Jy moet weet wie jy is

2026-07-28
Efesiërs 2:10 NLV

‘n Boer het eenkeer ‘n jong arend gevang, hom huis toe gebring en tussen sy hoenders en kalkoene grootgemaak. Vyf jaar later het ‘n natuurkenner hom kom besoek en die voël gesien. ‘Dis ‘n arend, nie ‘n hoender nie!’ het hy gesê. ‘Ja,’ het die boer gesê, ‘maar ek het hom grootgemaak om ‘n hoender te wees.’ Die natuurkenner het gesê: ‘Hy het ‘n vlerkspan van vyftien voet. Dis ‘n arend!’ Die boer het geantwoord: ‘Maar hy sal nooit vlieg nie.’ Die natuurkenner het nie saamgestem nie en hulle het besluit om hul argument op die proef te stel.

Eers het die natuurkenner die arend opgetel en gesê: ‘Jy is ‘n arend; jy hoort in die lug en nie op hierdie aarde nie; strek jou vlerke uit en vlieg.’ Die arend het die hoenders onder hom gesien en afgespring. Die volgende dag het die natuurkenner die arend na die bokant van die huis geneem, dieselfde ding gesê en die arend laat gaan. Weer eens het hy die hoenders onder op die werf gewaar en afgefladder om by hulle aan te sluit om te eet.

‘Nog een probeerslag,’ het die natuurkenner gesê. Hy het die arend teen ‘n berg opgeneem. Die bewerige voël het rondgekyk en toe het die natuurkenner dit in die son laat kyk. Toe die natuurkenner weer vir die voël sy ware identiteit vertel het, het die arend skielik sy vlerke uitgestrek, ‘n magtige krys gegee en weggevlieg om nooit weer terug te keer nie.

Jy moet weet wie God jou geskep en geroep het om te wees. Dit vind in die regte omgewing, tussen die regte geselskap en met die regte insette, plaas. ‘…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’

Sielskos: 1 Kro 1-2; Mark 1:9-20; Ps 78:1-8; Spr 19:21-23

Wees ‘n ‘ek kan’ persoon

2026-07-27
Filippense 4:13 NLV

Mense het erge weerstand gebied teen uitvindings wat ons deesdae as alledaags beskou en elke dag geniet. In Duitsland het ‘kundiges’ gesê dat as treine so vinnig as vyftien tot twintig myl per uur sou ry – wat as ‘n skrikwekkende spoed beskou is – bloed uit die reisigers se neuse sou stroom en passasiers sou versmoor wanneer hulle deur tonnels gaan. In Amerika het kenners gesê die bekendstelling van die spoorlyn sou veroorsaak dat baie nuwe inrigtings vir kranksinniges gebou sou moes word, aangesien mense mal van vrees by die aanskoue van die lokomotiewe sou word.

Toe die idee van ysterskepe die eerste keer voorgestel is, het kenners daarop aangedring dat hulle nie sou kon dryf nie, dat dit moeilik sou wees om die ysterbodem teen roes te bewaar en dat yster kompaslesings sou verwar. In 1797, toe die eerste gietysterploeg uitgevind is, het boere in New Jersey dit verwerp en gesê dat die gietyster die grond sou vergiftig en die groei van onkruid sou stimuleer. Toe die YMCA in New York die uitvinding van die tikmasjien verwelkom en tiklesse vir vroue aangekondig het, het protesoptogte plaasgevind omdat daar geglo is dat die vroulike konstitusie onder die druk daarvan sou ineenstort.

Kyk nou na die volgende stellings, wat elkeen die produk van ‘n negatiewe denkwyse was: 1) ‘Vlieënde masjiene wat swaarder as lug is, is onmoontlik’ (Lord Kelvin, President, Royal Society, 1895). 2) ‘Die mens sal nooit die krag van die atoom benut nie’ (Robert Millikan, Nobelpryswenner in fisika, 1923). 3) ‘Alles wat uitgevind kan word, is al uitgevind’ (Charles H. Duell, Direkteur van die Amerikaanse Patentkantoor, 1899). As jy groot dinge wil bereik en deur God gebruik wil word, moet jy ‘n ‘ek kan’ persoon wees.

Sielskos: Esra 9-10; Mark 1:1-8; Ps 46; Spr 19:18-20

Be an “I can” person


Philippians 4:13 NKJV

Consider these examples of resistance to inventions that we now consider commonplace and enjoy every day: In Germany, “experts” said that if trains went as fast as fifteen to twenty miles an hour – considered a frightful speed – blood would spurt from the travelers’ noses and passengers would suffocate when going through tunnels. In America, experts said the introduction of the railroad would require the building of many insane asylums, since people would be driven mad with terror at the sight of the locomotives.

When the idea of iron ships was first proposed, experts insisted that they would not float, it would be difficult to preserve the iron bottom from rust, and that iron would play havoc with compass readings. In 1797, when the first cast-iron plow was invented, farmers in New Jersey rejected it, saying the cast iron would poison the ground and stimulate the growth of weeds. When the YMCA in New York welcomed the invention of the typewriter and announced typing lessons for women, protests erupted on the grounds that the female constitution would break down under the strain.

Now consider these statements, each of which is a product of a negative mindset: (1) “Heavier-than-air flying machines are impossible” (Lord Kelvin, President, Royal Society, 1895). (2) “Man will never tap the power of the atom” (Robert Millikan, Nobel Prize winner in physics, 1923). (3) “Everything that can be invented has been invented” (Charles H. Duell, U.S. Patent Office Director, 1899). If you want to accomplish great things and be used by God, become an “I can” person.

Soul food: Ezra 9-10; Mark 1:1-8; Ps 46; Pro 19:18-20

God has different ways to get you there

2026-07-26
Proverbs 20:24 NLT

Marian wanted to become a concert singer, a challenge that was doubly difficult because of the colour of her skin. Her mother, however, had a patient trust in God. Marian later said, “Mother’s religion made her believe she could receive what was right for her if she was conscientious in her faith. If it did not come, it was because God had not considered it right for her. We grew up in this atmosphere of faith that she created… We believed as she did, because we wanted the same kind of haven in the time of storm.”

When Marian was denied admission to a famous music conservatory on account of her race, her mother said, “Someone would be raised up” to help her accomplish what she hoped to do at the conservatory. That someone arrived a few weeks later. One of Philadelphia’s outstanding voice teachers, Giuseppe Boghetti, made room for her to become one of his students. And Marian Anderson was on her way to becoming one of the most popular singers of the twentieth century. On Easter Sunday in 1939, she sang to seventy-five thousand people at the Lincoln Memorial and gave a performance never to be forgotten by those present.

Solomon said these two things about God’s guiding hand in our lives: (1) “The Lord directs our steps, so why try to understand everything along the way?” (2) “Trust in the Lord with all your heart; do not depend on your own understanding. Seek his will in all you do, and he will show you which path to take” (Proverbs 3:5-6 NLT).

Soul food: Eze 37:1-14; Matt 27:50-53; Eph 1:18-21

God het verskillende maniere om jou daar te kry


Spreuke 20:24 NLV

Marian wou ‘n konsertsangeres word, ‘n uitdaging wat twee keer so moeilik as gevolg van haar velkleur was. Haar ma het egter ‘n geduldige vertroue in God gehad. Marian het later gesê: ‘Ma het geglo dat sy dit wat reg is vir haar sal ontvang, mits sy pligsgetrou in haar geloof is. As sy iets nie ontvang het nie, was dit omdat God dit nie as reg vir haar beskou het nie. Ons het in hierdie atmosfeer van geloof wat sy geskep het grootgeword. Ons het geglo soos sy, want ons wou dieselfde soort hawe in storms hê.’

Toe Marian toelating tot ‘n bekende musiekkonservatorium weens haar ras geweier is, het haar ma gesê dat iemand oor haar pad sou kom om haar te help om dit wat sy by die konservatorium wou doen, te bereik. Daardie iemand het ‘n paar weke later opgedaag. Een van Philadelphia se vooraanstaande sangonderwysers, Giuseppe Boghetti, het plek vir haar om een van sy studente te word, gemaak. Marian Anderson was op pad om een van die gewildste sangers van die twintigste eeu te word. Op Paassondag, 1939, het sy voor vyf-en-sewentigduisend mense by die Lincoln-gedenkteken gesing en ‘n optrede gelewer wat nooit deur die aanwesiges vergeet sou word nie.

Salomo het hierdie twee dinge oor God se leidende hand in ons lewens gesê: 1) ‘Die Here bepaal ‘n mens se lewe. Hoe kan ‘n mens verstaan wat met hom moet gebeur?’ 2) ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:5-6 NLV).

Sielskos: Eseg 37:1-14; Matt 27:50-53; Ef 1:18-21