2026-09-02
Efesiërs 4:7 NLV
Paulus het gesê dat toe Jesus ‘…in die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes meegevoer en geskenke aan die mense gegee’ (vers 8 NLV). Hy het die metafoor van ‘n seëvierende koning gebruik. Dit was algemeen in Paulus se tyd dat die verowerende monarg sy prestasie gevier het deur geskenke aan sy mense te gee. Jesus het dit ook gedoen. Nadat Hy die sonde en die dood aan die kruis verslaan het, het Hy na die hemel opgevaar, sy regmatige plek aan die regterhand van God ingeneem en ‘…geskenke aan die mense gegee.’
Wat ‘n heerlike gedagte! Jesus, wat vir ewig die kroon dra, deel vermoëns en vaardighede uit: ‘Pieter, neem jou plek in die veld van medisyne in. Maria, jou gebied is rekeningkunde.’ Almal kry ‘n gawe en hierdie gawes kom in verskillende dosisse en kombinasies voor. ‘Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente’ (1 Korintiërs 12:7 ABA).
Ons erfenis is op genade en gelykheid gebaseer, maar ons lewensopdragte is volgens maat gemaak. Geen twee sneeuvlokkies is dieselfde nie. Geen twee vingerafdrukke is dieselfde nie. Waarom sou twee vaardighede dieselfde wees? Geen wonder dat Paulus gesê het: ‘Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is’ (Efesiërs 5:17 NLV).
As jy nie weet wat jou lewensdoel is nie, sal jy nooit die lied sing wat God vir jou stem geskryf het nie en nooit die wenstreep met arms wat hemelwaarts gestrek is oorsteek en verklaar: ‘Ek is gemaak om dit te doen!’ nie. Daarom sê die Bybel: ‘Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ‘n ander te vergelyk’ (Galasiërs 6:4 AFR83).
Sielskos: Josua 19:24-21:45; Mark 10:23-34; Ps 111; Spr 23:4-6
Ephesians 4:7 NLT
Paul said that when Jesus “ascended to the heights, he led a crowd of captives and gave gifts to his people” (v. 8 NLT). He used the metaphor of a victorious king. It was common in Paul’s day for the conquering monarch to return to his palace with prisoners and treasures in tow. He celebrated his conquest by giving gifts to his people. So did Jesus. Having defeated sin and death on the cross, He ascended to heaven, took His rightful place at the right hand of God, and “gave gifts to his people.”
What a delightful thought! Jesus, eternally crowned, distributing abilities and skills: “Joe, take your place in the domain of medicine. Mary, your territory is accounting.” Everybody gets a gift. And these gifts come in different doses and combinations. “Each person is given something to do that shows who God is” (1 Corinthians 12:7 MSG).
Our inheritance is grace-based and equal, but our assignments are tailor-made. No two snowflakes are the same. No two fingerprints are the same. Why would two skill sets be the same? No wonder Paul said, “Make sure you understand what the Master wants” (Ephesians 5:17 MSG).
Do you understand what the Master wants? If not, you’ll lead a dull, joyless, and fruitless life. You’ll never sing the song God wrote for your voice and never cross the finish line with heavenward stretched arms and declare, “I was made to do this!” That’s why the Bible says: “Make a careful exploration of who you are and the work you have been given, and then sink yourself into that” (Galatians 6:4 MSG).
Soul food: Josh 19:24-21:45; Mark 10:23-34; Ps 111; Pro 23:4-6
2026-09-01
Psalm 103:2 NLT
It’s the bad days that help us to appreciate the good days. Without them, we’d have no comparison point. David was talking to himself one day, and he recorded his thoughts for us: “May I never forget the good things he does for me.” Here are six “good things” worth thinking about:
(1) If you woke up this morning with more health than illness, you are more blessed than the million people who will not survive this week.
(2) If you have never experienced the danger of battle, the loneliness of imprisonment, the agony of torture, or the pangs of starvation, you are better off than five hundred million people in the world.
(3) If you can attend a church meeting without fear of harassment, arrest, torture, or death, you are more blessed than three billion people in the world.
(4) If you have food in the refrigerator, clothes on your back, a roof over your head, and a place to sleep, you are richer than 75 percent of the world.
(5) If you have money in the bank or in your wallet, or spare change in a dish someplace, you rank among the top 8 percent of the world’s wealthy.
(6) If you can read this devotion, you are more blessed than over two billion people in the world who cannot read at all.
There is always someone who is worse off. That doesn’t mean you revel in other people’s misery. But it ought to heighten your Christ-like compassion and give you a sense of gratitude that spills over into thanksgiving each day.
Soul food: Josh 16:1-19:23; Mark 10:13-22; Ps 103:13-22; Pro 23:1-3
Psalm 103:2 NLV
Dis die slegte dae wat ons help om die goeie dae te waardeer. Sonder slegte dae sou ons geen vergelykingspunt hê nie. Dawid het eendag met homself gepraat en sy gedagtes vir ons opgeteken: ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie.’ Hier is ses ‘goeie dade’ wat die moeite werd is om oor na te dink:
1) As jy vanoggend redelik gesond wakker geword het, is jy meer geseënd as die miljoen mense wat hierdie week nie sal oorleef nie.
2) As jy nog nooit die gevaar van oorlog, die eensaamheid van gevangenskap, die pyn van marteling of die pyn van hongersnood ervaar het nie, is jy beter as vyfhonderd miljoen ander mense in die wêreld daaraan toe.
3) As jy ‘n kerkdiens sonder vrees vir teistering, arrestasie, marteling of die dood kan bywoon, is jy meer geseënd as drie miljard mense in die wêreld.
4) As jy kos in die yskas, klere aan jou rug, ‘n dak oor jou kop en ‘n plek om te slaap het, is jy ryker as 75 persent van die wêreld.
5) As jy geld in die bank of in jou beursie, of kleingeld in ‘n laai iewers het, tel jy onder die top 8 persent van die wêreld se rykes.
6) As jy hierdie dagstukkie kan lees, is jy meer geseënd as meer as twee miljard mense in die wêreld wat glad nie kan lees nie.
Daar is altyd iemand wat slegter daaraan toe is. Dit beteken nie dat jy jouself in ander mense se ellende verlustig nie. Dit behoort egter jou Christus-gelyke deernis te verhoog en jou ‘n gevoel van dankbaarheid te gee waarvoor jy elke dag dankie moet sê.
Sielskos: Josua 16:1-19:23; Mark 10:13-22; Ps 103:13-22; Spr 23:1-3
2026-08-31
Galasiërs 6:9 NLV
Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies het, sal behaal nie. In 1927 het ‘n instrukteur by die John Murray Anderson Dramaskool vir Lucille Ball gesê: ‘Probeer eerder enige ander beroep. Enige ander een.’ Universal Pictures het beide Clint Eastwood en Burt Reynolds van die hand gewys en gesê dat Reynolds geen talent het nie en dat Eastwood te stadig praat. Malcolm Forbes, die voormalige hoofredakteur van die Forbes-tydskrif, kon nie daarin slaag om deel van sy skoolkoerant se redaksie te word toe hy ‘n voorgraadse student aan Princeton Universiteit was nie.
Bestuurders van die Decca Recording Company het negatief op die oudisie van vier jong musikante gereageer en gesê: ‘Ons hou nie van hul klank nie. Groepe met kitare is uit die mode uit.’ Gevolglik het die Beatles hul klank elders geneem. Vir sewe jaar lank het ‘n jong uitvinder genaamd Chester Carlson sy idee na twintig verskillende maatskappye geneem, wat hom almal die deur gewys het. Die Haloid Company het uiteindelik die regte op sy elektroniese papierkopieerproses gekoop. Haloid het later Xerox geword.
Moenie moedeloos word as jy nie die aanvaarding en sukses wat jy op die oomblik begeer, vind nie. Jou storie word steeds geskryf! Die Bybel sê: ‘Dan sal julle nie geestelik afgestomp raak nie. Inteendeel, julle sal die voorbeeld volg van hulle wat deur hulle geloof en uithouvermoë besig is om te verkry wat God beloof het’ (Hebreërs 6:12 NLV). Geloof en geduld is die twee eienskappe wat sukses sal meebring. Daarom het die apostel Paulus geskryf: ‘Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.’
Sielskos: Josua 14-15; Mark 10:1-12; Ps 103:1-12; Spr 22:27-29