Leer om te vra wat jy wil hê

2025-09-27
Jakobus 4:2 NLV

Sommige mense weet wat hulle wil hê en het die moed om daarvoor te vra. Ander weer weet wat hulle nie wil hê nie en het die vermoë ontwikkel om dit op ‘n manier wat nie vyandigheid veroorsaak nie, te sê. As jy nie oefen om te vra wat jy wil hê nie, sal jy in frustrasie lewe. Sommige mense laat ander toe om hul grense te oortree terwyl hulle in stilte ly, in plaas daarvan om te vra dat hulle hul gedrag moet verander.

Dit kan die moeilikste wees om in ‘n werksomgewing te vra wat jy wil hê. Moet nooit aanvaar dat jou welsyn voorop in jou baas se gedagtes is nie. Dit is nie ‘n aanklag teen jou baas nie, maar ‘n besef dat hulle waarskynlik met hul eie kwessies gemoeid is.

As jy as salaristrekker byvoorbeeld voortdurend baie ure onbetaald oortyd werk, probeer om vir ‘n spesiale bonus te vra vir ‘n gedeelte van die bedrag wat dit die maatskappy sou gekos het as hulle jou vir die oortyd moes betaal. Bied ‘n weldeurdagte ontleding van die tyd wat jy oortyd gewerk het aan, of vra vir tyd af, gelykstaande aan ‘n gedeelte van die ure wat jy oortyd gewerk het.

Bid natuurlik eers daaroor en vertrou God vir guns voordat jy vra. As dit misluk, hou aan om uitstekend in jou werk te wees en begin aan Plan B vir jou loopbaan dink. ‘n Sakevrou skryf: ‘Een van die uniekste eienskappe wat God aan ons gegee het, is die vermoë om te kommunikeer. Ons hoef nie te stres of te wens of te hoop dat iemand ons gedagtes sal lees, wanneer ons eenvoudig kan vra vir dit wat ons wil hê nie.’

Sielskos: 1 Sam 24-26; Matt 28:1-10; Ps 51; Spr 22:12-16

How to become generous (2)

2025-09-26
Proverbs 11:24 NIV

Someone said this about money: “You can’t win. If you focus on making it, you’re materialistic. If you try to but don’t make any, you’re a loser. If you make a lot and keep it, you’re a miser. If you make it and spend it, you’re a spendthrift. If you don’t care about making any, you’re unambitious. If you make a lot and still have it when you die, you’re a fool – for trying to take it with you.” The one way to truly win with money is to hold it loosely… to be generous with it and achieve things of value.

In 1889 industrialist Andrew Carnegie wrote an essay entitled the “Gospel of Wealth,” in which he said that the life of a wealthy person should have two stages: a season of acquiring wealth and a season of distributing it. The only way to keep an attitude of generosity is to make a habit of giving of your time, talent, attention, resources, and money. So, how can you become generous?

(1) Find out what kind of hold your possessions have on you. Choose something you truly treasure, think of someone you care about who needs it, and give it to them.

(2) Put your money to work. If you know someone with a vision to do something really excellent, provide the resources for them to do it. Give something greater than yourself. Help those who can’t help you or give you anything in return. As John Bunyan said, “You have not lived today until you have done something for someone who can never repay you.”

Soul food: 1 Sam 20:30-23:29; Matt 27:57-66; Ps 60; Pro 22:7-11

Hoe om vrygewig te word (2)


Spreuke 11:24 NLV

Iemand het die volgende oor geld gesê: ‘Jy kan nie wen nie. As jy daarop fokus om geld te maak, is jy materialisties. As jy probeer om geld te maak en dit nie regkry nie, is jy ‘n verloorder. As jy baie geld maak en dit vir jouself hou, is jy ‘n gierigaard. As jy geld maak en dit spandeer, is jy ‘n verkwister. As jy nie daaroor omgee om geld te maak nie, is jy sonder ambisie. As jy baie geld maak en dit steeds het wanneer jy doodgaan, is jy ‘n dwaas – omdat jy dit saam met jou probeer neem.’ Die enigste manier om werklik met geld te wen, is om dit losweg vas the hou; om vrygewig daarmee te wees en dinge van waarde te bereik.

Die nyweraar Andrew Carnegie het in 1889 ‘n opstel met die titel: ‘Die evangelie van rykdom’ geskryf, waarin hy gesê het dat die lewe van ‘n ryk persoon twee fases moet beslaan: ‘n seisoen om rykdom te verkry en ‘n seisoen om dit te versprei. Die enigste manier om ‘n gesindheid van vrygewigheid te behou, is om ‘n gewoonte daarvan te maak om jou tyd, talente, aandag, hulpbronne en geld te gee. Hoe kan jy dus vrygewig word?

1) Vind uit watter tipe houvas jou besittings op jou het. Kies iets wat waarlik vir jou kosbaar is, dink aan iemand vir wie jy omgee wat dit nodig het, en gee dit dan vir daardie persoon.

2) Sit jou geld aan die werk. As jy iemand met ‘n visie om iets uitnemend te doen ken, verskaf aan hulle die hulpbronne om dit te doen. Soos John Nunyan gesê het: ‘Jy het nog nie vandag geleef as jy nog nie iets vir iemand wat jou nooit kan terugbetaal, gedoen het nie.’

Sielskos: 1 Sam 20:30-23:29; Matt 27:57-66; Ps 60; Spr 22:7-11

Hoe om vrygewig te word (1)

2025-09-25
Lukas 12:15 NLV

As jy ‘n vrygewige persoon wil word, moet jy die volgende doen:

1) Wees dankbaar vir wat jy het. Vrygewigheid ontstaan uit tevredenheid; dit ontstaan nie uit deur nog besittings bymekaar te maak nie. John D. Rockefeller het erken: ‘Ek het miljoene gemaak, maar dit het my geen geluk gebring nie.’ As jy nie met bietjie tevrede is nie, sal jy heel waarskynlik ook nie met baie tevrede wees nie. As jy ook nie vrygewig met die bietjie wat jy het is nie, sal dit waarskynlik nie ewe skielik verander wanneer jy ryk is nie.

2) Moenie toelaat dat die begeerte na besittings jou beheer nie. Jesus het gesê: ‘…Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie’ (vers 15 NLV). Richard Foster skryf: ‘In ons kultuur is dit ‘n obsessie om goed te besit. As ons dit besit, voel ons ons kan dit beheer; en as ons dit kan beheer, voel ons dit sal ons meer plesier verskaf. Dis egter ‘n illusie.’

3) Sien geld as ‘n hulpbron. Die eerste keer wat die gewilde Franse skrywer Dominique Lapierre Indië besoek het, het hy met ‘n nuwe Rolls-Royce gery. Terwyl hy daar was, het hy navorsing vir sy boek, The City of Joy, gedoen. Hy het egter ook iets anders ontdek: ‘n passie om die armes te help. Hierdie ontdekking het sy lewe verander. Tot sy dood in Desember 2022 het hy sy tyd tussen skryf, fondsinsameling en hulp aan mense, verdeel. Sy houding kan saamgevat word deur hierdie woorde wat op die agterkant van sy besigheidskaartjie verskyn: ‘Alles wat nie uitgedeel word nie, gaan verlore.’

Sielskos: 1 Sam 18:1-20:29; Matt 27:45-56; Ps 68:19-35; Spr 22:6

How to become generous (1)


Luke 12:15 NLT

If you want to become a generous person, do these:

(1) Be grateful for whatever you have. Generosity rises out of contentment; it doesn’t come from obtaining more. John D. Rockefeller admitted, “I have made millions, but they have brought me no happiness.” It’s an inside job; if you’re not content with a little, you probably won’t be content with a lot. And if you’re ungenerous with a little, you won’t abruptly change when you become wealthy.

(2) Don’t allow the desire for possessions to control you. Jesus said, “Guard against every kind of greed. Life is not measured by how much you own” (v. 15 NLT). Author Richard Foster writes, “Owning things is an obsession in our culture. If we own it, we feel we can control it; and if we can control it, we feel it will give us more pleasure. The idea is an illusion.” If you want to take control of your heart, don’t let your possessions take control of you.

(3) Regard money as a resource. The first time popular French author Dominique Lapierre went to India to conduct research for a new book, he rode in a Rolls-Royce he had just bought with a book advance. While there, he learned what he needed for his book The City of Joy. But he also encountered something else: a passion to help the poor. And that discovery transformed his life. Until his death in December 2022, he distributed his time between writing, fundraising, and giving time and money to help people. His attitude can be summarized by these words on the back of his business card: “All that is not given is lost.”

Soul food: 1 Sam 18:1-20:29; Matt 27:45-56; Ps 68:19-35; Pro 22:6