Die voordele van ware vriendskap

2025-11-26
Spreuke 27:17 NLV

Hier is vier voordele wat ware vriendskap meebring: Eerstens, ‘n ware vriend is iemand wat, wanneer jy voel dat jy ‘n gemors van dinge gemaak het en jouself verneder het, steeds in jou glo en jou gerusstel dat jy nie permanente skade aangerig het nie. Die Bybel sê: ‘Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook ‘n vriend wees vir wie jy liewer is as vir jou eie broer’ (Spreuke 18:24 NLV).

Tweedens, ‘n ware vriend is iemand wat daar is wanneer die goeie tye opraak. Die Verlore Seun het tot sy seer ontdek dat wanneer jou geld opraak, baie van jou sogenaamde vriende daarmee saam verdwyn.

Derdens, ‘n ware vriend is iemand wat in jou pad staan as jy op ‘n afdraande pad is. Jakobus skryf: ‘My liewe broers en susters, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom laat terugdraai, weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red en maak dat ‘n klomp sondes bedek word’ (Jakobus 5:19-20 NLV). Salomo skryf: “‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Die wonde van iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee” (Spreuke 27:5-6 NLV).

Vierdens, ‘n ware vriend is iemand wat instap wanneer die wêreld uitstap. Die Bybel sê: ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV).

As jy sulke vriende in jou lewe het, koester hulle – hulle is ‘n gawe van God. Moet ook nie net neem nie, maar gee terug. Gaan uit jou pad uit om ‘n ware vriend vir iemand anders te wees.

Sielskos: Josua 5:1-8:29; Joh 14:15-25; Ps 118:19-29; Spr 28:5-8

The benefits of true friendship


Proverbs 27:17 NLT

Here are four benefits of a true friendship: First, a true friend is someone who, when you feel like you have made a mess out of things and a fool out of yourself, still believes in you and reassures you that you haven’t done permanent damage. The Bible says, “There are ‘friends’ who destroy each other, but a real friend sticks closer than a brother” (Proverbs 18:24 NLT).

Second, a true friend is someone who is there when the good times are not. The Prodigal Son discovered to his hurt that when your money runs out, many of your so-called friends go with it.

Third, a true friend is someone who gets in your way when you are on your way down. James writes: “My dear brothers and sisters, if someone among you wanders away from the truth and is brought back, you can be sure that whoever brings the sinner back will save that person from death and bring about the forgiveness of many sins” (James 5:19-20 NLT). Solomon writes, “An open rebuke is better than hidden love! Wounds from a sincere friend are better than many kisses from an enemy” (Proverbs 27:5-6 NLT).

Fourth, a true friend is someone who comes in when the world walks out. The Bible says, “A friend is always loyal, and a brother is born to help in time of need” (Proverbs 17:17 NLT).

If you have friends like this in your life, treasure them – they’re a gift from God. And don’t just be a taker, be a giver. Go out of your way to be a true friend to someone else.

Soul food: Josh 5:1-8:29; John 14:15-25; Ps 118:19-29; Prov 28:5-8

How to get off the treadmill

2025-11-25
Psalm 40:1 NLT

Have you ever watched a hamster running on a wheel? The hamster looks outside his glass cage and sees freedom, so he decides to make a run for it. But after a while, he realizes that he is not getting anywhere, so he runs faster. He runs until he is exhausted and can run no more.

Can you identify with the hamster? You have been trying for years to break a habit, yet today you’re still in the same place, or worse. You have made New Year’s resolutions to quit your bad habits or have a better marriage or work on getting fit or improving your finances. Yet, you’re still in the same position. Why? Because you’re using the wrong method! You cannot change yourself.

The only way for a hamster to find freedom is if his owner reaches down inside the cage and lifts him out. He needs somebody bigger than himself, with greater power. David said: “I waited patiently for the Lord to help me, and he turned to me and heard my cry. He lifted me out of the pit of despair, out of the mud and the mire. He set my feet on solid ground and steadied me as I walked along. He has given me a new song to sing, a hymn of praise to our God. Many will see what he has done and be amazed. They will put their trust in the Lord. Oh, the joys of those who trust the Lord” (vv. 1-4 NLT).

The way to get off the treadmill is to cry out to God, and He will set you free.

Soul food: Josh 1-4; John 14:1-14; Ps 118:10-18; Prov 28:1-4

Hoe om van die trapmeul af te klim


Psalm 40:2 NLV

Het jy al ooit gekyk hoe ‘n hamster op ‘n wieletjie hardloop? Die hamster kyk by sy glashok uit en sien vryheid, dus besluit hy om soontoe te hardloop. Na ‘n ruk kom hy egter agter dat hy nêrens kom nie, dus hardloop hy vinniger. Hy hardloop totdat hy uitgeput is en nie verder kan hardloop nie.

Kan jy met die hamster identifiseer? Jy probeer al vir jare om ‘n gewoonte te breek, maar tog is jy vandag nog steeds op dieselfde plek, of selfs op ‘n erger plek. Jy het ‘n nuwejaarsvoorneme gemaak om jou slegte gewoontes te verbreek, of ‘n beter huwelik te hê, of fiks te word, of jou finansies te verbeter. Tog is jy steeds in dieselfde posisie. Hoekom? Omdat jy die verkeerde metode gebruik! Jy kan nie jouself verander nie.

Die enigste manier waarop die hamster vryheid kan smaak, is as sy eienaar hom uit sy hok tel. Hy het iemand groter as hyself, met meer krag, nodig. Dawid het gesê: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou’ (verse 2-4 NLV).

Die manier om van die trapmeul af te klim is om na God te roep, en Hy sal jou vrymaak.

Sielskos: Josua 1-4; Joh 14:1-14; Ps 118:10-18; Spr 28:1-4

‘n Verhouding gebaseer op reëls

2025-11-24
Jakobus 1:25 NLV

Om hemel toe te gaan, word alleenlik op ‘n verhouding met Christus gebaseer; een waarin jy al jou vertroue in Hom plaas. Hierdie verhouding bevat ook reëls waarvolgens jy lewe en riglyne wat jou meer heilig maak. ‘n Tennisspeler kan nie tennis speel as daar geen basislyn is om hom of haar te laat weet of die bal in of uit is nie. ‘n Rugbyspeler kan nie rugby sonder ‘n doellyn speel nie. ‘n Sokkerspeler kan nie sokker sonder ‘n kantlyn speel nie.

Jy kan nooit waarlik vry wees as daar nie beperkings is nie. ‘n Vis is byvoorbeeld nie vry om deur die oerwoud te wandel nie en ‘n leeu is nie vry om in die oseaan te woon nie. Hulle is nie daarvoor gemaak nie. Vryheid is om die voordele waarvoor jy geskep is, te ontvang. Vryheid beteken nie dat daar geen grense is nie. Vryheid in Christus beteken dat jy, binne die regte grense, in oorvloed kan lewe (sien Johannes 10:10). Jakobus skryf: ‘As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet… en jy dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.’

Aan die bokant van die Statue of Liberty is ‘n kroon met sewe skerp punte wat die sewe seë en sewe kontinente uitbeeld. Die simboliek daaragter is dat jy na Amerika kan kom, maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Aan die onderkant van die standbeeld is ‘n gebreekte ketting, wat beteken dat jy na Amerika kan kom en vryheid kan vind. Wanneer jy egter na Amerika kom, moet jy instem om die reëls van die land te eerbiedig.

Sielskos: 3 Joh; Judas; Joh 13:31-38; Ps 118:1-9