2025-03-30
Psalm 30:6 NLV
Een huwelikskenner sê dat ‘n enkelma hom ‘n verhaal gestuur het wat die eensaamheid en stres wat enkelouers ervaar, help verduidelik het. Sy het gesê sy het een dag by haar venster uitgekyk hoe die reën val en ‘n voëltjie met haar kroos kuikens in ‘n nes gesien sit het. Terwyl die reën uitgesak het, het die moedervoël haar tjirpende kuikentjies met haar uitgestrekte vlerke bedek. Toe begin die hael val. In plaas daarvan om haar kop veilig in die nes te steek, het die voëltjie haar kop opwaarts gelig en die houe geneem om haar kleintjies te beskerm. Al die kuikens het dit veilig deur die storm gemaak. Dis ‘n grafiese illustrasie van die gevare van enkelouerskap!
Die verantwoordelikheid om kinders alleen groot te maak is onverbiddelik en vereis dat ‘n ma of pa ‘n bestaan maak, kook, skoonmaak, toesig hou oor huiswerk, vir siek kinders sorg, ensovoorts. Buiten hierdie daaglikse pligte moet hulle ook uitvind hoe om in hul eie persoonlike en geestelike behoeftes te voorsien. In konteks gesien is dit dalk een van die moeilikste opdragte op aarde. Enkelouers, hetsy ma’s of pa’s, het ons volgehoue ondersteuning en gebede nodig.
Aan diegene wat die houe namens hul kinders vat, wees verseker dat beter dae op pad is. Die storm waarin jy jou bevind sal nie vir ewig duur nie. ‘n Pragtige reënboog sal binnekort verskyn. Wanneer die werk afgehandel is en ‘n kroos gesonde voëltjies groot is, sal daar lieflike voordele vir die ouers wat nie wegvlieg nie, wees. God se Woord beloof: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.’
Sielskos: 1 Kor 9:24-27; Num 6:1-8; Spr 25:28
Psalm 30:5 NLT
One marriage expert says a single mother sent him a story that helped explain the loneliness and stress faced by those raising children alone. She said she was looking out her window one drizzly day and saw a mother robin and her brood of chicks perched in a nest. As the rain poured down, the mother bird covered her chirping little chicks beneath her extended wings. Then the hail began to fall. Instead of tucking her head safely in the nest, the mother robin raised her head upward and took the blows to protect her young. All of the chicks made it safely through the storm. What a graphic illustration of the perils of single parenting!
The responsibility of raising kids alone is unrelenting, requiring a mom or dad to earn a living, cook, clean, supervise homework, take care of sick kids, and so on. Beyond these day-to-day duties, they must figure out how to meet their own personal and spiritual needs. Taken in context, this may be one of the toughest assignments on earth. Single parents, whether mothers or fathers, need our continued support and prayers.
To those who are taking the blows on behalf of their children, be assured that there are better days coming. The storm you’re in won’t last forever. A beautiful rainbow will soon appear. When the job has been completed and a brood of healthy little birds has been raised, there will be sweet benefits for the parents who don’t fly away. God’s Word promises, “Weeping may last through the night, but joy comes with the morning.”
Soul food: 1 Cor 9:24-27; Num 6:1-8; Prov 25:28
2025-03-29
Jeremia 29:13 NLV
God gee ons opdrag om Hom te soek, maar dis nie asof Hy vir ons wegkruip nie. Wanneer ons God soek, maak ons ‘n besluit wat nodig is om ons in die geestelike ryk te bring. Sommige vlakke van seën word nooit ontvang tensy daar ywerig na hulle gesoek word nie. Dis jou soeke na God wat Hom beweeg om te reageer. ‘As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, daadwerklik beloon’ (Hebreërs 11:6 NLV).
Daar is geen handleiding wat ons stap vir stap vertel wat die regte manier is om die Here te soek nie. Sommige mense soek Hom stilweg, met trane wat oor ‘n moeë gesig loop. Ander soek Hom terwyl hulle op die strand stap en na die golwende gety staar. Sommige mense hef hulle hande op en loof Hom met liefdevolle uitdrukkings van aanbidding. Daar is nie reëls nie, jy moet Hom net met jou hele hart soek.
Wat beteken dit om God heelhartig te soek? Dit beteken dat jy Hom jou volle aandag gee deur afleidings uit die weg te ruim, sodat jy op Hom kan fokus. Verbeel jouself jy laat val ‘n kontaklens of ‘n kosbare steen uit ‘n ring en sê: ‘Ag, ek sal dit later soek.’ Nee, die waarde wat jy op iets plaas bepaal die intensiteit waarmee jy daarna soek. Wanneer jy bid: ‘Here, ek het U nodig; ek gaan dit nie sonder U maak nie,’ bid jy heelhartig. God beantwoord sulke gebede: ‘As julle met alles in julle na My soek, sal julle by My uitkom…’ (Jeremia 29:13 DB).
Sielskos: Lev 5-7; Luk 20:27-33; Ps 72:1-11; Spr 9:1-6
Jeremiah 29:13 NKJV
God instructs us to seek Him, but not as though He is hiding from us. When we seek God, we make a decision that’s necessary for bringing us into the spiritual realm. Some levels of blessing are never received unless they are diligently sought. It’s your seeking after God that moves Him to respond. “But without faith it is impossible to please him: for he that cometh to God must believe that he is, and that he is a rewarder of them that diligently seek him” (Hebrews 11:6 KJV).
There are no manuals that instruct us step by step as to the proper way to seek the Lord. Some people seek Him quietly, with soft tears falling gently down a weary face. Others seek Him while walking the sandy beaches of a cove, gazing into the swelling currents of an evening tide. Some raise their hands and praise Him with loving expressions of adoration. There are no rules, just that you seek Him with your whole heart.
What does it mean to seek God “with all your heart”? It’s giving Him your full attention and removing all distractions so that you can focus on Him. Imagine dropping a contact lens on the floor, or a precious stone from a ring and saying, “No problem, I’ll just look for that later.” No, the value you place on something determines the intensity with which you seek it. When you pray, “Lord, I need you; I won’t make it without You,” you are praying “with all your heart.” And God answers such praying, “I will be found by you” (Jeremiah 29:14 NKJV).
Soul food: Lev 5-7; Luke 20:27-33; Ps 72:1-11; Prov 9:1-6
2025-03-28
Psalm 44:9 NLV
Wanneer hy groot waarhede en insigte met ons deel, gebruik die psalmdigter dikwels die woord ‘Sela.’ Dit beteken ‘stop en reflekteer.’ Vir baie jare het mense gesê dat ondervinding die beste leermeester is. Die waarheid is egter dat geëvalueerde ondervinding die beste leermeester is! Om te stop en te reflekteer is een van die belangrikste aktiwiteite wat jy kan doen om te groei. Dit verskaf meer waarde as motivering of aanmoediging, omdat dit jou laat seker maak dat jy op die regte pad is. As jy immers op die verkeerde pad is, het jy nie aanmoediging nodig om vinniger te beweeg nie. Jy moet stop, reflekteer en jou koers verander.
In ‘n beskrywing van die eindtye, sê die Bybel: ‘…Baie sal hiernatoe en daarnatoe gaan om meer te wete te kom’ (Daniël 12:4 NLV). Kennis, wat informasie, feite en data is sal toeneem, maar dit beteken nie noodwendig dat begrip sal toeneem nie. Jy kan baie kennis deur ‘n skerp intellek en ‘n goeie geheue verkry. Om egter begrip daarvan te hê, moet jy die tyd neem om dit wat jy sien en hoor te verstaan. Galileo het gesê: ‘Alle waarhede is maklik om te verstaan sodra hulle ontdek is. Die punt is om hulle te ontdek. Dit verg ondersoek.’
Deur te stop en te reflekteer, kan jy deur jou ervarings werk, hulle in perspektief plaas en wysheid daaruit verkry, sodat jy ‘n beter toekoms kan hê. Dit word dikwels ‘aha’ oomblikke genoem, wanneer jy skielik begrip of insig kry. Dis dan wanneer die spreekwoordelike gloeilamp aangeskakel word. Min dinge is beter as sulke oomblikke. Sulke oomblikke is egter net vir diegene wat die tyd en inspanning neem om te stop en te reflekteer, beskore.
Sielskos: Lev 1-4; Luk 20:20-26; Ps 31; Spr 8:34-36