2025-11-16
Isaiah 43:18-19 NCV
It’s time to get back in touch with who you really are and your God-given gifts. This may mean confronting certain things you may dislike about yourself and your present situation. Beginning the process is the most difficult part. One approach to do that is to stop seeing yourself as you or others see you, and instead see yourself as God views you. Your vision for yourself is one of the first things that disappears when life gets hard, when you get stuck in sickness or debt or unhappiness. So, get back in touch with that vision!
And where you see a disconnection between who you are and how you are currently living, drop the blame and self-accusation for getting off track. Once you do, you will start to detect that what’s inside you is now outside as well, showing in your life. Who you are behind closed doors develops into who you are everywhere. Let yourself see yourself as fresh and new, willing to begin again. Start taking one step at a time.
When you see yourself the way God does, you see yourself standing up to say, “I am here and ready to use my gifts to live the life I was intended for!” That puts you in agreement with God who says: “Forget what happened before, and do not think about the past. Look at the new thing I am going to do. It is already happening. Don’t you see it? I will make a road in the desert and rivers in the dry land.”
Soul food: Josh 1; Ps 27:11-14; 2 Cor 5:6-10
Jesaja 43:18-19 NLV
Dis tyd om weer in aanraking met wie jy regtig is en jou Godgegewe gawes te kom. Dit mag beteken dat jy dalk sekere dinge wat jy nie van jouself en jou huidige situasie hou nie, moet konfronteer. Om die proses te begin is die moeilikste deel. Een benadering om dit te doen is om jouself op te hou sien soos ander mense jou sien en jouself te begin sien soos God jou sien. Jou siening van jouself is een van die eerste dinge wat verdwyn wanneer die lewe moeilik raak, wanneer jy in siekte of skuld of ongelukkigheid vasgevang is. Kom dus weer in aanraking met daardie siening!
Wanneer jy ‘n diskonneksie tussen wie jy is en hoe jy tans leef sien, moet jy die blaam en selfbeskuldiging omdat jy die pad byster geraak het, laat vaar. Wanneer jy dit doen, sal jy begin agterkom dat dit wat binne jou is, nou ook buite jou is en in jou lewe begin wys. Neem een tree op ‘n slag.
Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy jouself sien opstaan en sê: ‘Ek is hier en gereed om my gawes te gebruik om die lewe waarvoor ek bestem is, te leef!’ Dit plaas jou in ooreenstemming met God wat sê: ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nog gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek gaan ‘n pad maak deur die wildernis vir my volk om huis toe te kom. Ek maak vir hulle riviere in die woestyn!’
Sielskos: Josua 1; Ps 27:11-14; 2 Kor 5:6-10
2025-11-15
Joel 3:10 NKJV
Notice that the Bible doesn’t say, “Let the weak call their friends and discuss their weaknesses.” Or, “Let the weak talk about their weaknesses.” Or “Let the weak whine about their weaknesses.” No, it basically says, “Let the weak say the opposite of how they feel.”
So instead of talking about the way you are, talk about the way you desire to be. Talk about what God’s Word says you can be, have, and experience. If you get up each morning feeling exhausted and beat down, instead of groaning about it, you need to declare, “I am strong in the Lord. This is the day that the Lord has made, I will rejoice and be glad in it” (See Psalm 118:24).
When you do that, you will not only alter how you feel but also your attitude. You won’t step into the day with a tired, defeated, victim mentality. You will go out with a winning mentality, with a bounce in your step, with a grin on your face, and with your shoulders squared. When God’s Word becomes your word, it will lift your spirit and help you see yourself and your situations a whole new way.
Jesus said, “Whoever says to this mountain, ‘Be removed and be cast into the sea,’ and does not doubt in his heart, but believes that those things he says will be done, he will have whatever he says” (Mark 11:23 NKJV). Note the words “he will have whatever he says.” So, each day look in the mirror and say, “Good morning you blessed, strong, secure, confident, highly favoured child of God.” In other words, speak “life.”
Soul food: 2 Chr 16-18; John 11:38-57; Ps 81; Prov 27:1-3
Joël 3:10 NLV
Die Bybel sê nie: ‘Laat die swakkelinge hul vriende bel en hulle swakhede bespreek’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede praat’ nie. Of: ‘Laat die swakkelinge oor hul swakhede kla’ nie. Nee, dit sê basies: ‘Laat die swakkelinge die teenoorgestelde sê as wat hulle voel.’
In plaas daarvan om dus oor die manier wat jy is te praat, moet jy oor die manier wat jy graag wil wees, praat. Praat oor dit wat God se Woord sê jy kan wees, hê en ervaar. As jy elke oggend moeg en uitgeput opstaan, moet jy in plaas daarvan om daaroor te kerm, verklaar: ‘Ek is sterk in die Here. Dit is die dag wat die Here gemaak het, ek sal daaroor juig en bly wees’ (sien Psalm 118:24).
Wanneer jy dit doen, sal jy nie net hoe jy voel verander nie, jy sal ook jou houding verander. Jy sal nie die dag met ‘n moeë, oorwonne, slagoffermentaliteit begin nie. Jy sal ‘n oorwinnaarshouding hê, met ‘n wip in jou stap, ‘n glimlag op jou gesig en jou skouers vierkantig agtertoe. Wanneer God se Woord jou woorde word, sal dit jou gees ophef en jou help om jouself en jou situasies op ‘n heeltemal nuwe manier te sien.
Jesus het gesê: ‘Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie’ (Markus 11:23 NLV). Sê dus elke dag in die spieël vir jouself: ‘Goeiemôre, jou geseënde, sterk, veilige, selfversekerde, hoogs begunstigde kind van God.’ Met ander woorde, spreek ‘lewe.’
Sielskos: 2 Kro 16-18; Joh 11:38-57; Ps 81; Spr 27:1-3
2025-11-14
Spreuke 18:21 NLV
Maak seker dat jou woorde met God se Woord ooreenstem en proklameer dit oor jou lewe. Wat sê jy oor jou toekoms? Jou familie? Jou finansies? Jou gesondheid? Wanneer dit wat jy sê in lyn is met dit wat God sê, gee jy lewe aan jou geloof. Begin dus om te sê: ‘Ek kan alles deur Christus doen. Ek is geseënd. Ek is sterk. Ek is gesond.’ Wanneer jy so praat, spreek jy seën oor jou lewe uit.
In plaas daarvan om te kla en te sê: ‘Wel, wat het ek verwag? Ek wen nooit,’ moet jy eerder verklaar: ‘Ek besef dat wanneer een deur toegaan, God ‘n ander deur oopmaak. Wat veronderstel was om my kwaad aan te doen, sal God ten goede gebruik (sien Genesis 50:20). Ek sal beter hieruit kom as wat ek voorheen was’ (sien Romeine 8:28).
Wat jy oor jouself sê, is belangriker as wat enigiemand anders oor jou sê. Die woorde wat uit jou mond uit gaan, gaan direk in jou ore in en skep uiteindelik dieselfde beeld aan die binnekant. Begin dus God se Woord oor jou situasie spreek. Met ander woorde, spreek ‘lewe.’
Sielskos: 2 Kro 12-15; Joh 11:28-37; Ps 50; Spr 26:27-28