2025-09-09
Luke 2:43-44 NLT
The Bible says: “Every year Jesus’ parents went to Jerusalem for the Passover festival. When Jesus was twelve years old, they attended the festival as usual. After the celebration was over, they started home to Nazareth, but Jesus stayed behind in Jerusalem. His parents didn’t miss him at first, because they assumed he was among the other travellers. But when he didn’t show up that evening, they started looking for him” (vv. 41-44 NLT). This story has a happy ending because Jesus’ parents found Him. But it doesn’t always turn out that way.
Don’t “assume” your children are okay. Today they have access to drugs, guns, and pornography via the internet, where they can meet a paedophile as well. That should concern you. Jesus said Satan comes to “steal… kill, and… destroy” (John 10:10 KJV). Don’t let him have your family.
After being set free from demonic control, a man wanted to travel with Jesus as one of His disciples. But Jesus said, “Go back home to your family and tell them what the Lord has done for you” (See Luke 8:39). Your dream job or house will feel empty if you lose your children. Indeed, your achievements may taste like ashes in your mouth.
If you have been traveling the road to success and neglecting to bring your family along with you, make a U-turn! Go back and get the people who matter most. Commit yourself to making the journey only if it includes them. Pray with the psalmist, “I need your help, especially in my own home, where I long to act as I should” (Psalm 101:2 TLB). Don’t assume your children are okay – be sure they are.
Soul food: Eze 46-48; Matt 24:36-51; Ps 78:40-55; Pro 20:22-24
Lukas 2:44 DB
Die Bybel sê: ‘Elke jaar het Jesus se ouers Jerusalem toe gegaan om die paasfees te vier. Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle oudergewoonte weer soontoe gegaan. Toe die fees verby was, het hulle teruggekeer na Nasaret. Jesus het egter in die tempel agtergebly, maar sy ouers het dit nie agtergekom nie. Hulle het gedink dat Hy by ander familielede en vriende was wat ook op pad terug was. Eers nadat hulle ‘n dag lank op die pad was, het Jesus se pa en ma na Hom begin soek’ (verse 41-44 DB). Die verhaal het ‘n gelukkige einde, omdat Jesus se ouers Hom gekry het. Dit draai egter nie altyd so uit nie.
Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie. Hulle het deesdae toegang tot dwelms, gewere en pornografie via die internet, waar hulle ook ‘n pedofiel kan ontmoet. Dit moet jou bekommer. Jesus het gesê dat die Satan kom om ‘…te steel, dood te maak en te vernietig…’ (Johannes 10:10 NLV). Moenie hom naby jou gesin toelaat nie.
Nadat hy van demone bevry is, wou ‘n man saam met Jesus as een van sy dissipels reis. Jesus het egter gesê: ‘Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het’ (Lukas 8:39 NLV).
As jy tans op die pad van sukses is en jou gesin verwaarloos, draai om! Gaan terug na die mense wat die meeste saak maak. Wy jouself daaraan toe om slegs die reis te onderneem as dit hulle insluit. Bid saam met die Psalmdigter: ‘Ek wil my daaraan toewy om opreg te lewe… In my huis wil ek lewe met ‘n opregte hart’ (Psalm 101:2 NLV). Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie – maak seker dat hulle is.
Sielskos: Eseg 46-48; Matt 24:36-51; Ps 78:40-55; Spr 20:22-24
2025-09-08
1 Thessalonians 5:11 NLT
In the 1996 Olympics, gymnast Kerri Strug had the weight of winning the gold medal for her team on her shoulders. All she had to do was make a successful jump and the United States would win the gold. But when she performed her first jump, she sprained her ankle and could hardly walk. She fell and did not obtain the score needed to win.
Sitting on the mat with tears streaming down her face, she cried for two reasons. First, she was in pain. Second, she could see no way to make up the score needed to win. But she had another jump! She felt like quitting, but her coach, standing on the sidelines, said, “You can do it, Kerri!” Limping as she tried to prepare for a vault, she found it difficult to move.
After the jump, she explained to an interviewer that all she could do to persist was to keep her eyes on her coach. He kept her from focusing on the pain in her ankle. She was hurting – she was crying – but her coach believed in her. And she found strength from his encouragement that she herself didn’t have. Even with the limp, she took off running and did the jump. She had to nail the landing in order to win. She had to try to do this with one good ankle and one injured ankle. And she did it!
With her coach’s encouragement holding her up, she did the impossible. She earned a high enough score for the US team to win the gold. Your encouragement – it can make the difference.
Soul food: Eze 43-45; Matt 24:26-35; Ps 78:32-39; Pro 20:20-21
1 Tessalonisense 5:11 NLV
By die 1996 Olimpiese Spele het almal van die gimnas, Kerri Strug, verwag om die goue medalje vir haar span te wen. Al wat sy moes doen, was om ‘n suksesvolle sprong te maak en Amerika sou die goud wen. Toe sy egter haar eerste sprong uitvoer, het sy haar enkel verstuit en kon skaars loop. Sy het geval en nie die telling behaal wat nodig was om te wen nie.
Terwyl sy op die mat gesit het met trane wat oor haar gesig stroom, het sy om twee redes gehuil. Eerstens was sy in pyn. Tweedens kon sy geen manier insien hoe sy die telling kon opmaak om te wen nie. Sy het egter nog ‘n kans gehad om haar sprong uit te voer. Sy wou tou opgooi, maar haar afrigter het op die kantlyn gestaan en gesê: ‘Jy kan dit doen, Kerri!’ Sy het weer hinkepink na die beginpunt geloop.
Ná die sprong het sy aan ‘n onderhoudvoerder verduidelik dat al wat sy kon doen om aan te hou, was om haar oë op haar afrigter te hou. Hy het haar daarvan weerhou om op die pyn in haar enkel te fokus. Sy het seergekry – sy het gehuil – maar haar afrigter het in haar geglo. Sy het krag wat sy self nie gehad het nie, uit sy aanmoediging geput. Selfs met die verstuite enkel het sy gehardloop en die sprong gedoen. Sy moes met een goeie enkel en een beseerde enkel die sprong en landing foutloos probeer doen. Sy het dit reggekry!
Met haar afrigter se aanmoediging wat haar orent gehou het, het sy die onmoontlike gedoen. Haar telling was hoog genoeg om vir die Amerikaanse span goud te wen. Jou aanmoediging kan die verskil maak.
Sielskos: Eseg 43-45; Matt 24:26-35; Ps 78:32-39; Spr 20:20-21
2025-09-07
Josua 1:8 NLV
As jy jou lewe wil verander, moet jy hoe jy dink en waaraan jy dink, verander. Wanneer jy aan die verkeerde dinge dink, beweeg jou lewe in die verkeerde rigting. Wanneer jy egter aan die regte dinge dink, beweeg jou lewe in die regte rigting.
1) Dis nie maklik om jou denke te verander nie. Dis nie outomaties nie en dit gebeur nie vanself nie. As jy ‘n goeie idee wil ontdek, moet jy op die uitkyk daarvoor wees. As jy jou denke wil verbeter, moet jy daaraan werk – en wanneer jy ‘n beter denker word, sal goeie idees aanhou kom.
2) Om jou denke te verander verg toewyding. Albert Einstein het gesê: ‘Dis harde werk om te dink, dis hoekom so min mense dit doen.’ Mense wat dink dat goeie denke maklik is, het dikwels nie goeie denkwyses nie. Die media, die kultuur en die mense rondom jou sal jou denke beïnvloed, tensy jy besluit om vir jouself te begin dink.
3) Wanneer jy jou denke verander, bring dit groot belonings mee. Paulus skryf: ‘…Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink’ (1 Korintiërs 2:16 NLV). Wanneer jy die gedagtes van God jou eie begin maak, is jou potensiaal onbeperk. Goudmyne droog op. Aandelemarkte daal skielik. Eiendomsbeleggings versleg. ‘n Verstand wat egter deur die Gees en Woord van God getransformeer word, is soos ‘n diamantmyn wat nooit leeg word nie. Dit is van onskatbare waarde.
Sielskos: Gen 2:7-25; 1 Kor 15:39-55