2025-02-09
Nehemia 2:20 NLV
Met sy afgebreekte mure was Jerusalem weerloos teen sy vyande. Dus het Nehemia ‘n span bymekaargemaak om die mure te herbou. Hy het geen opleiding vir hierdie werk gehad nie. Hy was nie ‘n argitek of ‘n bouer nie. Jerusalem was ver weg geleë en hy was nog nooit daar nie. Hoe jy ook al daarna kyk, hy was nie vir die werk gekwalifiseerd nie.
Dis ‘n algemene eienskap van baie van die mense wat God op wonderbaarlike maniere gebruik het. Noag was ‘n boer wat geroep is om ‘n boot in die woestyn te bou. Dawid was ‘n skaapwagter wat geroep is om ‘n Filistynse reus te verslaan. Nehemia was ‘n skinker wat geroep is om Jerusalem se mure te herbou.
Wanneer dit daarby kom om God se wil te doen, is Godgegewe passie heelwat belangriker as enige menslike vermoë wat ons kan bydra. God gebruik ons inderwaarheid op die punt van ons grootste onvermoë. Sodoende kry Hy al die krediet. Verstaan egter die volgende: Wanneer God vir jou ‘n ‘las,’ of ‘n ‘passie,’ of ‘n ‘visioen,’ gee, het jy ‘n keuse om te maak.
Nehemia het reeds ‘n goeie werk gehad. Om die koning se skinker te wees was soos om sy regterhand te wees. Hy het nie net werksekuriteit nie, maar ook die voorregte en voordele van sy posisie geniet. Hy sou gemaklik gewees het om te bly waar hy is. As hy dit egter gedoen het, sou hy God se wil misgeloop het, daar sou nie ‘n boek in die Bybel na hom vernoem gewees het nie en jy sal nie nou oor hom gelees het nie. Voel jy ongekwalifiseerd? Wanneer God jou roep, rus Hy jou toe, voorsien jou van hulpbronne, lei jou en waarborg jou sukses.
Sielskos: Jes 53:1-12; Hand 8:26-40
Nehemiah 2:20 NLT
With its walls torn down, Jerusalem was defenseless against her enemies. So, Nehemiah assembled a team to rebuild the walls. He had no training for this job. He wasn’t an architect or a builder. Jerusalem was far away, and he had never been there. Any way you look at it, he was unqualified for the job.
That’s a common denominator with many of the people God has used in a remarkable way. Noah was a farmer, called to build a boat in the desert. David was a shepherd, called to topple a Philistine champion. Nehemiah was a cupbearer, called to rebuild Jerusalem’s walls.
When it comes to doing God’s will, God-ordained passions are considerably more important than any human ability we can contribute. In fact, God often uses us at our point of greatest inability. That way He receives all the credit. But understand this: When God gives you a “burden,” or a “passion,” or a “vision,” you have a choice to make.
Nehemiah already had a good job. Being the king’s cupbearer was like being his right-hand man. He didn’t simply enjoy job security, he enjoyed the perks and privileges of his position. He would have been comfortable staying right where he was. But if he had chosen to do that, he would have missed God’s will, missed having a book named after him in the Bible, and you wouldn’t be reading about him right now. Are you feeling unqualified? When God calls you, He equips you, resources you, guides you, and guarantees your success.
Soul food: Isa 53:1-12; Acts 8:26-40
2025-02-08
Psalm 34:2 NLV
Of jy dit nou weet of nie, jy het ‘n deurlopende gesprek met jouself. Hoe klink hierdie gesprek? Moedig jy jouself aan? Of veroordeel jy jouself? As jy positief is, dan versterk jy jou positiewe selfbeeld. As jy negatief is, verswak jy jou selfwaarde. As jy ernstig daaroor is om jou lewe te verbeter, moet jy die manier waarop jy oor jouself dink, verbeter. Om dit te doen, moet jy die manier wat jy met jouself praat, verander.
Hoe ouer jy word, hoe meer verantwoordelik is jy vir die manier wat jy dink, praat en glo. Het jy nie reeds genoeg probleme nie? Hoekom jouself meer probleme gee deur jouself met negatiewe praatjies te ontmoedig? Verander in jou eie rasieleier. Elke keer wat jy goeie werk doen, komplimenteer jouself. Elke keer wat jy dissipline bo ‘n toegeeflikheid kies, waardeer dit dat jy jouself help. Elke keer wat jy ‘n fout maak, moenie alles opnoem wat fout is met jouself nie; sê vir jouself dat jy die prys vir groei betaal en dat jy volgende keer beter sal doen.
Die psalmdigter het die belangrikheid van hoe hy met homself praat, besef: ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.’ ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie’ (Psalm 103:2 NLV). ‘Ek sal vir die Here sê: ‘U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou’ (Psalm 91:2 NLV). Die woord vir jou vandag is: verbeter hoe jy met jouself praat.
Sielskos: Gen 25:19-27:46; Luk 9:18-27; Ps 138; Spr 4:14-17
Psalm 34:1 NKJV
Whether you know it or not, you have an ongoing conversation with yourself. How does it sound? Do you encourage yourself? Or do you condemn yourself? If you are positive, then you strengthen your positive self-image. If you are negative, you weaken your self-worth. If you’re serious about improving your life, then you must improve the way you think of yourself. And to do that, you must change the way you talk to yourself.
And the older you grow, the more responsible you are for the way you think, talk, and believe. Don’t you already have enough problems? Why give yourself more by discouraging yourself with negative self-talk? Turn into your own encourager. Each time you do a good job, compliment yourself. Each time you choose discipline over an indulgence, don’t tell yourself that you should have done that anyway; appreciate how much you are helping yourself. Each time you make a mistake, don’t rehearse everything that’s wrong with yourself; tell yourself that you’re paying the price for growth and that you will learn to do better next time.
The psalmist recognized the importance of his self-talk: “I will bless the Lord at all times; His praise shall continually be in my mouth.” “Bless the Lord, O my soul, and forget not all His benefits” (Psalm 103:2 NKJV). “I will say of the Lord, ‘He is my refuge and my fortress; My God, in Him I will trust'” (Psalm 91:2 NKJV). The word for you today is – improve your self-talk.
Soul food: Gen 25:19-27:46; Luke 9:18-27; Ps 138; Prov 4:14-17
2025-02-07
Handelinge 2:42 NLV
Euclides was ‘n groot wiskundige wat ongeveer driehonderd jaar na Christus geleef het. Hy is die bekendste vir sy dertien-volume reeks boeke genaamd Elements. Twee van sy grondstellings van meetkunde het die moderne gesegde: ‘Die geheel is groter as die som van sy dele,’ geïnspireer. ‘n Ander manier om dit te sê sou wees: ‘Iets wat nie alleen sal gebeur nie, gebeur in ‘n groep.’ Daardie iets word ‘sinergie’ genoem. Dit kom van die Griekse woord sunergia, wat samewerking en saamwerk beteken.
Die Nuwe Testamentiese kerk het dit uitgeoefen: ‘Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.’ Jesus het geestelike sinergie as volg beskryf: ‘Boonop verseker Ek julle: As twee van julle hier op aarde sou saamstem oor enigiets wat julle van God behoort te vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen. Waar twee of drie bymekaarkom omdat hulle my mense is, is Ek immers ook saam met hulle daar’ (Matteus 18:19-20 NLV).
Die Heilige Gees openbaar nie alles aan almal nie. Ons leer en groei wanneer ons bymekaar kom. Geestelike volwassenheid vind op twee maniere plaas: 1) Deur gewillig te wees om dit wat God jou geleer het te deel. 2) Deur gewillig te wees om dit wat God ander geleer het, te leer. Let op wat die Bybel oor die Christene in Berea sê: ‘…hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword…’ (Handelinge 17:11-12 NLV). Is jy in gemeenskap met ander gelowiges? Indien nie, beperk jy jou eie geestelike groei en seën.
Sielskos: Gen 24:1-25:18; Luk 9:1-17; Ps 134; Spr 4:5-13