Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (2)

2025-11-09
Hebreërs 10:14 NLV

Dorothy Littell Greco skryf: ‘Vir sommige perfeksioniste lei die vrees om ‘n fout te maak tot ‘n soort verlamming, wat ons oor elke besluit laat tob. Om jou te help onderskei of perfeksionisme in jou lewe ingesluip het, oorweeg die volgende vrae: a) Is jy gemaklik om hulp te vra, of is jy slegs gemaklik om dit aan te bied? b) Is jy in staat om gepaste kritiek te ontvang sonder om verdedigend te wees? c) Het jy ‘n knaende oortuiging dat jy op een of ander manier tekort skiet? d) Kritiseer jy jouself aanhoudend? e) Is jy in staat om vreugde te ervaar? ‘n Afwesigheid van vreugde kan een van die grootste tekens van perfeksionisme wees. Dit pers stadig die vreugde uit die lewe uit deur kreatiwiteit te verminder, foute te beklemtoon en ons slawe van sukses te maak.’

Die waarheid is dat dit nie saak maak hoe hard ons probeer nie, ons sal nooit perfek genoeg wees om ons sondeskuld af te betaal nie. Ons hoef nie te wees nie! ‘Maar ons Hoëpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit… Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig’ (verse 12,14 NLV). Wanneer God jou perfek maak, gaan dit vir ewig wees en sodra jy hierdie waarheid begin verstaan, sal dit jou lewe verander.

Gigi Graham Tchividjian sê: ‘Ons hoef nie perfek te wees om ‘n seën vir ander te wees nie. Ons moet net eerlik wees, op sy volmaaktheid vertrou om ons onvolmaaktheid te bedek en weet dat ons uiteindelik eendag alles sal wees waarvoor Christus ons gered het en wil hê ons moet wees.’

Sielskos: Gen 14:18-24; Ps 110; Heb 5:5-10

Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (1)

2025-11-08
Efesiërs 2:8-9 NLV

‘n Perfeksionis streef daarna om niks minder as absolute perfeksie te bereik nie. Dorothy Littel Greco skryf: ‘Ek is al my lewe lank ‘n perfeksionis. Ek moes A’s op skool kry, moes wen en moes almal tevrede stel. Elke fout of vermeende mislukking het ‘n stortvloed van selfveroordeling ontketen. Perfeksionisme spruit dikwels uit onsekerheid en ‘n foutiewe begrip van genade. Gedurende die eerste paar jaar behoort ouers deur hul woorde en dade te kommunikeer dat ons dierbaar is, al doen ons niks om daardie liefde te verdien nie. Nie almal van ons was egter aan die ontvangkant van sulke ouerskap nie. Daar is aan baie van ons behoeftes met frustrasie of selfs woede voldoen, wat ons as volg geïnterpreteer het: ‘Daar is iets fout met my.’ Wanneer dit die geval is, sluip skaamte mettertyd in en word ons begrip van ons eiewaarde verdraai.

Die stem van perfeksionisme het toegeneem toe ek Jesus begin volg het. Ek was bang om geoordeel en uitgesluit te word, wat my gemotiveer het om my waarde aan my mede-Christene te bewys. Alhoewel ek teoreties geglo het dat ek uit genade gered is, het ek gelewe asof ek verlossing op krediet gekoop het en ‘n enorme skuld aangegaan het. Ek het geleef asof Jesus my ‘verlossingskontrak’ sou opskeur die oomblik wat ek ‘n fout maak. Toe ek begin verstaan het dat trots en ‘n vrees vir die mensdom my perfeksionisme aandryf, het ek dit as sonde bely en het perfeksionisme se wurggreep op my lewe begin verslap. Soos die Samaritaanse vrou by die put, het ek nodig gehad dat Jesus by my hart en gedagtes inbreek en my saggies na sy lewende water toe lei.’

Onthou, jy hoef nie perfek te wees om ‘n seën vir ander mense te wees nie!

Sielskos: 1 Kro 23:21-26:19; Joh 10:1-10; Ps 99; Spr 26:1-6

You will never be perfect enough (1)


Ephesians 2:8-9 ESV

A perfectionist seeks to achieve nothing less than perfection. Dorothy Littell Greco writes: “I’ve been a perfectionist for as long as I can remember… I had to get A’s, had to win, and had to please everyone. Every mistake or perceived failure unleashed a torrent of self-condemnation… Perfectionism often [comes from] insecurity and a faulty understanding of grace. During the first few years… parents are meant to communicate through their words and actions that we’re… lovable, even though we do nothing to earn that love… But not all of us were the beneficiaries of such parenting. Many of our needs were met with frustration or even anger, which we interpreted as, ‘There’s something wrong with me.’ When that’s the case, over time, shame creeps in… [and] distorts our understanding of our self-worth.

The voice of perfectionism increased when I started following Jesus. I feared being judged and… excluded, [which] motivated me to prove my worth to my fellow Christians. Though I believed, theoretically, that I was saved by grace, I lived as if I had purchased salvation on credit and was accruing an enormous debt. I [lived] as if Jesus would tear up our ‘salvation contract’ the moment I made a mistake. As I began to understand that pride and a fear of mankind were driving my perfectionism, I confessed this as sin… [and] the chokehold started to loosen. Like the Samaritan woman at the well, I needed Jesus to break in and tenderly reorient me to his living water.”

Remember, you don’t have to be perfect to be a blessing to others – you just have to be real!

Soul food: 1 Chr 23:21-26:19; John 10:1-10; Ps 99; Prov 26:1-6

Show appreciation for your pastor

2025-11-07
1 Thessalonians 5:12 NCV

Paul writes to the church at Thessalonica and says, “Now, brothers and sisters, we ask you to appreciate those who work hard among you, who lead you in the Lord and teach you. Respect them with a very special love because of the work they do” (vv. 12-13 NCV). Consider these twenty-first century statistics:

(1) Fifty percent of pastors feel so disheartened that they would exit the ministry if they could, but they don’t know any other way to make a living.

(2) Fifty percent of ministers starting out won’t continue five years in the ministry.

(3) Only one out of every ten ministers will retire as ministers in some capacity.

(4) In America more than seventeen hundred pastors exited the ministry every month of 2011. There are many reasons why pastors leave the ministry. One reason is inadequate financial support and stress on the family. Paul addresses this: “Let the elders [pastors] who rule well be counted worthy of double honour [financial remuneration], especially those who labour in the word and doctrine. For the Scripture says, ‘You shall not muzzle an ox while it treads out the grain,’ and, ‘The labourer is worthy of his wages'” (1 Timothy 5:17-18 NKJV).

Some pastors leave the ministry because they are the target of frequent criticism. Paul addresses this: “Do not receive an accusation against an elder [pastor] except from two or three witnesses” (v. 19 NKJV). So, pray for your pastor, and make it a point to show them your appreciation. God will bless you for it.

Soul food: 1 Chr 19:1-23:20; John 9:24-41; Ps 115; Prov 25:26-28

Bewys waardering teenoor jou pastoor


1 Tessalonisense 5:12 NLV

Paulus skryf aan die gemeente in Tessalonika en sê: ‘Liewe broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon…’ (verse 12-13 NLV). Oorweeg hierdie statistieke van die een-en-twintigste eeu:

1) Vyftig persent van predikers voel so moedeloos dat hulle die bediening sou verlaat as hulle kon, maar hulle ken geen ander manier om ‘n bestaan te maak nie.

2) Vyftig persent van predikante sal nie vyf jaar in die bediening uithou nie.

(3) Slegs een uit elke tien predikante sal as predikante in een of ander hoedanigheid aftree.

4) In Amerika het daar in 2011 elke maand meer as ‘n duisend sewehonderd predikante die bediening verlaat. Daar is baie redes waarom predikers die bediening verlaat. Een rede is onvoldoende finansiële ondersteuning en stres op die gesin. Paulus spreek dit aan: “Ouderlinge wat hulle werk goed doen, moet ook goed betaal word, veral dié wat hard werk in prediking én lering. Want die Skrif sê: ‘Moenie ‘n os verhinder om te eet terwyl hy die graan uittrap nie.’ En op ‘n ander plek: ‘Dié wat werk, verdien hulle loon'” (1 Timoteus 5:17-18 NLV).

Sommige predikers verlaat die bediening omdat hulle dikwels die teiken van gereelde kritiek is. Paulus spreek dit as volg aan: ‘Moenie na klagtes teen ‘n ouderling luister nie, tensy daar twee of drie getuies is wat hom aankla’ (vers 19 NLV). Bid dus vir jou pastoor en maak dit ‘n punt om jou waardering te bewys. God sal jou daarvoor seën.

Sielskos: 1 Kro 19:1-23:20; Joh 9:24-41; Ps 115; Spr 25:26-28