2025-03-16
Jeremia 7:23 NLV
‘n Vooraanstaande Christelike sielkundige sê dat daar ‘n direkte korrelasie tussen die stres wat ons ervaar en ongehoorsaamheid aan God se Woord is. Kan dit waar wees? Kan daar ‘n skakel tussen die stres wat jy ervaar en jou vlak van gehoorsaamheid aan God wees? Ja. Dink daaroor. Wanneer jy as verloste kind van God Hom wetend ongehoorsaam is, pla jou gewete jou en voel jy konflik en vooroordeel in jou binneste.
Wanneer jy bewustelik sy Woord skend, voel jy ongemaklik in jou eie vel. Wanneer jy dan tot God bid en Hom iets vra, voel dit asof jy met ‘n skuldeiser oor jou onbetaalde rekeninge praat. ‘Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan. Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak’ (1 Johannes 3:21-22 NLV).
Soms kan ons nie die presiese oorsprong van die stres wat ons ervaar vasstel nie; dit voel net asof iets nie reg is nie. Wat moet jy doen? Stop en neem voorraad! Die twaalfstap-program verwys hierna as “‘n deursoekende en vreeslose morele inventaris”. Dit moet gedoen word sodat ‘n alkoholis of verslaafde van dit wat hulle bly terugdryf na hul verslawing, kan loskom.
Lees die volgende Skrifgedeelte versigtig en met gebed: ‘Wat Ek beveel het was die volgende: ‘Wees aan My gehoorsaam en Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees. As julle doen wat Ek sê, sal dit met julle goed gaan’ (Jeremia 7:23 NLV).
Sielskos: Est 4:13-5:3; Matt 6:16-18; Mark 2:18-22
Jeremiah 7:23 NKJV
A leading Christian psychologist says there is a direct correlation between the stress we experience and disobeying God’s Word. Could that be true? Could there be a link between the stress you are feeling and the level of your obedience to God? Yes. Think about it. As a redeemed child of God, when you knowingly disobey Him, your conscience bothers you and you feel conflicted and condemned.
By knowingly violating His Word, you get uncomfortable in your own skin. Plus, when you need to pray and ask God for something, it can feel like you’re addressing a creditor with your unpaid bills. “If our heart does not condemn us, we have confidence toward God. And whatever we ask we receive from Him, because we keep His commandments and do those things that are pleasing in His sight” (1 John 3:21-22 NKJV).
Sometimes we cannot pinpoint the exact source of the stress we’re feeling; it just feels like all is not well. What should you do? Stop and take inventory! The twelve-step program of recovery refers to this as “a searching and fearless moral inventory.” It must be taken in order for a suffering alcoholic or addict to break free of what keeps driving them back to their habit. Would you like to de-stress?
Read this Scripture prayerfully and carefully: “But this is what I commanded them, saying, ‘Obey My voice, and I will be your God, and you shall be My people. And walk in all the ways that I have commanded you, that it may be well with you'” (Jeremiah 7:23 NKJV).
Soul food: Est 4:13-5:3; Matt 6:16-18; Mark 2:18-22
2025-03-15
2 Kronieke 34:30 NLV
Toe Josia koning in Jerusalem geword het, het hy werkers aangestel om die tempel reg te maak. Daar het hulle ‘n kopie van die boek van gebooie van die Here, in die puin ontdek. Niemand het dit in jare gesien nie! Josia het geredeneer dat Juda se afgodsdiens direk verband daarmee hou dat hulle nie meer God se Woord lees nie. Dus het hy al die mense van Juda bymekaar laat kom, persoonlik vir hulle God se wet voorgelees en hulle gelei om hulle weer daaraan toe te wy om volgens die beginsels van God se Woord te leef.
Moenie die skakel misloop nie! Omdat hulle nie God se Woord gelees en daarvolgens geleef het nie, het God se mense in afgodsdiens verval. Jy ontdek God se prioriteite vir jou lewe in die Bybel. Wanneer jy nie God se Woord lees, dit bestudeer en oor die voorskrifte daarin mediteer nie, fokus jy uiteindelik op jou eie belange en skeep God se prioriteite af.
Enigiets wat jy bo God plaas, is ‘n ‘afgod.’ Soms is ‘n afgod ‘n sondige praktyk wat jy weet verkeerd is. ‘n Afgod kan egter ook ‘n wettige iets soos ‘n werk, of ‘n verhouding, of ‘n besondere belangstelling wees wat soveel van jou tyd en energie in beslag neem dat dit jou verhouding met God kortwiek of totaal verwaarloos. Die gesangeskrywer William Cowper het geskryf: ‘The dearest idol I have known, whate’er that idol be, help me to tear it from thy throne, and worship only thee.’
As jy ernstig daaroor is om God beter te leer ken, nader aan Hom te beweeg en Hom eerste in jou lewe te stel, moet jy die besluit neem om elke dag tyd met sy Woord deur te bring.
Sielskos: Job 18-20; Luk 18:1-17; Ps 116:1-11; Spr 8:8-9
2 Chronicles 34:30 NKJV
When Josiah became king in Jerusalem, he assigned workers to repair the temple. There they discovered a copy of God’s law in the ruins. No one had seen it in years! Josiah quickly reasoned that Judah’s idolatry was directly tied to the absence of the reading of God’s Word. So, he gathered all the people of Judah together, personally read to them the law of God, and led them in a rededication to live according to the principles of God’s Word.
Don’t miss the connection here! Failure to read God’s Word and live by it led God’s people into idolatry. In the Bible you discover God’s priorities for your life. When you fail to read it, study it, and meditate on its precepts, you end up focusing on your own interests and neglecting God’s priorities.
And anything you put ahead of God is an “idol.” Sometimes an idol is a sinful practice you know to be wrong. But an idol can also be a legitimate thing like a job, or a relationship, or a particular interest that consumes so much of your time and energy that your relationship with God gets shortchanged or totally neglected. The hymn writer William Cowper wrote, “The dearest idol I have known, whate’er that idol be, help me to tear it from thy throne, and worship only thee.”
If you’re serious about getting to know God better, drawing closer to Him, and putting Him in first place in your life, make a decision to spend time each day in His Word.
Soul food: Job 18-20; Luke 18:1-17; Ps 116:1-11; Prov 8:8-9
2025-03-14
Nehemia 2:18 NLV
Daar is ‘n tyd om te bid en ‘n tyd om aksie te neem. Soms beteken dit om die werksaansoek in te vul, of die tjek te skryf, of die afspraak te maak, of die gesprek te hê, of die skuif te maak.
Peter Marshall het gesê: ‘Ek wonder wat sou gebeur as ons almal sou instem om een van die Evangelies te lees totdat ons by ‘n plek kom wat vir ons sê om iets te doen, dan uitgaan om dit te doen en eers nadat ons dit gedoen het, weer begin lees? Daar is aspekte van die Evangelie wat verwarrend en moeilik is om te verstaan. Ons probleme lê egter nie in die dinge wat ons nie verstaan nie, maar eerder die dinge wat ons wel verstaan. Ons probleem is nie soseer dat ons nie weet wat ons moet doen nie. Ons weet baie goed, maar ons wil dit nie doen nie.’
Een van die groot foute wat ons maak is dat ons vir God vra om dit vir ons te doen wat Hy wil hê ons vir Hom moet doen. Voor God die waters van die Jordaanrivier geskei het sodat die Israeliete Kanaän kon binnegaan, het Hy eers vir die priesters opdrag gegee om ‘n paar treë in die rivier te gee. Hoekom het God dit so gedoen? Miskien wou Hy weet dat hulle genoeg geloof gehad het om hulle voete nat te maak. Solank as wat jou voete op droë grond geplant is, sal God nie die rivier vir jou skei nie. Jy sê: ‘Ek wag vir God om die eerste skuif te maak.’ Miskien wag God vir jou om in geloof uit te tree en die eerste stap te neem. Indien dit die geval is, is die woord vir jou vandag – neem aksie.
Sielskos: Job 15-17; Luk 17:20-37; Ps 19; Spr 8:6-7