2025-01-28
Johannes 4:14 NLV
Die vrou wat Jesus by die put van Jakob ontmoet het, was al vyf keer getroud. Sy het deur verskeie verhoudings probeer om die leemte binne in haar te vul. Dit het egter nie vir haar gewerk nie en dit sal ook nie vir jou werk nie. Om die korporatiewe leer uit te klim, meer en meer besittings aan te skaf of beroemd te word, sal ook nie daardie leemte vul nie.
Let op wat Jesus vir hierdie vrou gesê het: ‘Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word…’ Wanneer jy sonder water in die woestyn is, kom daar ‘n stadium wanneer jy lugspieëlings begin sien en dinge wat nie waar is nie, begin glo. Wanneer jou siel uitgedroog is, begin jy na dinge uitreik wat nie regtig is nie en wat jou siel nie kan bevredig nie.
Jesus het nie hierdie vrou se verlede opgehaal om haar te verneder nie. Hy het dit vir slegs een rede opgehaal; om haar te laat weet dat Hy die wonde van haar verlede kan genees en haar hoop vir ‘n beter toekoms kan gee. Hy het dit ook gedoen. Nie net het Hy haar getransformeer nie, maar sy het ook die eerste persoon geword wat die evangelie in Samaria bekendgemaak het.
Miskien dink jy jy is verby die punt van hoop en verlossing. Dawid was nie en hy het owerspel gepleeg en dit met ‘n moord toegesmeer. Petrus was nie en hy het Jesus verloën. Paulus was nie en hy het Christene vermoor voor hy self een geword het. Hier is Jesus se belofte: ‘…Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel’ (vers 14 NLV).
Sielskos: Pred 5-8; Luk 6:37-49; Ps 107:10-16; Spr 3:19-20
2025-01-27
Romeine 3:21 AFR53
Jy sal hemel toe gaan omdat jy jou vertroue in Christus se geregtigheid, nie jou eie nie, geplaas het. Jy vra: ‘Maar is dit nie belangrik om die regte dinge te doen nie?’ Absoluut. Jou beloning in die hemel sal deur wat jy vir God hier op aarde gedoen het, bepaal word. Jou verlossing hang egter van jou vertroue in Christus se optrede, nie jou eie nie, af. Satan weet dit en hy sal jou na ‘n prestasie-gebaseerde Christelike lewe probeer terugdryf. Wanneer jy dan misluk, soos jy vir seker sal, sal hy jou veroordeel en jou vertel dat jy nie God se liefde en aanvaarding waardig is nie. Let op wat veroordeling doen:
1) Dit steel jou selfvertroue voor God. Jy is nie in staat om sy beloftes op te eis nie, omdat jy onwaardig voel. Daar word een-en-dertig keer in die Skrif genoem dat ons ‘in Christus’ is. Dis een vir elke dag van die maand. Herinner jouself dus elke dag dat jy ‘in Christus’ is en omdat Hy waardig is, word jy aanvaar.
2) Dit maak jou prikkelbaar en onaangenaam om by te wees. Verslawingberaders beskryf dit as om ongemaklik in jou eie vel te voel. Gevolglik begin jy dit wat jy aan die binnekant voel, uiterlik projekteer. Wat is die antwoord?
Paulus gee dit vir ons: ‘Niemand sal dus op grond van wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie… Maar nou het God vir ons ‘n ander weg bekendgemaak waardeur ons sy vryspraak kan verkry… God spreek ons vry wanneer ons op Jesus vertrou om ons sonde weg te neem. Ons kan almal hierdie vryspraak ontvang, maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie’ (verse 20-22 NLV).
Geregtigheid word op jou rekening deur geloof, nie werke nie, gekrediteer. Vandag is jy ‘in Christus’ geliefd en aanvaar.
Sielskos: Pred 1-4; Luk 6:27-36; Ps 107:1-9; Spr 3:13-18
Romans 3:21 NKJV
You will go to heaven because you trusted in Christ’s righteousness, not your own. You say, “But isn’t doing the right things important?” Absolutely. Your reward in heaven will be predicated upon what you do for God here on earth. But your salvation depends on trusting in Christ’s performance, not your own. Satan knows this, and he will try to drive you back to performance-based Christian living. And when you fail, as you assuredly will, he will condemn you and tell you that you don’t measure up and, therefore, you are unworthy of God’s love and acceptance. Notice what condemnation does:
(1) It robs you of confidence before God. You are unable to claim His promises because you feel unworthy. Thirty-one times in Scripture, it says that we are “in Christ.” That’s one for every day of the month. So, each day, remind yourself that you are “in Christ,” and because He is worthy, you are accepted.
(2) It makes you irritable and unpleasant to be around. Addiction counselors describe this as being “squirrelly” or uneasy in your own skin. As a result, you begin to put out what you feel on the inside. What’s the answer?
Paul gives it to us: “Therefore by the deeds of the law no flesh will be justified in His sight… But now the righteousness of God apart from the law is revealed… even the righteousness of God, through faith in Jesus Christ, to all and on all who believe” (vv. 20-22 NKJV).
Bottom line: Righteousness is credited to your account through faith, not works. Today you are loved and accepted “in Christ.”
Soul food: Ecc 1-4; Luke 6:27-36; Ps 107:1-9; Prov 3:13-18
2025-01-26
Daniel 3:17-18 NKJV
When Shadrach, Meshach, and Abed-Nego refused to bow before Nebuchadnezzar’s ninety-foot golden god, he threatened them with a fiery furnace. Here is what they told him: “Our God whom we serve is able to deliver us from the burning fiery furnace, and He will deliver us from your hand, O king. But if not…we do not serve your gods” (vv. 17-18 NKJV).
When does God show up? When you say, “God is able to deliver me, but if not, I’m going to serve Him anyway.” It’s wonderful when God provides what we need. Yet, the faith that truly pleases God says, “But if not, I’m going to trust God anyway.”
Peter writes: “There is wonderful joy ahead, even though you have to endure many trials for a little while. These trials will show that your faith is genuine. It is being tested as fire tests and purifies gold – though your faith is far more precious than mere gold. So when your faith remains strong through many trials, it will bring you much praise and glory and honour on the day when Jesus Christ is revealed to the whole world” (1 Peter 1:6-7 NLT).
And one more thought: The Bible does not say that the three Hebrew children saw the fourth man who was with them in the fire; it says that Nebuchadnezzar did, and he described Him as “the Son of God” (Daniel 3:25 NKJV). So even when you don’t know it, your faith, your life, and testimony are impacting those around you and bringing glory to God.
Soul food: Eze 47:1-12; Rev 21:22-22:5
Daniël 3:17-18 NLV
Toe Sadrag, Mesag en Abednego geweier het om voor koning Nebukadnesar se dertig meter hoë goue afgod te buig, het hy gedreig om hulle in ‘n vlammende oond te gooi. Hier is wat hulle vir hom gesê het: ‘Die God wat ons aanbid kán ons uit die vuur red. Hy sal ons uit u hand bevry, U Majesteit. En selfs al red Hy ons nie… sal ons nie u gode vereer nie…’ (verse 17-18 NLV).
Wanneer daag God op? Wanneer jy sê: ‘God is in staat om my te red, maar indien Hy nie doen nie, gaan ek Hom in elk geval dien.’ Dis wonderlik wanneer God dit wat ons nodig het voorsien. Tog is die tipe geloof wat God waarlik behaag die geloof wat sê: ‘Selfs al red Hy my nie, gaan ek God in elk geval vertrou.’
Petrus skryf: ‘Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ‘n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word’ (1 Petrus 1:6-7 NLV).
Die Bybel sê nie dat die drie Hebreeuse kinders die vierde man wat saam met hulle in die vuur was gesien het nie; dit sê dat Nebukadnesar Hom gesien het en Hom as ‘…’n hemelwese’ (Daniël 3:25 DB), beskryf het. Selfs wanneer jy dit dus nie weet nie, het jou geloof, jou lewe en jou getuienis ‘n impak op die mense rondom jou en bring dit eer aan God.
Sielskos: Eseg 47:1-12; Op 21:22-22:5