2025-09-14
Galasiërs 5:16 NLV
Wellus is vir ons so natuurlik soos asemhaal. Ons vleeslike aard wil altyd sy selfsugtige begeertes vervul. Dit kry nooit genoeg nie en wil altyd meer hê. Aan die ander kant, smag ons nuwe natuur na dit wat die Heilige Gees, wat in ons verloste gees leef, bevredig. Ons is meer vertroud met die aantrekkingskrag van die vlees omdat ons dit al ons hele lewe lank ondervind. Ons verstaan die dringendheid, die aantrekkingskrag en die beheer daarvan.
Wanneer ons egter tyd en energie in wat die Heilige Gees behaag belê, ervaar ons die vervulling en krag wat die Gees alleenlik kan meebring. Paulus sê vir ons: ‘…Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie,’ en ‘Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons één is met Christus, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek’ (2 Korintiërs 2:14 NLV).
Daar is ‘n manier om bo die swaartekrag van die vlees te leef, ‘n manier wat die konstante siklus van nederlaag/bekering/nederlaag verhoed. Ja, God is ‘n God van vergifnis en herstel wat die opregte belydenisse uit die harte van sy volk aanvaar en al ons oortredings vergewe (Sien 1 Johannes 1:9). ‘Oorvloedige lewe’ beteken egter om in vreugde en oorwinning te leef. Wanneer jy in die vlees lewe, leef jy in ooreenstemming met die bevele van jou menslike natuur. Wanneer jy egter in die Gees lewe, lewe jy in ooreenstemming met die leiding van die Heilige Gees, soos dit in God se Woord uiteengesit word. Gevolglik sal jy ‘…glad nie aan die begeertes van [jou] sondige geaardheid toegee nie.’
Sielskos: Gen 24:1-51; 2 Kor 6:14-7:1
Galatians 5:16 NKJV
Lust is as natural to us as breathing. Our flesh nature lives to fulfill its selfish desires. It never gets enough or stops wanting more. Alternatively, our new nature craves more of what satisfies the Holy Spirit who lives in our redeemed spirit. We’re more familiar with the appeal of the flesh because we have invested more time and energy in nurturing it. We understand its urgency, its appeal, its control, and its compelling tug.
But as we invest equal time and energy in what pleases the Holy Spirit, we experience the fulfillment and power the Spirit alone can bring. So what does “living in the Spirit” really mean? Paul tells us, “Walk in the Spirit, and you shall not fulfill the lust of the flesh” and “Thanks be to God who always leads us in triumph in Christ, and through us diffuses the fragrance of His knowledge in every place” (2 Corinthians 2:14 NKJV).
There is a way to live above the gravitational pull of the flesh, a way that beats living in a constant cycle of defeat/repentance/defeat. Granted, God is a God of forgiveness and restoration who accepts the genuine confessions from the hearts of His people, and forgives all our transgressions (See 1 John 1:9). But “abundant life” means living where most of your time is spent rejoicing in victory. Just as living in the flesh implies living in accordance with the edicts of your human nature, living in the Spirit implies living in accordance with the guidance of the Holy Spirit as outlined in God’s Word. And the end result is that “you shall not fulfill the lust of the flesh.”
Soul food: Gen 24:1-51; 2 Cor 6:14-7:1
2025-09-13
1 Corinthians 10:13 NKJV
According to Jesus, lust is preceded by temptation and can lead to sin (See Matthew 5:27-28). But the good news about dealing with temptation is that you’re not alone. God’s Word tells us, “No temptation has overtaken you except such as is common to man; but God is faithful, who will not allow you to be tempted beyond what you are able, but with the temptation will also make the way of escape, that you may be able to bear it” (v. 13 NKJV).
In light of this Scripture, simply saying “I couldn’t help myself” is an excuse that doesn’t hold up before God. The Bible says no temptation is greater than God’s faithfulness. If you choose the way of escape which He offers, you won’t fall into the trap. And if you do fail, it will be because you didn’t draw on God’s faithfulness. The temptation may not disappear immediately, but you will be given a way to bear it, to hold out against it. The temptation remains an active possibility, but God gives us the option of trusting in His reliable, delivering power.
Bearing temptation implies an ongoing process. You can win the battle, but the war will never fully end until the last shot is fired at the coming of Jesus when every foe will become his footstool (See Acts 2:35). In the meantime, “be vigilant and cautious… for that enemy of yours… roams around like a lion… seeking someone to… devour. Withstand him; be firm in faith… knowing that the same… sufferings are appointed to your brotherhood… throughout the world” (1 Peter 5:8-9 AMPC).
Soul food: 2 Cor 11:16-13:14; Matt 25:31-40; Ps 19; Pro 21:3
1 Korintiërs 10:13 NLV
Volgens Jesus word wellus deur versoeking voorafgegaan en kan dit tot sonde lei (sien Matteus 5:27-28). Die goeie nuus oor die hantering van versoekings is dat jy egter nie alleen is nie. God se Woord sê vir ons: ‘Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou’ (vers 13 NLV).
In die lig van hierdie Skrifgedeelte hou die verskoning van: ‘Ek kon myself nie help nie,’ geen water by God nie. Die Bybel sê dat geen versoeking groter as God se getrouheid is nie. As jy die uitkoms wat Hy bied, kies, sal jy nie in die strik trap nie. As jy misluk, sal dit wees omdat jy nie op God se getrouheid staat gemaak het nie. Die versoeking sal dalk nie dadelik verdwyn nie, maar jy sal ‘n manier vind om dit te weerstaan. Die versoeking bly ‘n aktiewe moontlikheid, maar God gee ons die opsie om op sy betroubare, verlossende krag te vertrou.
Om versoekings te weerstaan is ‘n voortdurende proses. Jy kan die stryd wen, maar die oorlog sal nooit ten volle eindig totdat die laaste skoot by die koms van Jesus gevuur word nie. Intussen: ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding’ (1 Petrus 5:8-9 NLV).
Sielskos: 2 Kor 11:16-13:14; Matt 25:31-40; Ps 19; Spr 21:3
2025-09-12
Psalm 119:105 NLV
Die patriarg Job het gesê: ‘Ek het my plegtig verbind om nie na ‘n meisie te kyk en haar te begeer nie. (Job 31:1 AFR83). Job kon, net soos ons, nie sy omgewing en versoekings beheer nie. Tog kan ons ‘n waardevolle les uit Job se woorde leer. ‘n Verbond is ‘n belofte wat in goeder trou gemaak word met die doel om dit na te kom. Dit is ‘n geloofstap waaraan jy jou verbind voordat jy weet watter omstandighede jy sal teëkom, soortgelyk aan ‘n huweliksverbond. Die Bybel sê vir ons: ‘…die regverdige sal uit die geloof lewe’ (Romeine 1:17 AFR53).
Ons selfsugtige natuur stry teen die nakoming van God se gebooie; daarom gee die Heilige Gees wat in ons woon ons alles wat nodig is om sukses te behaal. As jy wag totdat jy sterk genoeg voel om jou verbond met God te eerbiedig, sal dit nooit gebeur nie. As jy dit egter deur geloof maak, deur jou eie swakheid te erken, sal die Heilige Gees die krag verskaf wat jy nodig het om dit na te kom! Sy verbond, wat in geloof gemaak is, het Job in staat gestel om te sê: ‘Ek het myself belowe dat ek nooit na ‘n jong meisie sal kyk om haar te begeer nie’ (Job 31:1 NLV).
Is dit dan nie beter om eerder nie ‘n verbond te sluit nie, as om een te maak en dit te verbreek nie? Nee, omdat al ons mislukkings deur Christus se bloed bedek word. ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). Bekering bring vergifnis en ‘n nuwe begin mee!
Sielskos: 2 Kor 9:1-11:15; Matt 25:22-30; Ps 24; Spr 21:1-2