2025-01-11
Matteus 14:14 NLV
Jesus het medelye waar Hy ook al gegaan het, bewys. Hy het ons geleer dat ons vir die ‘geringstes’ onder ons moet sorg (sien Matteus 25:40). ‘Omdat julle almal in Christus Jesus één is, kan julle nie langer teen mense diskrimineer omdat hulle Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie’ (Galasiërs 3:28 NLV). Om Christus te volg beteken dat jy medelye teenoor almal moet bewys, of jy nou van hulle hou of nie. Jy is geroep om deernis uit te leef waar jy werk en waar jy woon.
Jean Henri Dunant kon nie die geluid van soldate wat op die slagveld huil nadat hulle gewond is verduur nie, dus het hierdie Switserse filantroop gesê dat hy sy lewe daaraan sou wy om hulle in Jesus se naam te help. Gevolglik het hy die Rooi Kruis in die 1860’s gestig. Die simbool van die Rooi Kruis is soos om Jesus se vingerafdruk te sien.
‘n Lutherse predikant in Duitsland met die naam Theodor Fliedner het ‘n groep hoofsaaklik boerevroue geleer om siekes te versorg. Dit het tot die ontwikkeling van hospitale regoor Europa gelei en het Florence Nightingale geïnspireer om haar lewe aan die versorging van die siekes te wy. Vader Damien, ‘n Belgiese priester, het in die negentiende eeu in Hawaii gewerk en ‘n plek gestig waar melaatses geliefd en versorg kon word. Elke week het hy vir hulle gesê: ‘God het julle lief, melaatses.’ Een week het hy egter opgestaan en gesê: ‘God het ons melaatses lief.’ Hy het aan melaatsheid gesterf. Jesus het van elke daad van goedhartigheid wat aan iemand, insluitend dié wat dit nie verdien nie, betoon is, gesê: ‘…julle [het] dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV).
Sielskos: Jes 38-41; Luk 2:34-40; Ps 74:1-11; Spr 2:6
Matthew 14:14 NKJV
Jesus demonstrated compassion wherever He went. He taught that we must care for “the least” among us (Matthew 25:40). The New Testament church continued His “brand” by doing away with racism and lots of other “isms.” “There is neither Jew nor Greek, there is neither slave nor free, there is neither male nor female…you are all one in Christ Jesus” (Galatians 3:28 NKJV). Following Christ means showing compassion to everyone, whether you like them or not. You’re called to practice compassion where you work and where you live.
Jean Henri Dunant couldn’t endure the sound of soldiers crying on a battlefield after they had been wounded, so this Swiss philanthropist said he would dedicate his life to helping them in Jesus’ name. As a result, he started the Red Cross in the 1860s. Every time you see it, you see a thumbprint of Jesus.
A Lutheran pastor in Germany named Theodor Fliedner taught a group of mainly peasant women to nurse the ill. This led to a development of hospitals all over Europe and inspired Florence Nightingale to give her life to tend the sick. Father Damien, a Belgian priest, worked in Hawaii in the nineteenth century and established a place where lepers could be loved and tended to. Each week he would tell them, “God loves you lepers.” And then, one week, he stood up and said, “God loves us lepers.” He died from leprosy. Jesus said of every unwarranted act of kindness shown toward someone, including those who don’t deserve it, “you did it to Me” (Matthew 25:40 NKJV).
Soul food: Isa 38-41; Luke 2:34-40; Ps 74:1-11; Prov 2:6
2025-01-10
Lukas 14:13 NLV
Lukas skryf: ‘Een Sabbatdag was Jesus in die huis van ‘n leier van die Fariseërs. Die mense het Hom stip dopgehou’ (vers 1 NLV). Daardie dag het Hy een van hul mees gewaardeerde godsdienstige tradisies op sy kop gedraai deur te sê: ‘…Wanneer jy ‘n middag- of aandete gee… Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy sal geseënd wees, want by die opstanding van die godvresendes sal God jou beloon omdat jy hulle wat jou nie kon beloon nie, genooi het’ (verse 12-14 NLV).
Enige iets wat gebrekkig was, is deur die Fariseërs as ongeskik beskou om die volmaakte heiligheid van God te weerspieël. Gevolglik het hulle niks wat misvormd was binne die grense van die tempel toegelaat nie. Verder, aangesien hulle geglo het dat die tempel deur Rome verneder is, het hulle geglo dat hulle God kon eer deur hul huise as klein tempels te behandel. Vir Jesus om vir hierdie bekende Fariseër te sê om doelbewus misvormde, gebrekkige mense in sy heilige klein tempel in te nooi, was ‘n doelbewuste klap in die gesig.
Jesus se medelye het uit sy liefde vir alle individue en sy pyn wanneer enige iemand misken word, gespruit. Ons word nooit in die Skrif vertel dat Jesus medelye met iemand gehad het omdat hulle dit verdien het nie, maar omdat hulle in nood verkeer het.
Moet nie die punt wat Jesus gemaak het, miskyk nie. Hy het belowe dat jy in hierdie lewe geseën sal word en in die volgende lewe beloon sal word, wanneer jy vriendelikheid en medelye betoon aan dié wat jou nie kan terugbetaal nie. Onthou dit wanneer jy in die versoeking kom om iemand oor die hoof te sien omdat hulle ‘n spesifieke probleem het waarvan jy nie hou nie.
Sielskos: Jes 34-37; Luk 2:21-33; Ps 71:17-24; Spr 2:3-5
Luke 14:13 NKJV
Luke writes, “Now it happened, as He went into the house of one of the rulers of the Pharisees to eat bread on the Sabbath, that they watched Him closely” (v. 1 NKJV). That day He turned one of their most prized religious traditions on its ear by saying, “When you give a feast, invite the poor, the maimed, the lame, the blind. And you will be blessed, because they cannot repay you; for you shall be repaid at the resurrection of the just” (vv. 13-14 NKJV).
Anything defective was considered by the Pharisees as unsuitable to reflect the perfect holiness of God. Consequently, they allowed nothing malformed within the boundaries of the temple. Furthermore, since they believed the temple had been degraded by Rome, they believed they could honour God by treating their homes as small temples. For Jesus to tell this well-known Pharisee to intentionally invite malformed, defective human beings into his holy little temple was a deliberate slap in the face. Jesus was instructing him to place on his guest list people whose defects offended him.
Jesus’ compassion came from His love for all individuals and His pain when anyone is devalued. In Scripture, we are never told that Jesus had compassion for someone because they deserved it but because they were in need.
Don’t miss the point Jesus made. He promised that you will be blessed in this life and rewarded in the next one when you show kindness and compassion to those who “cannot repay you.” Keep this in mind when you’re tempted to overlook someone because they have a particular problem you don’t like.
Soul food: Isa 34-37; Luke 2:21-33; Ps 71:17-24; Prov 2:3-5
2025-01-09
1 Petrus 3:10 NLV
Jou tong het kreatiewe krag. As jy daaraan twyfel, kritiseer bietjie iemand en let dan die kyk op hulle gesigte en hulle reaksie op. Komplimenteer dan iemand en let die kyk op hulle gesig en hulle reaksie op. Kom ons praat egter nie net oor die effek wat jou woorde op ander mense kan hê nie, maar die effek wat dit op jou kan hê.
Die Bybel sê dat wanneer jy jou tong gebruik om goed te doen, sal jy die lewe liefhê en goeie dae beleef (sien 1 Petrus 3:10). Jesus gee ons ‘n kragtige illustrasie daarvan: ‘Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie’ (Markus 11:23 NLV).
Wat het Jesus hiermee bedoel? Dat jy oor jou probleem kan praat, of met die groot probleemoplosser daaroor kan praat. Jy kan daaroor kla, of daaroor bid. Jy kan dit uit ‘n menslike perspektief waar jy op al die komplikasies fokus bespreek, of jy kan dit uit ‘n goddelike perspektief waar jy op God se krag om die omstandighede te verander fokus, bespreek.
Jy kan jou moedeloosheid en wanhoop versterk deur dinge te sê soos: ‘Die probleem is te groot en ek kan niks daaraan doen nie.’ Of jy kan die probleem aan God gee en sê: ‘Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). Wanneer jy dit sê, gebruik jy nie net die kreatiewe krag van God se Woord nie, jy gebruik ook jou tong op die regte manier.
Sielskos: Jes 30-33; Luk 2:8-20; Ps 71:1-16; Spr 2:1-2