Developing a spiritual mindset

2026-06-06
Romans 8:5 NIV

Muscle memory isn’t stored in your muscles. It’s a procedural memory that is stored in your brain any time you repeat a muscle movement. Whether it’s putting a golf ball or playing a violin, the muscle memory becomes stronger the more it is repeated. Have you heard about the 10,000-hour rule? Psychologists say that’s the amount of time it takes to become an expert at anything. That’s encouraging because it means anybody can do it, but it’s discouraging because it means there are no shortcuts, no matter how smart or gifted you are.

Just like a foreign language, developing a spiritual mindset is a learning curve. Can you imagine being frustrated on the first day of a foreign language class because you aren’t fluent? That’s how we often feel when we aren’t fluent in prayer, or strong in faith, or disciplined in our habits. Psalm 84:7 says we “go from strength to strength” (NIV). You’ll be working on this for the rest of your life, one day at a time. You’ll keep benchmarking. Your faith ceiling becomes your faith floor.

And make no mistake about it – those spiritual disciplines accrue compound interest. And they pay off in terms of joy, fulfillment, and power with God. “Those who live according to the flesh have their minds set on what the flesh desires; but those who live in accordance with the Spirit have their minds set on what the Spirit desires. The mind governed by the flesh is death, but the mind governed by the Spirit is life and peace” (Romans 8:5-6 NIV).

Soul food: Eze 14:1-16:52; Matt 16:1-12; Ps 1; Prov 14:29-32

Ontwikkel ‘n geestelike denkwyse


Romeine 8:5 NLV

‘Muscle memory’ word nie in jou spiere gestoor nie. Dis ‘n geheue wat in jou brein gestoor word elke keer wanneer jy ‘n spierbeweging herhaal. Of dit nou ‘n gholfhou of viool speel is, die ‘muscle memory’ word sterker hoe meer dit herhaal word. Het jy al gehoor van die 10 000-uur-reël? Sielkundiges sê dis hoeveel tyd dit neem om ‘n kenner op enige gebied te word. Dis bemoedigend, want dit beteken enigiemand kan dit doen, maar dis ontmoedigend, want dit beteken daar is geen kortpaaie nie, maak nie saak hoe slim of begaafd jy is nie.

Net soos ‘n vreemde taal, is die ontwikkeling van ‘n geestelike denkwyse ‘n leerkurwe. Kan jy jou voorstel om gefrustreerd te wees op die eerste dag wat jy ‘n ander taal begin leer, omdat jy nog nie die taal vlot kan praat nie? Dis hoe ons dikwels voel wanneer ons nie vlot in gebed, of sterk in geloof, of gedissiplineerd in ons gewoontes is nie. Psalm 84:8 (NLV) sê ons ‘…kragte sal vermeerder…’ Jy sal hieraan vir die res van jou lewe, een dag op ‘n slag, moet werk. Jy sal jou vordering moet aanhou meet.

Moenie ‘n fout maak nie – hierdie geestelike dissiplines bou saamgestelde rente op. Hierdie rente word in terme van vreugde, vervulling en krag van God, uitbetaal. ‘Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word – hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge. Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak. As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede’ (Romeine 8:5-6 NLV).

Sielskos: Eseg 14:1-16:52; Matt 16:1-12; Ps 1; Spr 14:29-32

How to conquer your Jericho (2)

2026-06-05
Joshua 5:2 NKJV

Before conquering Jericho, God told Joshua to “circumcise the sons of Israel again the second time.” Six hundred years earlier, God had inaugurated the practice of male circumcision. He told Abraham that it would be “a sign of the covenant between Me and you” (Genesis 17:11 NKJV). What was the message here? Remember whose you are!

In a sense, all believers have been circumcised. Paul wrote, “When you came to Christ, he set you free from your evil desires, not by a bodily operation of circumcision but by a spiritual operation” (Colossians 2:11 TLB). That means you are now God’s child (John 1:12); Christ’s friend (John 15:15); a member of Christ’s body (1 Corinthians 12:27); a saint (Ephesians 1:1); redeemed and forgiven of all your sins (Colossians 1:14); complete in Christ, lacking in nothing (Colossians 2:10); free from condemnation (Romans 8:1-2); God’s co-worker (2 Corinthians 6:1); seated with Christ in the heavenly realm (Ephesians 2:6); God’s workmanship (Ephesians 2:10); a citizen of heaven (Philippians 3:20); adopted into God’s family (Ephesians 1:5); born of God, and the evil one cannot touch you (1 John 5:18).

Again, Paul wrote: “Consider yourselves to be dead to the power of sin and alive to God” (Romans 6:11 NLT). So when the devil draws near, stand up to him and say: “What are you doing here? I am dead to you!” Don’t stand for his accusations, and don’t cower at his attacks. When he dredges up your past mistakes, tell him who you are “in Christ” (2 Corinthians 5:17). He has no recourse to this truth. He knows who you are. He just hopes you don’t or that you’ll forget.

Soul food: Eze 10-13; Matt 15:29-39; Ps 129; Prov 14:25-28

Hoe om jou Jerigo te oorwin (2)


Josua 5:2 NLV

Voordat die Israeliete Jerigo verower het, het God vir Josua gesê om die Israeliete vir ‘n tweede keer te besny. Seshonderd jaar tevore het God die praktyk van manlike besnydenis ingestel. Hy het vir Abraham gesê dat dit ‘…’n teken dat julle my verbond nakom’ (Genesis 17:11 NLV), sou wees. Wat was God se bedoeling met die tweede besnydenis? Jy moet onthou aan wie jy behoort!

In ‘n sekere sin is alle gelowiges besny. Paulus het geskryf: ‘Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ‘n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis wat Christus bewerk. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van jou sondige geaardheid’ (Kolossense 2:11 NLV). Dit beteken dat jy nou God se kind (Johannes 1:12); Christus se vriend (Johannes 15:15); ‘n lid van Christus se liggaam (1 Korintiërs 12:27); verlos en vergewe van al jou sondes (Kolossense 1:14); een met Christus (Kolossense 2:10); vry van veroordeling (Romeine 8:1-2); God se medewerker (2 Korintiërs 6:1); saam met Christus in die hemel gesetel (Efesiërs 2:6); God se handewerk (Efesiërs 2:10); ‘n burger van die hemel (Filippense 3:20); aangeneem in God se familie (Efesiërs 1:5); en uit God gebore en bewaar van die bose (1 Johannes 5:18), is.

Weer eens skryf Paulus: ‘Julle moet dus ook verseker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle één is met Christus’ (Romeine 6:11 NLV). Wanneer die duiwel dus naby jou kom, moenie sy beskuldigings verduur nie en moenie vir sy aanvalle terugdeins nie. Wanneer hy jou vorige foute ophaal, vertel hom wie jy in Christus is (sien 2 Korintiërs 5:17). Hy het geen verweer teen hierdie waarheid nie. Hy weet wie jy is. Hy hoop net dat jy dit nie weet nie, of dat jy dit sal vergeet.

Sielskos: Eseg 10-13; Matt 15:29-39; Ps 129; Spr 14:25-28

Hoe om jou Jerigo te oorwin (1)

2026-06-04
Josua 4:7 NLV

Jerigo was die sterkste stad in die Beloofde Land en die eerste stad wat Josua se leër moes verower. Omdat Jerigo se mure ondeurdringbaar gelyk het, sou dit intimiderend vir enige voornemende indringer voorgekom het. Daarom het God vir sy mense gesê om te onthou en op te teken wat Hy in die verlede vir hulle gedoen het. Hy het gesê: ‘Kies twaalf mans uit die volk, een uit elke stam en sê vir hulle: ‘Kry twaalf klippe uit die middel van die Jordaan’… by Gilgal het Josua die twaalf klippe… opmekaargestapel’ (Josua 4:2-3, 20 NLV). Josua het dit ter herinnering toe God die water van die Jordaan geskei het, opgerig.

Een van jou beste wapens teen Satan se aanvalle is ‘n goeie geheue. Moenie een van God se seëninge vergeet nie! Die psalmdigter sê: ‘Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond. Hy red my uit die kloue van die dood… Die Here oorlaai my met al die goeie dinge in die lewe… Die Here help almal wat onderdruk word. Hy is goed’ (Psalm 103:3-6 DB).

Skep ‘n trofeekamer in jou hart. Elke keer as jy ‘n oorwinning ervaar, plaas daardie herinnering op ‘n rak. Voordat jy ‘n uitdaging in die gesig staar, neem ‘n vinnige toer van die prestasies wat God namens jou bereik het. Kyk na al die salarisstrokies wat Hy voorsien het, die seëninge wat Hy gegee het en die gebede wat Hy verhoor het. ‘Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot’ (Klaagliedere 3:21-23 AFR83).

Sielskos: Eseg 5-9; Matt 15:15-28; Ps 124; Spr 14:21-24