Jou stiltetyd (3)

2024-12-30
Psalm 119:107 NLV

Toe alles in die Psalmdigter se lewe uitmekaar begin val het, het hy gebid: ‘…Vernuwe my lewe volgens u woord.’ Dis wat jou stiltetyd met God doen. Hoekom het ons dus nie ‘n gereelde stiltetyd met God nie? Twee redes:

1) Ons dink ons stiltetyd moet ‘n lang tyd neem. Begin klein. Bespreek vyf minute om jou Bybel oop te maak en oor ‘n kort gedeelte van die Skrif te mediteer. Gesels met God daaroor. Vertel vir Hom jou behoeftes en vra die Heilige Gees om jou deur die hele dag te lei. Goeie Nuus! Jy het so pas ‘n stiltetyd ervaar! Herhaal dit môre. Soos jou geestelike eetlus groter word, sal jy agterkom dat jy meer tyd daarvoor eenkant sit – tien minute, dan twintig en dan al hoe langer.

2) Ons dink ons stiltetyd moet vry van alle geraas wees! In plaas daarvan om die gewoel en rumoer te vermy, wil Jesus daar met jou in verbinding tree. Begin kreatiewe maniere kry om die hele dag lank in verbinding met die Here te tree. Luister na lofsange terwyl jy die huis skoonmaak en sing saam. Bid in die Gees. Dink aan verskillende verse in die Skrif. ‘Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here…’ (Kolossense 3:23 NLV).

Luister na die Bybel terwyl jy bestuur – daar is uitstekende toeps beskikbaar. Bid terwyl jy oefen – ontwikkel jou geestelike spiere! Neem God uit vir ‘n koffie – doen jou Bybelstudie by ‘n koffiewinkel. Gaan stap saam met Jesus – bid vir ander mense en dank God vir die natuur se skoonheid. Verwelkom Hom in jou roetine en die alledaagse sal in heilige oomblikke verander. Gee die Heilige Gees toestemming om jou te onderbreek en doen dan wat Hy sê. Anders gestel – doen die lewe saam met Jesus.

Sielskos: Job 36-38; Luk 2:41-50; Ps 139:1-12; Pred 11:4-6

Jou stiltetyd (2)

2024-12-29
Hebreërs 4:15 NLV

Een van Satan se suksesvolste strategieë om ons van ons stiltetyd met God te weerhou, is om ons aan ons sondes en tekortkominge te herinner. Dis ‘n leuen; moet dit nie glo nie. In die Ou Testament het die hoëpriester na die Allerheiligste gegaan om vir die mense se sondes versoening te doen. Wanneer hy daar uitgekom het, het die mense gejuig, omdat hulle geweet het dat God hulle ten volle aanvaar.

Met dit in gedagte, lees die volgende Skrifgedeelte: ‘[Jesus] kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, wat Hy moes presies dieselfde versoekings as ons trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (verse 15-16 NLV).

Nog ‘n leuen wat Satan jou sal vertel om jou van stiltetyd weg te hou, is dat die heiliges in die geskiedenis elke dag ure bestee het om die Skrif te bestudeer en te bid. Dis waar, en eendag mag jy dalk soos hulle word. Wat moet jy dan intussen doen? Begin klein, maar begin net! Pastoor Greg Laurie sien geestelike honger as die teenoorgestelde van fisiese honger: ‘Wanneer jy fisies honger is, eet jy en jy is tevrede. Wanneer jy egter geestelik honger is, is dit eers wanneer jy begin eet wat jy ontdek hoe honger jy eintlik is!’

Wanneer jy dus nie jou stiltetyd met God hou nie, moet jy nie skuldig voel nie, jy moet honger voel. Wanneer jy: ‘Smaak en sien dat die Here goed is’ (Psalm 34:9 AFR53), sal jy meer en meer tyd met Jesus wil bestee – wat wonderlik is, want Hy verlang na tyd saam met jou.

Sielskos: Matt 6:5-15; Dan 6:10-23; Jak 5:13-18; 1 Tess 5:16-18

Your quiet time (2)


Hebrews 4:15 NLT

One of Satan’s most successful strategies for keeping us away from our quiet time with God is reminding us of our sins and shortcomings. That’s a lie; don’t believe it. In the Old Testament, the High Priest went into the Holiest of Holies to atone for the sins of the people. When he came back out, the people rejoiced, knowing that they were fully accepted by God.

With that in mind, read this Scripture: “[Jesus] understands our weaknesses, for he faced all of the same testings we do, yet he did not sin. So let us come boldly to the throne of our gracious God. There we will receive his mercy, and we will find grace to help us when we need it most” (vv. 14-16 NLT).

Another lie that Satan will tell you to keep you away from your quiet time is that the greatest saints in history spent hours each day praying and studying the Scriptures. That’s true, and one day you may become like them. Meanwhile, what should you do? Start small but begin! Pastor Greg Laurie sees spiritual hunger as the opposite of natural hunger: “When you’re hungry in the natural, you eat and are satisfied. But with spiritual hunger, it isn’t until you begin eating that you discover how hungry you really are!”

So when you fail to keep your quiet time with God, you shouldn’t feel guilty; you should feel hungry. When you “taste and see that the Lord is good” (Psalm 34:8 KJV), you will want more and more time with Jesus – which is wonderful because He longs for time with you.

Soul food: Matt 6:5-15; Dan 6:10-23; Jam 5:13-18; 1 Thes 5:16-18

Jou stiltetyd (1)

2024-12-28
Psalm 119:114 DB

Wat weerhou jou daarvan om gereelde stiltetyd met God te hou? Miskien voel die gedagte daaraan as nog ‘n ‘moet’ op die oneindige kontrolelys van jou lewe. Dus dink jy: ‘Miskien later, wanneer die lewe nie so besig is nie.’ Ons moet die mites en onpraktiese verwagtinge wat die vyand gebruik om te verhoed dat ons die vreugde ervaar om Jesus te ken en deur Hom geken te word, laat gaan.

Dawid het geskryf: ‘Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink. Want as gevaar dreig, sal Hy my wegsteek. Hy sal my in sy woning verberg. Hy sal my op ‘n hoë rots laat staan. Dan sal ek my kop hoog oplig bokant my vyande wat my omring… U het vir my hart gesê: ‘Kom en dien My.’ Ek antwoord: ‘Here, ek kom U dien'” (Psalm 27:4-6, 8 NLV).

Toe Dawid hierdie woorde geskryf het, was daar nie ‘n tempel of ‘n ‘huis van die Here,’ nie. Wat het hy dus bedoel? Dat God so naby aan jou as ‘n gebed is; dat jy enige tyd en enige plek die Here kan soek, jou in Hom kan verbly, oor Hom kan nadink en met Hom kan praat. Wanneer jy stiltetyd hou, beteken dit dat jy jou van mense, druk en probleme kan onttrek en nuwe krag by die Here kan kry deur met Hom in jou hart en gedagtes te kommunikeer. Dit kan enige plek en enige tyd gebeur.

Sielskos: Job 32-35; Luk 2:34-40; Ps 97; Pred 11:1-3

Your quiet time (1)


Psalm 119:114 MSG

What’s stopping you from having a regular quiet time with God? Maybe the very thought feels filled with “shoulds” and “ought tos”; like another item to add to the unending checklist of your life. So, you think, “Maybe later, when life slows down.” We need to shed the myths and impractical expectations the Enemy uses to prevent us from experiencing the joy of knowing Jesus and being known by Him.

David wrote: “The one thing I ask of the Lord – the thing I seek most – is to live in the house of the Lord all the days of my life, delighting in the Lord’s perfections and meditating in his Temple. For he will conceal me there when troubles come; he will hide me in his sanctuary. He will place me out of reach on a high rock. Then I will hold my head high above my enemies who surround me… My heart has heard you say, ‘Come and talk with me.’ And my heart responds, ‘Lord, I am coming'” (Psalm 27:4-6, 8 NLT).

When David wrote those words, there was no temple or “house of the Lord.” So, what did he mean? That God is as close to you as a prayer; that you can seek the Lord, delight in the Lord, meditate on the Lord, and talk with the Lord anywhere and anytime. The words “you’re my place of quiet retreat” mean you can withdraw from people, pressures, and problems and draw fresh strength from the Lord by communing with Him in your heart and mind. It can happen anywhere and anytime.

Soul food: Job 32-35; Luke 2:34-40; Ps 97; Ecc 11:1-3