Rest in your redemption

2026-07-15
Joshua 3:10 NKJV

As the Jordan River swelled to a mile in width, crossing it was no small task. Especially with millions of people! God said, “Go over this Jordan, you and all this people” (Joshua 1:2 NKVJ). Do you think they were scared? Would you have been? “The feet of the priests who bore the ark dipped in the edge of the water” (Joshua 3:15 NKJV). It was the smallest of steps, but with God, the smallest step of faith can activate the mightiest of miracles.

As they touched the water, the flow stopped as if someone had shut off the water main. Next, we read: “All Israel crossed over on dry ground” (v. 17 NKJV). By performing this miracle, God wanted them to know: “By this you shall know that the living God is among you.” For Joshua’s people, assurance came as they stood on dry land looking back at the Jordan.

For us, assurance comes as we stand on the finished work of Christ and look back at the cross. Let the cross convince you. Be settled about God’s faithfulness. The psalmist describes a person of faith this way: “He is settled in his mind that Jehovah will take care of him” (Psalm 112:7 TLB).

Life has many unanswered questions, but God’s promise to save you needn’t be one of them. “He who did not spare His own Son, but delivered Him up for us all, how shall He not with Him also freely give us all things?” (Romans 8:32 NKJV). Rest in your redemption. The past is past. Your future is bright.

Soul food: Eph 1:1-4:16; Matt 26:47-56; Ps 118:19-29; Pro 18:10-12

Rus in jou verlossing


Josua 3:10 NLV

Dit was geen geringe taak om die Jordaanrivier, wat op plekke tot ‘n myl breed was, oor te steek nie. Veral nie met ‘n miljoen mense wat jou volg nie! God het gesê: ‘…jy [moet] gereedmaak om my volk deur die Jordaanrivier te lei…’ (Josua 1:2 NLV). Dink jy hulle was bang? Sou jy gewees het? ‘Die priesters wat die ark dra, het… hulle voete in die vlak water [ge]sit…’ (Josua 3:15 NLV). Dit was ‘n klein treetjie, maar God kan die kleinste treetjie van geloof in die magtigste wonderwerk omskep.

Toe die priesters se voete die water raak, het die water begin opdam asof iemand die kraan toegedraai het. Vervolgens lees ons: ‘…Almal van Israel het deur die droë bedding gegaan…’ (vers 17 NLV). Deur hierdie wonderwerk te verrig, wou God hê Israel moet weet: ‘…Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is…’ Israel het hierdie werklikheid besef toe hulle op droë grond gestaan en na die Jordaan teruggekyk het.

Ons besef hierdie werklikheid wanneer ons op die voltooide werk van Christus staan en na die kruis terugkyk. Laat die kruis jou oortuig. Wees seker van God se getrouheid. Die Psalmdigter beskryf ‘n persoon van geloof as volg: ‘…hy is gerus, hy vertrou op die Here’ (Psalm 112:7).

Die lewe het baie onbeantwoorde vrae, maar jy hoef nie aan God se belofte om jou te verlos, te twyfel nie. ‘As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie’ (Romeine 8:32 NLV). Rus in jou verlossing. Die verlede is verby. Jou toekoms blink.

Sielskos: Ef 1:1-4:16; Matt 26:47-56; Ps 118:19-29; Spr 18:10-12

The importance of daily prayer

2026-07-14
Isaiah 41:10 NKJV

Dr. George Washington Carver overcame racial prejudice and became an educator, scientist, and inventor who was honoured by the U.S. Congress. He was also a follower of Christ. And here’s what he had to say about prayer: “My prayers seem to be more of an attitude than anything else. I indulge in very little lip service, but ask the Great Creator silently, daily, and often many times a day to permit me to speak to Him… I ask Him… to give me wisdom, understanding, and bodily strength to do His will; hence I am asking and receiving all the time.”

Carver gave the world many inventions and was most famous for what he could do with a peanut. He stood on the truth of these Scriptures: “I will go before you and make the crooked places straight” (Isaiah 45:2 NKJV). “Call to Me, and I will answer you, and show you great and mighty things, which you do not know” (Jeremiah 33:3 NKJV). “Fear not, for I am with you; be not dismayed, for I am your God. I will strengthen you, yes, I will help you, I will uphold you with My righteous right hand” (Isaiah 41:10 NKJV).

Pay particular attention to Carver’s words: “I am asking and receiving all the time.” Prayer was not his last resort, but his first choice. To him, it was more than religious ritual; it was a means of constant communication with the God he loved, sometimes talking and sometimes listening, but at all times sensitive to and aware of the presence of God. And daily prayer should be that for you too.

Soul food: Obad; Mal 1-4; Matt 26:36-46; Ps 118:10-18; Pro 18:7-9

Die belangrikheid van daaglikse gebed


Jesaja 41:10 NLV

Dr George Washington Carver het rassevooroordeel oorkom en ‘n opvoedkundige, wetenskaplike en uitvinder geword wat deur die Amerikaanse Kongres vereer is. Hy was ook ‘n volgeling van Christus. Hy het die volgende oor gebed gesê: ‘My gebede is meer van ‘n lewenswyse as enigiets anders. Ek vra die Groot Skepper stilweg, daagliks en dikwels, verskeie keer per dag vir toestemming om met Hom te praat. Ek vra Hom om vir my wysheid, begrip en liggaamlike krag te gee om sy wil te doen; ek vra en ontvang dus heeltyd.’

Carver het baie uitvindings in die wêreld uitgestuur en was veral bekend vir uitvindings wat met grondboontjies te doen gehad het. Hy het op die waarheid van die volgende Skrifgedeeltes gestaan: ‘Ek sal voor jou uitgaan en berge gelyk maak…’ (Jesaja 45:2 NLV). ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel…’ (Jeremia 33:3 NLV). ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek hou jou vas met my reddende regterhand’ (Jesaja 41:10 NLV).

Gee besondere aandag aan Carver se woorde: ‘Ek vra en ontvang dus heeltyd.’ Gebed was nie sy laaste uitweg nie, maar sy eerste keuse. Vir hom was dit meer as ‘n godsdienstige ritueel; dit was ‘n wyse om voortdurend met die God wat hy liefgehad het te kommunikeer, deur soms te praat en soms te luister, maar ten alle tye sensitief en bewus van die teenwoordigheid van God te wees. Daaglikse gebed behoort dieselfde vir jou te beteken.

Sielskos: Obad; Mal 1-4; Matt 26:36-46; Ps 118:10-18; Spr 18:7-9

Wees ‘n spanspeler

2026-07-13
Prediker 4:12 NLV

Salomo het geskryf: ‘En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.’ Met ander woorde, wees ‘n spanspeler. In Deuteronomium 32:30 lees ons van een persoon wat 1 000 mense laat vlug het en twee persone wat 10 000 mense op die vlug laat slaan het. Dit beteken dat twee persone wat saamwerk, tien keer effektiewer is as een enkele persoon. Spanne skep sinergie. Die beste verduideliking van sinergie is dat ‘n hand effektiewer is as vyf vingers wat onafhanklik van mekaar werk.

Toe die pers vir Edmund Hillary vra wat sy sleutel tot sukses is nadat hy die eerste persoon was om die piek van Mount Everest te bereik, was sy reaksie inspirerend: ‘Ons grootste sterkpunt in 1953 op Everest was ons baie sterk spangees. Individueel, as bergklimmers, was ons nie besonder kundige mense nie. Ons was bekwame klimmers, maar ons het saamgewerk en ons was vasbeslote dat iemand bo moes uitkom. Ons almal wou natuurlik daardie persoon wees om dit te doen, maar dit was selfs belangriker dat iemand in die groep die kruin moet bereik. Deesdae is hierdie spangees nie meer so algemeen nie. Daar is baie meer prima donnas in die moderne klimgemeenskap, mense wat oor groot vaardighede en groot individualisme beskik, maar wat dalk nie so entoesiasties saamwerk soos ons nie.’

Die waarheid is dat geen individu so slim en sterk is soos wanneer ons almal as ‘n groep saamwerk nie. Dr John Maxwell stel dit as volg: ‘Teamwork makes the dream work.’ Wees dus bereid om jou persoonlike agenda vir die tipe sukses wat slegs deur ‘n span bereik kan word, op te offer.

Sielskos: 2 Sam 22:31-24:25; Matt 26:26-35; Ps 118:1-9; Spr 18:4-6