2026-08-02
Eksodus 33:14 NLV
Nicholas Herman was ‘n kok in ‘n klooster. Hy was bekommerd of hy werklik gered was of nie. Eendag, terwyl hy na ‘n boom gekyk het, het hy die waarheid van die Psalmdigter se woorde besef – dat dit in iets anders en dieper as homself gewortel moes wees (sien Psalm 1:1-3). Daardie dag het hy besluit om sy lewe ‘n eksperiment te maak in wat hy ‘n ‘voortdurende stille, geheime gesprek van die siel met God,’ genoem het.
Hy is vandag onder die nuwe naam wat sy vriende hom gegee het, bekend: Broer Lawrence. Hy het sy hele lewe lank onbekend gebly en die res van sy dae in die kloosterkombuis deurgebring. Die mense rondom hom het egter gevind dat riviere van lewende water uit hom gevloei het, wat hulle laat begeer het om God ook te ken soos hy Hom geken het. ‘Die goeie broer het God oral gevind,’ het een van hulle geskryf, ‘net soveel wanneer hy gekook het, as wat hy saam met die gemeenskap gebid het.’
Nadat Broer Lawrence gesterf het, het sy vriende ‘n boek van sy briewe en gesprekke saamgestel. Dit word Die Beoefening van God se Teenwoordigheid genoem en word as een van die mees geleesde boeke van die afgelope vier eeue beskou. Hierdie kok se boek het baie gewilde kontemporêre romanskrywers oortref, en sy boek is steeds op topverkoperlyste.
Broer Lawrence het gesê: ‘Die heiligste en noodsaaklikste praktyk in ons geestelike lewe is die teenwoordigheid van God. Dit beteken om voortdurend bevrediging in sy goddelike geselskap te vind, nederig en liefdevol met Hom in alle seisoene, in elke oomblik te praat, sonder om die gesprek op enige manier te beperk.’
Sielskos: Spr 24:17; Matt 5:43-48; Luk 6:27-36
2026-08-01
James 5:7 NKJV
When it comes to Christ’s return, five questions arise:
(1) What is the Lord’s coming? It’s the fulfillment of His promise: “In My Father’s house are many mansions… I go to prepare a place for you. And… I will come again and receive you to Myself; that where I am, there you may be also” (John 14:2-3 NKJV).
(2) Whose coming is it? Christ’s! When He ascended back to heaven, an angel announced: “This same Jesus, who was taken up from you into heaven, will so come in like manner as you saw Him go into heaven” (Acts 1:11 NKJV).
(3) Why is Jesus coming back? His first coming was as the suffering servant who died on the cross for our sins. His second coming is to usher in a time of peace on earth and an eternity in His presence. His first coming, He dwelt with us for a while. At His second coming, He will take us to dwell with Him forever.
(4) Where is His coming? “The Lord Himself will descend from heaven with a shout, with the voice of an archangel, and with the trumpet of God. And the dead in Christ will rise first. Then we who are alive and remain shall be caught up together with them in the clouds to meet the Lord in the air” (1 Thessalonians 4:16-17 NKJV).
(5) When is He coming? Jesus said, “Of that day and hour no one knows, not even the angels of heaven, but My Father only” (Matthew 24:36 NKJV). If you’re wise, you’ll live each day as if Christ could return at any moment – because He could!
Soul food: 1 Chr 7:20-9:44; Mark 2:13-22; Ps 78:40-55; Pro 20:4-6
Jakobus 5:7 NLV
Wanneer ons aan Christus se wederkoms dink, ontstaan daar vyf vrae:
1) Wat behels die Here se koms? Dit is die vervulling van sy belofte: ‘In die huis van my Vader is daar sommer baie kamers… Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan het en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is’ (Johannes 14:2-3 NLV).
2) Wie se koms is dit? Christus s’n! Toe Hy terug na die hemel opgevaar het, het ‘n engel aangekondig: ‘…Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het’ (Handelinge 1:11 NLV).
3) Waarom kom Jesus terug? Sy eerste koms was as die lydende dienaar wat aan die kruis vir ons sondes gesterf het. Sy tweede koms is om ‘n tyd van vrede op aarde en ‘n ewigheid in sy teenwoordigheid in te lui.
4) Waar sal sy koms plaasvind? ‘Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ‘n bevel gee wat soos ‘n trompet van God klink. Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees’ (1 Tessalonisense 4:16-17 NLV).
5) Wanneer kom Hy? Jesus het gesê: ‘Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader’ (Matteus 24:36 NLV). As jy wys is, sal jy elke dag leef asof Christus enige oomblik kan terugkeer – want Hy kan!
Sielskos: 1 Kro 7:20-9:44; Mark 2:13-22; Ps 78:40-55; Spr 20:4-6
2026-07-31
Psalm 71:5-6 NLV
Hier is ‘n paar Skrifgedeeltes wat selfvertroue bou en wat jy elke dag moet lees, memoriseer, bid en op staan:
1) ‘Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang!’ (2 Petrus 1:3 NLV).
2) ‘Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister. As ons dan met die wete leef dat Hy na ons luister, na wat ons ook al vra, weet ons ook dat Hy die versoek wat ons gevra het, sal toestaan’ (1 Johannes 5:14-15 NLV).
3) ‘Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…’ (2 Kronieke 16:9 NLV).
4) ‘Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting in Hom stel. Hulle is soos bome wat langs ‘n rivier staan, hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, hulle blare bly groen. Lang maande van droogte pla hulle ook nie, hulle hou nie op om vrugte te dra nie’ (Jeremia 17:7-8 NLV).
5) ‘Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (Hebreërs 4:16 NLV).
6) “Daarom kan ons moed skep en antwoord: ‘Die Here is my hulp. Daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan nietige mensies my aandoen?'” (Hebreërs 13:6 NLV).
7) ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV).
Sielskos: 1 Kro 6:1-7:19; Mark 2:1-12; Ps 78:32-39; Spr 20:1-3
Psalm 71:5-6 NIV
Here are some confidence-building Scriptures you should read, memorize, pray, and stand on each day:
(1) “His divine power has given us everything we need for a godly life through our knowledge of him who called us by his own glory and goodness” (2 Peter 1:3 NIV).
(2) “This is the confidence we have in approaching God: that if we ask anything according to his will, he hears us. And if we know that he hears us – whatever we ask – we know that we have what we asked of him” (1 John 5:14-15 NIV).
(3) “The eyes of the Lord range throughout the earth to strengthen those whose hearts are fully committed to him” (2 Chronicles 16:9 NIV).
(4) “Blessed is the one who trusts in the Lord, whose confidence is in him. They will be like a tree planted by the water that sends out its roots by the stream. It does not fear when heat comes; its leaves are always green. It has no worries in a year of drought and never fails to bear fruit” (Jeremiah 17:7-8 NIV).
(5) “Let us then approach God’s throne of grace with confidence, so that we may receive mercy and find grace to help us in our time of need” (Hebrews 4:16 NIV).
(6) “We say with confidence, ‘The Lord is my helper; I will not be afraid. What can mere mortals do to me?'” (Hebrews 13:6 NIV).
(7) “Being confident of this, that he who began a good work in you will carry it on to completion until the day of Christ Jesus” (Philippians 1:6 NIV).
Soul food: 1 Chr 6:1-7:19; Mark 2:1-12; Ps 78:32-39; Pro 20:1-3