God wil deur jou werk (1)

2025-11-21
1 Konings 22:20 NLV

Hier is ‘n wonderbaarlike verhaal oor die manier waarop God te werk gaan. “…Ek het die Here gesien waar Hy op sy troon sit met die hemelse leërmag weerskante van Hom. Die Here het gesê: ‘Wie sal vir Agab oortuig om teen Ramot-Gilead oorlog te maak sodat hy daar kan omkom?’ Daar was verskillende voorstelle. Uiteindelik het die gees voor die Here gaan staan en gesê: ‘Ek sal dit doen!’ ‘Hoe sal jy dit doen?’ vra die Here vir hom. Die gees het geantwoord: ‘Ek sal gaan en al Agab se profete oortuig om leuens te vertel.’ ‘Jy sal slaag,’ sê die Here. ‘Gaan voort en doen dit'” (verse 19-22 NLV).

Sien jy wat in die hemel gebeur? God wil Israel van hul bose koning red, maar Hy is oop vir idees. Wanneer die gees (of engel) voorstel om die koning deur sy raadgewers te mislei, keur God dit nie net goed nie, maar beloof ook dat Hy sukses sal behaal. Op aarde waarsku die profeet Miga vir Agab dat sy raadgewers om die bos gelei is. Die koning kies egter om in elk geval na hulle te luister. Hy marsjeer met vrymoedigheid noord om te gaan oorlog maak, maar sterf in die geveg.

Hierdie verhaal wys vir jou ‘n duidelike verband tussen gebeure in die hemel en gelyktydige gebeure op aarde. Ja, God kan soewerein sonder ons hulp optree. Hy kies egter ook om deur mense soos ons te werk. Hy het ‘n doenlys wat ‘sy wil’ genoem word. Hy soek mense wat voorbereid, in staat, gereed en gewillig is om dit te doen. Wat moet jou reaksie wees? Om te bid: ‘Here, wat U ook al vandag gedoen wil hê, gebruik my om dit te doen!’

Sielskos: 2 Kro 32-34; Joh 13:1-17; Ps 95; Spr 27:17-19

God wants to work through you (1)


1 Kings 22:20 NKJV

Here is an amazing story of how God works: “I saw the Lord sitting on His throne, and all the host of heaven standing by, on His right hand and on His left. And the Lord said, ‘Who will persuade Ahab to go up, that he may fall at Ramoth Gilead?’ So one spoke in this manner, and another spoke in that manner. Then a spirit came forward and stood before the Lord, and said, ‘I will persuade him.’ The Lord said to him, ‘In what way?’ So he said… ‘A lying spirit in the mouth of all his prophets.’ And the Lord said… ‘Go out and do so'” (vv. 19-22 NKJV).

Do you see what’s happening in heaven? It could be called a business meeting. God wants to rescue Israel from its evil king, but He is open to ideas. When the spirit (or angel) proposes to mislead the king through his advisors, God not only approves but promises him success. On earth the prophet Micaiah warns Ahab that his advisers have been misled. But the king chooses to listen to them anyway. He boldly marches north against Syria, but dies in battle.

This story shows you a clear correlation between events in heaven and simultaneous events on earth. Yes, God can act sovereignly without our help. But He also chooses to work through human beings like us. He has a to-do list that’s called “His will.” And He is looking for people who are prepared, able, ready, and willing to do it. What should your response be? To pray, “Lord, whatever you want done today, use me to do it!”

Soul food: 2 Chr 32-34; John 13:1-17; Ps 95; Prov 27:17-19

7 worry-conquering Scriptures

2025-11-20
1 Peter 5:7 NLT

Is your mind besieged with fear and worry? Read these seven Scriptures prayerfully and carefully, and use them in prayer:

“Don’t worry about anything; instead, pray about everything. Tell God what you need, and thank him for all he has done. Then you will experience God’s peace, which exceeds anything we can understand. His peace will guard your hearts and minds as you live in Christ Jesus” (Philippians 4:6-7 NLT).

“The Lord gives his people strength. The Lord blesses them with peace” (Psalm 29:11 NLT).

“Give your worries to the Lord, and he will take care of you. He will never let good people down” (Psalm 55:22 NCV).

“You will keep in perfect peace all who trust in you, all whose thoughts are fixed on you!” (Isaiah 26:3 NLT).

“I am leaving you with a gift – peace of mind and heart. And the peace I give is a gift the world cannot give. So don’t be troubled or afraid” (John 14:27 NLT).

“Blessed are those who trust in the Lord and have made the Lord their hope and confidence. They are like trees planted along a riverbank, with roots that reach deep into the water. Such trees are not bothered by the heat or worried by long months of drought. Their leaves stay green, and they never stop producing fruit” (Jeremiah 17:7-8 NLT).

“Yes, you will lie down and your sleep will be sweet” (Proverbs 3:24 NKJV).

Soul food: 2 Chr 29-31; John 12:37-50; Ps 102:18-28; Prov 27:13-16

7 Skrifgedeeltes om bekommernis te oorwin


1 Petrus 5:7 NLV

Is jou gedagtes met vrees en bekommernis beleër? Lees dan hierdie sewe Skrifgedeeltes versigtig en biddend:

‘Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas’ (Filippense 4:6-7 NLV).

‘Die Here gee krag aan sy volk. Die Here seën sy volk met vrede’ (Psalm 29:11 NLV).

‘Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie’ (Psalm 55:23 NLV).

‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is’ (Jesaja 26:3 NLV).

‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie’ (Johannes 14:27 NLV).

‘Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagtinge in Hom stel. Hulle is soos bome wat langs ‘n rivier staan, hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, hulle blare bly groen. Lang maande van droogte pla hulle ook nie, hulle hou nie op om vrugte te dra nie’ (Jeremia 17:7-8 NLV).

‘Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap’ (Spreuke 3:24 NLV).

Sielskos: 2 Kro 29-31; Joh 12:37-50; Ps 102:18-28; Spr 27:13-16

Lag meer gereeld

2025-11-19
Spreuke 17:22 NLV

Salomo het geskryf: ‘Ek het daarom besluit dat wat die mens eintlik nodig het, vreugde is. Niks is beter as om te eet en te drink en die lewe te geniet nie. Dít kan die mens help om die sinloosheid te verwerk van hierdie lewe wat God ons gegee het’ (Prediker 8:15 DB).

As jy wys is, sal jy hierdie woorde ter harte neem. Die impak van lag is goed gedokumenteer. Studies wys dat dit bloeddruk verlaag en hipertensie verminder. Dit verlaag streshormone en maak die longe en liggaamsweefsels van gestoorde, verouderde lug skoon. Dit verhoog immuunfunksies in die liggaam. Bo en behalwe al hierdie voordele, stel lag endorfiene vry – daardie ‘goedvoel’-chemikalieë in die brein wat jou gelukkig laat voel. Dis hoekom die Bybel sê: “‘n Vrolike mens is soos goeie medisyne…” Maak dus gebruik van elke geleentheid om lekker te lag. Lag vir jou foute – veral by die werk. Laat vaar die supervrou- of superman-beeld en begin pret hê.

Dit beteken nie dat jy jou standaarde van uitnemendheid verslap nie; dit dui net aan dat jy bewus is van die feit dat jy en diegene rondom jou menslik is. Geniet dit dus; wees gereed vir ‘n grappie of twee. Moenie toelaat dat die lewe se druk en negatiewe omstandighede jou sin vir humor uitwis nie. ‘n Gelag weerspieël positiewe emosies en maak dit vir ander mense aangenaam om rondom jou te wees.

Niemand geniet ‘n suurknol nie; lag kan ook jou gedagtes van dit wat vir jou stres veroorsaak, aftrek. Lag dus gereeld en onthou: ‘…die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!’ (Nehemia 8:10 NLV).

Sielskos: 2 Kro 25-28; Joh 12:20-36; Ps 102:12-17; Spr 27:10-12