2025-04-24
Psalm 18:36 NKJV
Read these enlargement Scriptures: “You enlarged my path.” “Jabez called on the God of Israel saying, ‘Oh, that You would… enlarge my territory'” (1 Chronicles 4:10 NKJV). “Enlarge the place of your tent… lengthen your cords, and strengthen your stakes” (Isaiah 54:2 NKJV). God wants to enlarge you spiritually, emotionally, relationally, and in every area of your life. But to experience enlargement, you must learn from people larger than you.
Dr. John Maxwell writes: “The first ten years that I was intentionally pursuing personal growth, I was always behind trying to catch up. I had to get over the comparison gap. I recognized I needed to be exposed to bigger and better leaders outside of my own small circle, but when I stepped out of my comfort zone, I was intimidated. It was clear that I was not in their league. Their organizations were six times the size of mine, and they had many more and much better ideas than I did. I felt like I was in over my head and trying to swim.
Despite that, I was encouraged. Why? Because I discovered that great men were willing to share their ideas. And I was learning so much. You can only learn if others are ahead of you. It was a difficult transition, but it was well worth it. So if you are aware that others are better than you, don’t be discouraged. Be glad others are there to help show you the way. Growth is not a rocking chair you sit in, it’s a mountain you climb each day. But there is good news. As Jim Rohn said, ‘You cannot change your destination overnight, but you can change your direction overnight.'”
Soul food: Num 7; Mark 1:21-45; Ps 94:12-23; Prov 10:27
Psalm 18:37 NLV
Lees die volgende Skrifgedeeltes wat oor vergroting handel: “Die pad onder my maak U breed…’ ‘[Jabes] was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: ‘Laat u seën op my rus en vergroot my grond!..'” (1 Kronieke 4:10 NLV). ‘Maak jou woning groter. Span jou tent wyer… Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in’ (Jesaja 54:2 NLV). God wil jou geestelik, emosioneel en verhoudingsgewys in elke area van jou lewe vergroot. Om egter vergroting te ervaar, moet jy van mense groter as jy leer.
Dr John Maxwell skryf: “Die eerste tien jaar wat ek doelbewus persoonlike groei nagejaag het, was ek altyd agter en het probeer om in te haal. Ek moes oor die vergelykingsgaping kom. Ek het besef ek moes aan groter en beter leiers buite my eie klein kring blootgestel word, maar toe ek uit my gemaksone stap, was ek geïntimideer. Dit was duidelik dat ek nie in hulle liga was nie. Hulle organisasies was ses keer groter as myne en hulle het baie meer en baie beter idees as ek gehad. Ek was oorweldig en het gevoel of ek verdrink.
Ten spyte daarvan was ek bemoedig, omdat ek ontdek het dat groot manne bereid was om hul idees met my te deel. Ek het so baie geleer. Dit was ‘n moeilike oorgang, maar dit was die moeite werd. As jy dus bewus is dat ander beter as jy is, moenie moedeloos word nie. Wees bly ander is daar om jou die pad te help wys. Groei is nie ‘n wiegstoel waarin jy sit nie, dit is ‘n berg wat jy elke dag klim. Daar is egter goeie nuus. Soos Jim Rohn gesê het: ‘Jy kan nie jou bestemming oornag verander nie, maar jy kan jou rigting oornag verander.'”
Sielskos: Num 7; Mark 1:21-45; Ps 94:12-23; Spr 10:27
2025-04-23
Psalm 5:12 NKJV
The Bible says that God will surround the righteous with favour. If you are trusting in the finished work of Christ, God sees you as “righteous” (See Romans 3:22). So, you qualify; you can pray, “Lord, I need your favour in this job interview,” or “in selling this house,” or “in making this deal,” or “in going on this date,” etc. Be prepared for your old programming to kick in, where you think about the word “righteous”; you begin to wonder if your thoughts, words, and deeds are good enough to deserve God’s favour.
Here is a truth you need to keep in mind: The only righteousness that God responds to is the righteousness of Christ. And since He has placed you “in Christ,” you are always qualified to ask God for favour and believe He will grant it. You are saved by grace. And the word grace means “unearned, unmerited, undeserved favour.” The world’s concept of favour is misleading: “She owes me a favour,” or “I don’t owe you any favours!” In other words, the world’s concept of favour is totally performance based.
But the only performance God looks at when it comes to granting you His favour is Christ’s performance on your behalf and the fact that you are trusting totally in Him. His life covers all your sins of omission, and His death covers all your sins of commission. And since God always sees you “in Christ,” in His eyes you are always qualified for favour. “Righteousness… shall be imputed to us who believe in Him who raised up Jesus” (Romans 4:22, 24 NKJV). So, today expect God’s favour.
Soul food: Num 4:34-6:27; Mark 1:14-20; Ps 94:1-11; Prov 10:24-26
Psalm 5:13 NLV
Die Bybel sê dat God ons sal seën en genade aan ons sal bewys. As jy op die voltooide werk van Christus vertrou, sien God jou as ‘regverdig’ (sien Romeine 3:22). Jy kwalifiseer dus en kan dus bid: ‘Here, ek het u guns vir hierdie werksonderhoud nodig,’ of ‘om hierdie huis te verkoop,’ of ‘om hierdie transaksie aan te gaan,’ of ‘om op hierdie afspraak te gaan,’ ensovoorts. Wees egter voorbereid vir jou ou programmering om in te skop, waar jy oor die woord ‘regverdig’ begin dink; waar jy begin wonder of jou gedagtes, woorde en dade goed genoeg is om God se guns te verdien.
Hier is ‘n waarheid wat jy in gedagte moet hou: Die enigste geregtigheid waarop God reageer, is die geregtigheid van Christus. Aangesien Hy jou ‘in Christus’ geplaas het, is jy altyd bevoeg om God vir sy guns te vra en te glo dat Hy dit sal gee. Jy is uit genade gered. Die woord genade beteken ‘onverdiende guns.’ Die wêreld se konsep van guns is misleidend: ‘Sy skuld my ‘n guns,’ of ‘Ek skuld jou geen gunste nie!’ Met ander woorde, die wêreld se konsep van guns word geheel en al op prestasie gebaseer.
Die enigste prestasie waarna God egter kyk wanneer dit by die toekenning van sy guns aan jou kom, is Christus se optrede namens jou en die feit dat jy volkome op Hom vertrou. Sy lewe en sterfte aan die kruis bedek al jou sondes. ‘Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het!.. Dit wil ook vir óns verseker dat ons net so vrygespreek sal word as ons in Hom glo wat Jesus ons Here uit die dood opgewek het’ (Romeine 4:22,24 NLV). Verwag dus vandag God se guns.
Sielskos: Num 4:34-6:27; Mark 1:14-20; Ps 94:1-11; Spr 10:24-26
2025-04-22
2 Korintiërs 5:14 NLV
Die kragtigste aansporing om sonde te oorkom is nie ons liefde vir Christus nie, maar sy liefde vir ons. Selfs met die beste bedoelings, is ons liefde vir Hom onderhewig aan skommelinge. Jesus het vir die kerk in Efese gesê: ‘Maar Ek het hierdie klagte teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het’ (Openbaring 2:4 NLV). Aan die gemeente van Laodisea het Hy gesê dat hulle liefde ‘louwarm’ geword het (sien Openbaring 3:16).
Baie van ons het in ‘n kerk grootgeword waar ons vertel is dat die rede waarom ons aan sekere vleeslike begeertes toegee, is omdat ons die Here nie genoeg liefhet nie. Dus probeer ons harder, sonder sukses, en raak moedeloos. Dis soos om die kar voor die perd in te span. Dit moet egter andersom wees. Die geheim van ‘n oorwinnende Christelike lewe word nie in die poging om Jesus meer lief te hê nie, maar in ‘n openbaring van sy liefde vir jou, gevind. Dis hoekom Paulus geskryf het: ‘Die liefde van Christus hou ons vas…’ Paulus se aksies is deur die kennis van Christus se ongelooflike liefde vir hom, geregeer.
As jy vandag met sondige gewoontes sukkel, bid vir ‘n openbaring van God se liefde vir jou. Dit sal die verskil maak! Paulus skryf: ‘Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word’ (Efesiërs 3:17-19 NLV).
Sielskos: Num 3:1-4:33; Mark 1:9-13; Ps 6; Spr 10:22-23