2025-04-12
Efesiërs 6:12 AFR53
Die nuwe geboorte bring ‘n nuwe stryd tussen jou wedergebore gees en jou onwedergebore liggaam, wat steeds na ou begeertes smag en aan ou neigings vashou, mee. Paulus beskryf dit as ‘n worstelstryd. ‘Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly’ (verse 12-13 AFR53).
Die wenner in ‘n worstelstryd is die een wat steeds staande is wanneer die stryd verby is. Dink dus aan ‘n stoeigeveg en jy sal ‘n idee kry waarteen jy elke dag te staan kom. Om hulleself voor te berei, oefen die vegters vir ure lank. Elkeen weet dat hulle twee dinge nodig het om te wen: krag en ‘n strategie. Hulle het egter meer as dit nodig: hulle het ook vasberadenheid en uithouvermoë nodig. Elkeen weet ook dat dit baie belangrik is om nie hulle opponent te onderskat nie!
‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly…’ (1 Petrus 5:8-9 NLV). Moet dus nie probeer om Satan in jou eie krag te verslaan nie en moenie jou waaksaamheid vir ‘n oomblik laat verslap nie, want jy sal verloor. Paulus skryf: ‘Die bedoeling is dat ons nie deur die Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!’ (2 Korintiërs 2:11 NLV). Verwag dus om te ‘worstel,’ en verwag om te wen.
Sielskos: Dan 5-7; Luk 22:47-53; Ps 103:1-12; Spr 10:13
2025-04-11
Matthew 5:13-14 NKJV
Jesus gave us two everyday metaphors so that we could clearly understand how He wants us to serve and represent Him each day. Let’s look at each of them.
(1) Salt. The only thing that can threaten salt is sitting in a shaker so long that it gets damp, loses its flavour, and can’t be sprinkled. Jesus said, “You are the salt of the earth; but if the salt loses its flavour, how shall it be seasoned? It is then good for nothing but to be thrown out and trampled underfoot by men” (v. 13 NKJV). The word “flavour” means to enrich. It’s not enough to enjoy good preaching and rich insights from your Bible reading; you’re called to share and sprinkle them on others.
(2) Light. Instead of isolating yourself from the world, you’re supposed to illuminate it. Darkness is not a threat to light; it’s where the light does its best work. Jesus said: “You are the light of the world. A city that is set on a hill cannot be hidden. Nor do they light a lamp and put it under a basket, but on a lampstand, and it gives light to all who are in the house. Let your light so shine before men, that they may see your good works and glorify your Father in heaven” (vv. 14-16 NKJV). The word gospel means “the good news.” In a world of increasing despair, you are called to bring the light of the gospel to those living in spiritual darkness.
So, the word for you today is – be salt and light.
Soul food: Dan 3-4; Luke 22:39-46; Ps 130; Prov 10:12
Matteus 5:13-14 NLV
Jesus het vir ons twee alledaagse metafore gegee sodat ons duidelik kon verstaan hoe Hy wil hê ons Hom elke dag moet dien en verteenwoordig.
1) Sout. Die enigste ding wat sout kan bedreig is om vir so lank in ‘n soutpot te wees dat dit klam word, sy geur verloor en nie meer gestrooi kan word nie. Jesus het gesê: ‘Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word’ (vers 13 NLV). Dis nie genoeg om goeie preke te geniet en ryke insigte uit jou Bybelstudie te kry nie; jy word geroep om dit te deel en dit op ander mense uit te strooi.
2) Lig. In plaas daarvan om jou van die wêreld te isoleer, is jy veronderstel om dit te verlig. Donker is nie vir die lig ‘n bedreiging nie; dis waar die lig sy beste werk doen. Jesus het gesê: ‘Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ‘n Mens steek ook nie ‘n lamp op en maak dit dan onder ‘n emmer toe nie. Allesbehalwe! Jy sit dit bo-op ‘n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!’ (verse 14-16 NLV). In ‘n wêreld van toenemende wanhoop, is jy geroep om die lig van die evangelie aan diegene wat in geestelike donkerte leef, te bring.
Die woord vir jou vandag is dus – wees sout en lig.
Sielskos: Dan 3-4; Luk 22:39-46; Ps 130; Spr 10:12
2025-04-10
Exodus 4:2 NLT
The Bible says: “Then the Lord asked him, ‘What is that in your hand?’ ‘A shepherd’s staff,’ Moses replied. ‘Throw it down on the ground,’ the Lord told him. So Moses threw down the staff, and it turned into a snake! Moses jumped back. Then the Lord told him, ‘Reach out and grab its tail.’ So Moses reached out and grabbed it, and it turned back into a shepherd’s staff in his hand” (vv. 2-4 NLT). Then God instructed Moses to go back to Egypt and tell Pharaoh to set the children of Israel free. “Take your shepherd’s staff with you, and use it to perform the miraculous signs I have shown you” (v. 17 NLT).
It represented his security. It gave him physical security from wild animals. It gave him financial security – his sheep were his financial asset. Moses’ staff also identified him as a shepherd. This experience marked the ending of one season in his life, and the beginning of another. The staff Moses threw down had been used to tend sheep, but the one he picked up would be used to part the waters of the Red Sea and lead God’s people to the promised land.
Is God asking you to throw down that which represents your security and your identity? Don’t be afraid, do it! What you get back will be greater than anything you are asked to give up. The only way you find your new identity is by letting go of your old one. The only way you will find your security in Christ is by throwing down the human securities you cling to.
Soul food: Dan 1-2; Luke 22:24-38; Ps 127; Prov 10:11
Eksodus 4:2 NLV
Die Bybel sê: ‘Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’ “‘n Herderstok,” antwoord Moses. ‘Gooi dit op die grond neer,’ het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ‘n slang geword. Moses het geskrik en hy wou weghardloop. Maar die Here sê vir hom: ‘Gryp dit aan sy stert!’ Toe Moses dit gryp, het dit weer ‘n herderstok geword’ (verse 2-4 NLV). Toe het God vir Moses die opdrag gegee dat hy na Egipte moes terugkeer en vir die farao sê om die kinders van Israel vry te laat. ‘Maak seker dat jy jou herderstok by jou het sodat jy daarmee die tekens kan doen wat Ek jou geleer het’ (vers 17 NLV).
Die herderstok het Moses se sekuriteit verteenwoordig. Dit het hom fisiese sekuriteit teen wilde diere gegee. Dit het hom finansiële sekuriteit gegee – sy skape was sy finansiële bate. Moses se stok het hom ook as ‘n herder geïdentifiseer. Hierdie ervaring het die einde van een seisoen en die begin van ‘n nuwe seisoen in sy lewe gekenmerk. Die herderstok wat Moses op die grond gegooi het is gebruik om na skape om te sien, maar die een wat hy opgetel het sou gebruik word om die waters van die Rietsee te skei en God se mense na die Beloofde Land te lei.
Vra God jou om dit wat jou sekuriteit en identiteit verteenwoordig op die grond neer te gooi? Moenie bang wees nie, doen dit! Wat jy terugkry sal baie groter wees as enigiets wat jy gevra word om prys te gee. Die enigste manier om jou nuwe identiteit te vind, is om jou ou een te laat gaan. Die enigste manier wat jy jou sekuriteit in Christus sal vind, is om die menslike sekuriteit waaraan jy vasklou, neer te gooi.
Sielskos: Dan 1-2; Luk 22:24-38; Ps 127; Spr 10:11