Glo jy dit?

2025-04-19
Johannes 11:25 NLV

Chuck Swindoll vertel van ‘n egpaar wat se huwelik vir vyftig jaar lank ‘n stryd was. Die man het uiteindelik gesterf en sy vrou moes vir hom ‘n grafsteen uitkies. Sy het ‘n begrafnisondernemer gekontak en vir hom gesê: ‘Ek wil nie iets oordrewe hê of baie geld spandeer nie. Graveer net die woorde: ‘AAN MY MAN’ op ‘n geskikte plek op die steen. Sy het sy graf gaan besoek en tot haar afgryse hierdie woorde op sy grafsteen gelees: ‘AAN MY MAN… OP ‘N GESKIKTE PLEK.’

Swindoll skryf: “‘n Humoristiese verhaal help om die pyn en verwarring rondom die dood te verdoof, maar op die ou einde hou die lag op omdat die dood steeds opdaag. Humor is magteloos om die dood te keer. Onthou jy die plakker: ‘Moenie die lewe te ernstig opneem nie, jy sal dit nie lewend verlaat nie’? Die waarheid is dat ons die lewe en dood ernstig moet opneem, want ons verlaat dit lewendig. Ons almal staar lewe na die dood in die gesig, want ons almal het ewige siele. Ons almal gaan vir ewig êrens lewe. Die vraag is waarheen. Die waarheen hang van die volgende vraag van Jesus af: ‘…Wie in My glo… sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit…?’ Slegs Jesus het die krag van opstanding. Die versekering wat ons het om vir ewig saam met Hom in die hemel te leef, hang van ons antwoord af. As ons ‘Ja’ sê deur vir Jesus te vra om ons sondes te vergewe en ons te verbind om Hom as Here te volg – dan, en slegs dan, het ons sy lewenskrag tot ons beskikking. Slegs dan kan ons die einde van ons lewe met ‘n kalm verwagting inwag.”

Sielskos: Matt 27:62-66; Luk 23:50-56; Ps 144:1-8; Spr 10:17-18

Do you believe this?


John 11:25-26 NLT

Author Chuck Swindoll tells about a couple whose marriage had been a fifty-year battle. The husband died, and it fell to the wife to choose a grave marker. She contacted a stonecutter and told him, “I don’t want to be fancy or spend a lot of money. Just engrave the words: ‘TO MY HUSBAND’ in a suitable place on the stone.” She went to visit his grave and, to her horror, read these words: “TO MY HUSBAND… IN A SUITABLE PLACE.”

Swindoll writes: “A humorous story helps mask the pain and confusion surrounding death, but in the end, the laughter stops because death still comes. Humor, as good as it makes us feel, is powerless to stop the grim reaper. Remember the bumper sticker: ‘Don’t take life too seriously, you won’t get out alive’? Well, the truth is, we should take life and death seriously because we do get out alive. We all face life after death because we all have eternal souls. We’ll live forever somewhere. The question is where. And the ‘where’ depends on how we answer this question of Jesus: ‘Anyone who believes in me… will never ever die. Do you believe this… ?’ Jesus alone has the power of resurrection. And our assurance of spending forever with Him in heaven depends on our response… If we say, ‘Yes,’ by asking Jesus to forgive our sins and commit to following Him as Lord – then and only then do we have His power for living at our disposal… only then can we face life’s end with a calm… joyous expectation.”

Soul food: Matt 27:62-66; Luke 23:50-56; Ps 144:1-8; Prov 10:17-18

Dubbele strafvervolging

2025-04-18
Romeine 5:1 NLV

In die regstelsel is daar iets wat as ‘die wet van dubbele strafvervolging,’ bekend staan. Dit beteken dat jy nie twee keer vir dieselfde misdaad verhoor kan word nie. Kom ons pas hierdie beginsel op jou redding toe. Jesus is reeds verhoor en het vir jou sondes gesterf – almal van hulle! Moet dus nie toelaat dat Satan, die aanklaer, jou oorreed dat God jou gaan straf en jou hel toe gaan stuur nie. Christus se laaste woorde aan die kruis: ‘…Dit is nou afgehandel!..’ (Johannes 19:30 NLV), word in die Griekse teks vertaal as ‘ten volle betaal.’ Al jou sondes – in die verlede, die hede en die toekoms – is op Golgota versoen.

Dink aan die woord ‘afgehandel.’ Stel jou voor dat ‘n meester skrynwerker die laaste afwerking aan ‘n pragtige tafel doen. Sal jy ‘n stuk skuurpapier neem en sê: ‘Ek dink ek kan hierdie ‘n bietjie beter laat lyk en dit ‘n bietjie meer waarde gee?’ Die skrynwerker sal sê: ‘Hou op; as jy daaraan raak, gaan jy dit verwoes!’ Hy sal reg wees. Dieselfde geld vir jou verlossing. Jy kan niks daarby voeg nie, maar deur dit deur jou prestasie en goeie werke te probeer verdien, kan jy beslis iets daarvan wegneem.

Die woord ‘geregverdig’ beteken regverdig in die oë van God gemaak. Die oomblik wat jy jou vertroue in Christus as jou Verlosser plaas, is dit hoe God jou sien. ‘As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons op grond van die geloof toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind…’ (verse 1-2 NLV).

Hoe kan jy geklee in genade voor God staan? Alleenlik deur geloof in Christus.

Sielskos: Gen 22:1-18; Luk 23:26-49; Ps 22; Jes 53

Double jeopardy


Romans 5:1 NKJV

In the legal system, there is something known as “the law of double jeopardy.” It means you can’t be tried twice for the same crime. Now, let’s apply this principle to your salvation. Jesus has already been tried and punished for your sins – all of them! So don’t let Satan, the accuser, convince you that God will also punish you for them and send you to hell. Christ’s last words on the cross, “It is finished,” are translated in the Greek text as “paid in full.” All your sins – past, present, and future – were atoned for at Calvary.

Think of the word “finished.” Imagine a master carpenter putting the finishing touches to a beautiful table. Would you take a wood plane and say, “I think I can make this look a little better and give it a little more value?” The carpenter would say, “Stop; if you touch it, you will ruin it!” And he would be right. The same goes for your salvation. You can add nothing to it, but by trying to merit it by your performance and good works, you can definitely take something away from it.

The word justified simply means declared or made righteous in the sight of God. The moment you place your trust in Christ as your Saviour, that’s how God sees you. “Therefore, having been justified by faith [not works, human effort, or performance], we have peace with God through our Lord Jesus Christ, through whom also we have access by faith into this grace in which we stand” (vv. 1-2). How can you stand before God clothed in grace? By faith in Christ alone and nothing else.

Soul food: Gen 22:1-18; Luke 23:26-49; Ps 22; Isa 53

Jy is nie buite God se bereik nie

2025-04-17
Johannes 4:4 NLV

Die Bybel sê: ‘Dus het [Jesus] Judea verlaat en weer na Galilea toe vertrek. Hy moes deur Samaria reis’ (verse 3-4 NLV). Samaria is nie op die pad na Galilea toe nie. Dit is inderwaarheid myle uit die pad uit. Tog sê die Bybel dat Jesus deur Samaria moes reis. Dink daaroor: Dit was ‘n lang reis en Hy was te voet. Dit was warm. As Jood sou Hy nie in Samaria verwelkom word nie, as gevolg van ‘n vyandigheid wat al lank tussen Jode en Samaritane bestaan het. Wat die vrou wat Hy by die put gaan ontmoet het betref, is vroue in daardie kultuur verbied om met mans buite hul eie familie te praat. Die mense op die dorp het ook vreeslik oor hierdie vrou geskinder, omdat sy al deur vyf egskeidings was.

Hoekom het Jesus dan gevoel dat Hy soontoe moes gaan? Omdat Hy hierdie vrou as ‘n ruwe diamant gesien het. Terwyl die mense rondom haar oor haar verlede en probleme gepraat het, het Jesus haar potensiaal vir sy koninkryk raakgesien. ‘Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die woorde van die vrou…’ (vers 39 NLV).

Om Galilea volgens God se skedule te bereik, moes Jesus die menslike skedule by die venster uitgooi. Sy skedule het Hom egter nie beheer nie. Wat het dan? Die wil van God en die behoeftes van mense wat seer het. Hy was gewillig om uit sy pad te gaan, tradisie op sy kop te keer en nuwe grond te breek om dit te doen. Wat van jou? Kan God jou planne onderbreek? As Hy kan, kan Hy jou gebruik. Bid die volgende: ‘Here, wys my wat ek vandag moet doen om U te behaag.’

Sielskos: Jak 3-5; Luk 23:13-25; Ps 7:10-17; Deut 21:22-23