Jy sal daarvoor beloon word

2025-01-20
Romeine 8:18 NLV

In 1857 het David Livingstone die volgende toespraak by Cambridge Universiteit gelewer: ‘Mense praat van die opoffering wat ek gemaak het deur soveel van my lewe in Afrika deur te bring. Weg met so ‘n siening en met so ‘n gedagte! Dit was geen opoffering nie. Dit was eerder ‘n voorreg. Angs, siekte, lyding, of gevaar nou en dan, tesame met die afsien van die gewone geriewe van hierdie lewe, mag ons laat huiwer, die gees laat wankel en die siel laat sink; maar laat dit net vir ‘n oomblik wees. Al hierdie is niks in vergelyking met die heerlikheid wat in en vir ons geopenbaar sal word nie. Ek het nooit ‘n opoffering gemaak nie.’

Wanneer jy die Here dien, kry jy altyd meer terug as wat jy opoffer. As jy meer terugkry as wat jy opoffer, het jy dan werklik enigiets opgeoffer? ‘Petrus begin toe opnoem wat hulle alles opgeoffer het: ‘U moet darem besef ons het alles agtergelaat om U te volg.’ Daarop het Jesus geantwoord: ‘Ek verseker julle, elkeen wat ‘n huis of broers of susters of ma of pa of kinders of eiendom ter wille van My en die Goeie Nuus prysgegee het, sal in hierdie tyd honderd maal soveel aan huise en broers en susters en ma’s en kinders en eiendom ontvang; ook nog vervolging, maar in God se nuwe wêreld die ewige lewe!’ (Markus 10:28-30 NLV).

Die enigste spyt wat jy aan die einde van jou lewe gaan hê, is dat jy God nie meer en vroeër gesoek en gedien het nie.

Sielskos: Rom 1:1-3:20; Luk 4:31-44; Ps 89:38-52; Spr 3:1-2

You will be rewarded for it


Romans 8:18 NKJV

In 1857 David Livingstone gave this speech at Cambridge University: “People talk of the sacrifice I have made in spending so much of my life in Africa… Away with the word in such a view and with such a thought! It is emphatically no sacrifice. Say rather it is a privilege. Anxiety, sickness, suffering, or danger now and then with a foregoing of the common conveniences and charities of this life may make us pause and cause the spirit to waver and the soul to sink; but let this only be for a moment. All these are nothing when compared with the glory which shall be revealed in and for us. I never made a sacrifice.”

When you serve the Lord, you always get back more than you give up. And if you get back more than you give up, have you really sacrificed anything at all? “Then Peter began to say to Him, ‘See, we have left all and followed You.’ So Jesus answered and said, ‘Assuredly, I say to you, there is no one who has left house or brothers or sisters or father or mother or wife or children or lands, for My sake and the gospel’s, who shall not receive a hundredfold now in this time – houses and brothers and sisters and mothers and children and lands, with persecutions – and in the age to come, eternal life'” (Mark 10:28-30 NKJV).

The only regrets you will have at the end of your life will be that you didn’t seek and serve God more and seek and serve Him sooner.

Soul food: Rom 1:1-3:20; Luke 4:31-44; Ps 89:38-52; Prov 3:1-2

Wy jou aan persoonlike groei toe

2025-01-19
1 Timoteus 4:15 NLV

Paulus het ‘n opvolgplan vir sy bediening gehad. Dis hoekom hy Timoteus gementor het en hom die volgende opdrag gegee het: ‘Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.’ Die woorde: ‘sodat almal jou vordering kan sien,’ beteken dat groei meetbaar is. As jy na die laaste paar jaar van jou lewe kyk, in watter areas het jy gegroei? Voordat jy verder lees, neem ‘n oomblik en dink versigtig hoe jy hierdie vraag sal antwoord.

Tydens ons kinderjare groei ons liggame outomaties. Sommige van ons het egter ook in volwassenheid ‘n onbewuste vertroue dat geestelike en emosionele groei ‘n vergelykbare patroon sal volg. Ons dink dat ons onvermydelik verbeter namate die tyd verbygaan. Ons is soos die karakter Charlie Brown in die strokiesprent Peanuts wat sê: ‘Ek dink ek het die geheim van die lewe ontdek – mens hang net rond totdat jy daaraan gewoond raak.’ Die probleem is dat jy nie verbeter deur net te lewe nie; jy moet doelbewus daaromtrent wees. Niemand verbeter per ongeluk nie.

Persoonlike groei vind nie vanself plaas nie. Wanneer jy jou formele opvoeding klaarmaak, moet jy volle eienaarskap van die groeiproses neem. Niemand gaan dit namens jou doen nie. Die beste handleiding vir groei is die Bybel. Dit is ‘vol lewenskrag en energie’ (Hebreërs 4:12 NLV). Alles wat jy moet weet en alles wat van jou verwag word om te groei, kan in sy bladsye gevind word. Maak dus jou Bybel oop. Delf daarin. Lees dit. Mediteer daaroor. Pas die beginsels op jou lewe toe en jy sal verbaas wees om te sien hoeveel jy groei.

Sielskos: Rig 16:23-31; 2 Kor 12:3-10

Commit to personal growth


1 Timothy 4:15 NKJV

Paul had a succession plan for his ministry. That’s why he mentored Timothy and instructed him, “Meditate on these things; give yourself entirely to them, that your progress may be evident to all.” The words “that your progress may be evident to all” mean that growth is measurable. Question: As you look back over the last few years of your life, in what areas have you grown? Before you read on, take a moment, and think carefully about how you answer that question.

In childhood, our bodies automatically grow. But some of us bring into adulthood a subconscious trust that spiritual, emotional, and mental growth follow a comparable pattern. We think that as time goes by, we inevitably improve. We’re like cartoon character Charlie Brown in Charles Schulz’s Peanuts comic strip, who once said, “I think I’ve discovered the secret of life – you just hang around until you get used to it.” The problem is that you don’t get better by just living; you must be intentional about it. No one improves by chance.

Personal growth doesn’t simply take place on its own. And when you’re finished with your formal education, you must take full ownership of the growth process because no one else will see to it for you. The ultimate growth manual is your Bible. It’s “living and powerful” (Hebrews 4:12 NKJV). Everything you need to know and everything that’s required for you to grow can be found in its pages. So, open your Bible. Delve into it. Read it. Meditate on it. Apply its principles to your life, and you will be amazed at how you grow.

Soul food: Judg 16:23-31; 2 Cor 12:3-10

Verlore seun, kom huis toe!

2025-01-18
Lukas 15:28 NLV

Die gelykenis van die verlore seun gaan oor twee seuns en hul vader se liefde vir hul elkeen. Die jonger seun het sy vader oneer aangedoen en in ‘n varkhok beland. Toe hy terugkeer huis toe, het hy alles verloor – behalwe sy vader se liefde. Maak nie saak wie jy dus is of wat jy gedoen het nie – God is lief vir jou en wil jou deel van sy familie maak.

Jesus het ‘n wonderlike stelling gemaak: ‘…En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom sien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen’ (vers 20 NLV). Die antieke Hebreeuse kultuur het ouer mans wat hardloop as onwaardig beskou. Mans het lang, vloeiende klere gedra wat hulle tot by hulle middel moes optel om te hardloop, wat sodoende hulle onderklere ten toon gestel het. Die pa het egter nie omgegee wat ander mense gedink het nie; hy het net oor sy eiesinnige seun omgegee. Ongelukkig het sy ouer broer nie dieselfde gevoel nie.

Verstaan jy hoekom baie jonger broers nog steeds in die varkhok is en nie die kerk wil binnegaan nie? Omdat hulle bang is dat ouer broers hulle sal veroordeel eerder as om hulle in liefde te verwelkom. Die ouer broer het straf begeer, maar die vader het vergifnis gegee. Die ouer broer het skuld vereis, maar die vader het genade gegee. Die ouer broer wou weerwraak hê, maar die vader wou versoening hê.

Hier is die goeie nuus: Maak nie saak hoe laag jy geval het nie, weet dat wanneer jy terugkom, jou hemelse Vader met ope arms en ‘n liefdevolle hart vir jou sal wag.

Sielskos: Jes 63-66; Luk 4:14-30; Ps 89:15-37; Spr 2:21-22