium. She dreamed of marrying him and having a little house ‘under the mountains’. At her lowest ebb, her dream kept her going. And in 1948, she got married. She then authored a book called Wish I Might, which was published in 1955. The book was ‘about all the good things life has brought me’, and it earned her enough royalties to buy her the mountain retreat she dreamed of.

A tragic life? Hardly! Isabel Smith achieved everything she set out to achieve, though the odds against her were overwhelming. Even when flat on her back in bed, she never stopped growing, learning, dreaming, and giving. ‘Though our outward man is perishing, yet the inward man is being renewed day by day.’ Victory is an ‘inside job’.

Soul food: Exo 10-12; John 2:12-25; Ps 131; Pro 26:7-9

Oorwinning is ‘n ‘inside job’


2 Korintiërs 4:16 NLV

In 1928 is ‘n gelukkige, ambisieuse jong verpleegstudent met tuberkulose gediagnoseer. Destyds het so ‘n diagnose dikwels ‘n doodsvonnis beteken. Haar familie het haar vir ‘n paar maande na ‘n sanitorium gestuur in die hoop dat sy genees sou word. Sy was egter bestem om vir die volgende een-en-twintig jaar in die bed te bly! Baie mense sou moed opgegee het, maar nie Isabel Smith nie. Sy was ‘n paar keer op die drumpel van die dood, maar haar geloof het sterk gebly en sy het nooit opgehou om positief en met ywer te leef nie. Sy het gulsig gelees, briewe geskryf, aardrykskunde bestudeer en ander pasiënte leer lees en skryf.

Terwyl sy siek was, het sy ‘n vriendelike, sagte man ontmoet wat ook ‘n pasiënt by die sanatorium was. Sy het daarvan gedroom om met hom te trou en in ‘n klein huisie aan die voet van die berge te bly. Op haar laagste het haar droom haar aan die gang gehou. Sy is in 1948 getroud. Sy het toe ‘n boek met die titel ‘Wish I Might’ geskryf, wat in 1955 gepubliseer is. Die boek het gehandel oor ‘al die goeie dinge wat die lewe my gebring het’, en sy het genoeg geld daaruit verdien om die bergtoevlugsoord waarvan sy gedroom het, te koop.

‘n Tragiese lewe? Glad nie! Isabel Smith het alles bereik wat sy wou, alhoewel die kanse teen haar oorweldigend was. Selfs toe sy plat op haar rug in die bed gelê het, het sy nooit ophou groei, leer, droom en gee nie. ‘…Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.’ Oorwinning is ‘n ‘inside job.’

Sielskos: Eks 10-12; Joh 2:12-25; Ps 131; Spr 26:7-9

The rewards of vision and hard work

2026-10-07
Proverbs 13:4 NLT

In the autumn of 1894, Guglielmo retreated to his room on the third floor. All summer while on holiday, he read books and filled notebooks with squiggly diagrams. Now the time had come for him to work. Every day, he rose early. He worked all day and long into the night, to the point that his mother became alarmed. He had never been a robust person, but now he had become appallingly thin. His face was drawn, and his eyes were often glazed over with fatigue.

Finally, the day came when he announced that his instruments were ready. He invited the family to his room and, pushing a button, he succeeded in ringing a bell on the first floor! While his mother was amazed, his father was not. He saw no use in being able to send a signal so short a distance. So Guglielmo laboured on.

Little by little, he made changes in his sending circuits so he could send a signal from one hill to the next and then beyond the hill. Eventually his invention was perfected – partly due to vision and inspiration, but mostly due to perseverance. Guglielmo Marconi was eventually hailed as the inventor of wireless telegraphy, radio’s forerunner. He not only received a Nobel Prize in physics but also acquired a seat in the Italian senate.

If you want what successful people have, you must be willing to do what successful people do. And 99 per cent of their success is due to vision and hard work. ‘Lazy people want much but get little, but those who work hard will prosper.’

Soul food: Exo 7-9; John 2:1-11; Ps 29; Pro 26:4-6

Die beloning vir visie en harde werk


Spreuke 13:4 NLV

In die herfs van 1894 het Guglielmo hom in sy kamer op die derde verdieping afgesonder. Die hele somer terwyl hy met vakansie was, het hy boeke gelees en notaboeke met kronkelende diagramme vol geskryf. Nou het die tyd vir hom aangebreek om te werk. Elke dag het hy vroeg opgestaan. Hy het heeldag en tot laat in die nag gewerk, soveel so dat sy moeder bekommerd oor hom begin raak het. Hy was nog nooit ‘n sterk persoon nie, maar nou het hy verskriklik maer geword en sy oë was dikwels glaserig van moegheid.

Uiteindelik het die dag aangebreek om sy werk ten toon te stel. Hy het die gesin na sy kamer genooi en deur ‘n knoppie te druk, het hy daarin geslaag om ‘n klokkie op die eerste verdieping te laat lui! Sy ma was beïndruk, maar nie sy pa nie. Hy het geen nut daarin gesien om ‘n sein oor so kort afstand te kan stuur nie. Dus het Guglielmo aanhou werk.

Bietjie vir bietjie het hy veranderinge aangebring totdat hy ‘n sein van een heuwel na die volgende en dan selfs verder as die heuwel kon stuur. Uiteindelik is sy uitvinding vervolmaak – deels danksy visie en inspirasie, maar meestal danksy deursettingsvermoë. Guglielmo Marconi is uiteindelik as die uitvinder van draadlose telegrafie, die voorloper van die radio, beskou. Hy het nie net ‘n Nobelprys vir fisika ontvang nie, maar ook ‘n setel in die Italiaanse senaat verwerf.

As jy wil hê wat suksesvolle mense het, moet jy bereid wees om te doen wat suksesvolle mense doen. 99 persent van hul sukses is egter aan visie en harde werk te danke. ‘Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer.’

Sielskos: Eks 7-9; Joh 2:1-11; Ps 29;Spr 26:4-6