How God sees you

2025-03-25
1 John 4:17 NKJV

When you put your trust in Christ as your Saviour, God sees you “in Christ.” The words “in Christ” appear no less than seventy-eight times in the New Testament. When God looks at you, He doesn’t see you with all your flaws and imperfections; He sees you in Christ. And since Christ has atoned for all your sins, you are “accepted in the beloved” (Ephesians 1:6 KJV).

Having a blessed future is not contingent upon how much you strive to be perfect or how hard you work at changing yourself. It is contingent upon the person of Jesus Christ, and the fact that you are in Christ. The Bible proclaims, “As He is, so are we in this world.” You say, “But surely you only get what you deserve?” That’s true, unless you are in Christ. Then you get what He deserves! “For He made Him [Jesus] who knew no sin to be sin for us, that we might become the righteousness of God in Him” (2 Corinthians 5:21 NKJV).

The word “righteousness” is a legal term. It means “to have right standing before God.” Vine’s An Expository Dictionary of Biblical Words defines righteousness as “that gracious gift of God to men whereby all who believe on the Lord Jesus Christ are brought into right relationship with God.” In other words, your right standing before God is based on Jesus’ right standing before God. You should be glad about that. Why? Because the only righteousness that measures up to God’s exacting standard of perfection is the righteousness of Christ. And since you are clothed in His righteousness, you can be confident of God’s acceptance and walk in His blessing each day.

Soul food: Est 1-4; Luke 19:45-48; Ps 69:19-36; Prov 8:30-31

Hoe God jou sien


1 Johannes 4:17 NLV

Wanneer jy jou vertroue in Christus as jou Redder plaas, sien God jou as ‘in Christus.’ Die woorde ‘in Christus’ word ongeveer agt-en-sewentig keer in die Nuwe Testament gebruik. Wanneer God na jou kyk, sien Hy jou nie met al jou foute en gebreke nie; Hy sien jou in Christus. Aangesien Christus vir al jou sonde versoening gedoen het, is jy aanvaarbaar deur Hom (sien Efesiërs 1:6 NLV).

‘n Geseënde toekoms hang nie af van hoeveel jy daarna streef om perfek te wees of hoe hard jy werk om jouself te verander nie. Dit hang van die persoon van Jesus Christus en die feit dat jy in Christus is, af. Die Bybel verkondig: ‘…Want dan sal ons ook in hierdie wêreld wees soos Hý is.’ Jy sê: ‘Maar sekerlik kry jy net wat jy verdien?’ Dis waar, tensy jy in Christus is. Dan kry jy wat Hy verdien! ‘God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word’ (2 Korintiërs 5:21 NLV).

Die woord ‘geregtigheid’ is ‘n wetlike term. Dit beteken ‘om reg voor God te hê.’ Vine se An Expository Dictionary of Biblical Words definieer geregtigheid as ‘daardie genadige gawe van God aan mense waardeur almal wat in die Here Jesus Christus glo, in ‘n regte verhouding met God gebring word.’ Met ander woorde, jou regte posisie voor God is op Jesus se regte posisie voor God gebaseer. Jy moet bly wees daaroor. Hoekom? Omdat die enigste geregtigheid wat aan God se veeleisende standaard van volmaaktheid voldoen, die geregtigheid van Christus is. Aangesien jy in sy geregtigheid geklee is, kan jy seker wees van God se aanvaarding en elke dag in sy seën wandel.

Sielskos: Est 1-4; Luk 19:45-48; Ps 69:19-36; Spr 8:30-31

Change your thoughts, and change your life

2025-03-24
Isaiah 26:3 NLT

Your thoughts create your feelings, and your feelings dictate your approach to life. So by changing the way you think, you can change how you feel and how you approach life. Unlike the world, which teaches you to empty your mind to achieve peace, God’s way is to fill your mind with fresh, powerful, redeeming thoughts. “You will keep in perfect peace all who trust in you, all whose thoughts are fixed on you!”

It’s not just about trying to blot out bad thoughts with your willpower. If a wrong, bad, or negative thought is lodged in your mind today and you can’t seem to shake it, stop trying! That won’t erase it from your mind. That’s like cutting a weed off at ground level rather than uprooting it; it will just grow again. What you need to do is replace that wrong destructive thought with a thought that’s from God. That’s the only way to deal with wrong thoughts and begin the healing process. The apostle Paul writes: “Fix your thoughts on what is true, and honourable, and right, and pure, and lovely, and admirable. Think about things that are excellent and worthy of praise… Then the God of peace will be with you” (Philippians 4:8-9 NLT).

Are you concerned about your health? “Fix” your mind on this Scripture: “He Himself took our infirmities and bore our sicknesses” (Matthew 8:17 NKJV). Are you concerned about the future? “Fix” your mind on this promise: “And the Lord, He is the One who goes before you. He will be with you, He will not leave you nor forsake you; do not fear nor be dismayed” (Deuteronomy 31:8 NKJV).

Soul food: Job 40-42; Luke 19:37-44; Ps 69:1-18; Prov 8:27-29

Verander jou gedagtes en verander jou lewe


Jesaja 26:3 NLV

Jou gedagtes bepaal jou gevoelens en jou gevoelens bepaal jou benadering tot die lewe. Deur dus die manier wat jy dink te verander, kan jy verander hoe jy voel en hoe jy die lewe benader. Anders as die wêreld, wat jou leer dat jy jou gedagtes leeg moet maak om vrede te ervaar, vul God jou gedagtes met vars, kragtige, verlossende gedagtes. ‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.’

Dit gaan nie net daaroor om jou wilskrag te gebruik om slegte gedagtes te probeer uitwis nie. As ‘n verkeerde, slegte of negatiewe gedagte in jou kop vassit en jy dit nie kan laat gaan nie, hou op probeer! Jy sal dit nie uit jou gedagtes uitwis nie. Dis soos om ‘n onkruid teen die grond af te sny in plaas daarvan om die wortels uit te trek; dit sal net weer begin groei. Wat jy moet doen is om die vernietigende gedagte met ‘n gedagte wat van God af kom, te vervang. Dis die enigste manier om verkeerde gedagtes te hanteer en die genesingsproses te begin. Die apostel Paulus skryf: ‘…beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is… Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees’ (Filippense 4:8-9 NLV).

Is jy oor jou gesondheid bekommerd? Vul jou gedagtes dan met die volgende Skrifgedeelte: ‘…Hy het ons kwale sy eie gemaak, en ons siektes het Hy op Homself geneem’ (Matteus 8:17 NLV). Is jy oor die toekoms bekommerd? Vul jou gedagtes met hierdie belofte: ‘Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie’ (Deuteronomium 31:8 NLV).

Sielskos: Job 40-42; Luk 19:37-44; Ps 69:1-18; Spr 8:27-29

Aanbidding: gee jouself aan God

2025-03-23
Hebreërs 10:2 AFR20

Om ‘n aanbidder in die volste sin van die woord te word, verg twee dinge. Eerstens, die begrip dat God se liefde vir jou nie van jou liefde vir Hom afhang nie. Die oomblik wanneer jy Christus as jou Verlosser aanneem, aanvaar God jou en klee Hy jou in die geregtigheid van Christus; daarom is jy altyd waardig om tot Hom te nader.

Tweedens, om te verstaan dat God se liefde vir jou nie bloot ‘n teologiese konsep is nie, maar iets wat met jou hart omhels word en waarop jou emosies reageer. Wanneer jy aanbid, laat jy jouself gaan en gee jy jouself sonder voorbehoud aan Hom oor. ‘…omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie…’

Wanneer jy glo dat die bloed van Jesus jou van alle sonde – verlede, hede en toekoms – gereinig het, word jy ‘n aanbidder wat in vervoering oor sy liefde is. Sondige patrone word verander en hardnekkige gewoontes word verbreek, wanneer jy jou oë van jouself afhaal en op Christus fokus. Paulus skryf: ‘…Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak terwyl julle saam psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here’ (Efesiërs 5:18-19 NLV).

Die psalmdigter Dawid skryf: ‘Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!’ (Psalm 34:9 AFR53). Verbeel jouself dat jy by jou gunsteling maaltyd aansit, dat jy elke happie proe en daaraan smul. So moet jy die liefde van God benader. Die waarheid van God se liefde vir jou moet nie net in jou gedagtes bly nie; dit moet deur jou hart ervaar word. Wanneer dit gebeur, aanbid jy God werklik.

Sielskos: Lev 27:30-33; Num 31:48-54; 1 Kor 16:1-3; 2 Kor 9:1-15