2025-12-20
Psalm 91:11 NLV
‘n Universiteitsprofessor het een keer ‘n groep studente na China vergesel. ‘n Paar dae na die aanvang van die reis het die professor ondenkbare maagpyn begin ervaar en is per ambulans na ‘n plaaslike kliniek gehaas. Dit was ‘n klein dorpie en die mediese personeellid in beheer van die kliniek het besef dat die professor se blindederm gebars het. Gif het deur sy hele liggaam versprei, maar aangesien daar geen chirurg by die kliniek was nie, was daar nie veel wat hulle vir hom kon doen nie. Die professor het stuiptrekkings begin kry en sy bewussyn begin verloor.
Terug by die huis in Amerika het die professor se pa, ‘n pastoor, tydens ‘n kerkdiens ‘n buitengewone besorgdheid oor sy seun begin voel. Hy het vir die gemeente gesê: ‘Ons moet gou stop en vir my seun bid. Iets is verkeerd.’ Dit was twee-uur die oggend in China toe een van die bekendste chirurge in die land die kliniek skielik binnestap – die einste chirurg wat saam met die Amerikaanse president reis wanneer hy China besoek. Die personeel was verbaas om hom te sien.
‘Ek is hier om na die Amerikaner om te sien,’ het die chirurg gesê. Hy het die operasie op die professor uitgevoer en sy lewe gered. Die volgende dag het die chirurg vir die professor gevra: ‘Wie is daardie twee mans wat jy gister na my kantoor gestuur het?’ Die professor het geantwoord: ‘Ek het niemand na jou gestuur nie. Ek ken niemand hier in China nie.’ Die chirurg het gesê: ‘Dis vreemd, want hulle het gesê jy is ‘n baie belangrike persoon en dat ek hiernatoe moet kom om jou te opereer.’ God se Woord sê: ‘Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm.’
Sielskos: 1 Kor 1-3; Matt 1:6b-11; Ps 113; Spr 31:14-17
Psalm 91:11 NLT
A college professor once took a group of students to China for a field trip. Several days into the journey, the professor experienced unimaginable stomach pain and was rushed by ambulance to a local clinic. It was a tiny town and the medical staffer in charge of the clinic observed that the professor’s appendix had ruptured. Poison was spreading all through his body, but since there were no surgeons around, there wasn’t much that could be done for him. The professor went into convulsions and in and out of consciousness.
Back home in America during a church service, the professor’s father, a pastor, began to feel an extraordinary burden for his son. He said to the congregation, “We must stop and pray for my son. Something is wrong.” In China it was two o’clock in the morning when suddenly one of the country’s most famous surgeons walked into the clinic – the very surgeon who travels with the US president when he visits China. The staff was amazed to see him.
“I’m here to take care of the American,” the surgeon said, and he operated and saved the professor’s life. The next day, the surgeon said to the professor, “Who were those two men you sent into my office yesterday?” The professor replied, “I didn’t send anybody to you. I don’t know anybody here in China.” The surgeon said, “That’s odd, because they said you were a very important person and that I needed to be here and operate on you.” God’s Word says, “He will order his angels to protect you wherever you go.”
Soul food: 1 Cor 1-3; Matt 1:6b-11; Ps 113; Prov 31:14-17
2025-12-19
1 Korintiërs 15:43 NLV
Ons nuwe liggaam mag dalk ‘n glansende kwaliteit hê. Toe Moses tyd met God deurgebring het, het iets ongewoons met hom gebeur – sy gesig het begin blink (sien Eksodus 34:29). Iets soortgelyks het met Jesus gebeur: ‘En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het skitterend wit geword’ (Lukas 9:29 NLV). In Openbaring 21:23 lees ons dat die hele Nuwe Jerusalem deur die heerlikheid van God en die opgestane Christus verlig sal word.
Die Bybel sê ook: ‘Hulle wat ander mense leer, sal skitter soos die naghemel. Hulle wat baie mense lei om regverdig te word, sal vir ewig en altyd soos sterre skyn’ (Daniël 12:3 NLV). ‘Dan sal dié wat reg voor God gelewe het, soos die son skitter in die koninkryk van hulle Vader…’ (Matteus 13:43 NLV). ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder. Hy sal ons vernederde liggame verander met goddelike heerlikheid, soos sy eie…’ (Filippense 3:20-21 NLV). ‘Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk’ (1 Johannes 3:2 NLV).
Een pastoor skryf: ‘Die Here Jesus Christus het deur sy opstanding die betaling, die bewys en die bloudruk van ons eie opstanding voorsien.’ ‘Net soos ons nou ‘n ewebeeld van Adam is, die mens uit die aarde, so sal ons eendag ‘n ewebeeld van Christus wees, die mens uit die hemel’ (1 Korintiërs 15:49 NLV). Jou nuwe opstandingsliggaam gaan in heerlikheid getooi wees!
Sielskos: Mal 1-4; Matt 1:1-6a; Ps 128; Spr 31:10-13
1 Corinthians 15:43 NKJV
We could precisely translate the word glory as “brilliance.” Our new bodies may have a shiny quality to them. Recorded in Exodus 34:29, Moses spent time with the Lord and something uncommon happened to him – his face became luminous and began to shine. A similar thing happened to Jesus on the Mount of Transfiguration (See Luke 9:28-29). In Revelation 21:23, we read that the entire city of New Jerusalem will be brightly illuminated by the light radiating from God’s glory and the resurrected Christ.
Daniel 12:3 tells us that the resurrected saints “shall shine like the brightness of the firmament” (NKJV). Matthew 13:43 says, “The righteous will shine forth as the sun in the kingdom of their Father” (NKJV). “For our citizenship is in heaven, from which we also eagerly wait for the Saviour… who will transform our lowly body that it may be conformed to His glorious body” (Philippians 3:20-21 NKJV). “Beloved, now we are children of God; and it has not yet been revealed what we shall be, but we know that when He is revealed, we shall be like Him, for we shall see Him as He is” (1 John 3:2 NKJV).
A pastor writes that “the Lord Jesus Christ, in His own resurrection, provided the payment, the proof, and the pattern for our own resurrection.” “As we have borne the image of the man of dust, we shall also bear the image of the heavenly Man” (1 Corinthians 15:49 NKJV). Just as we now bear the image of the first Adam, we will bear the image of the last Adam – who is Jesus. The truth is your new resurrection body will be glorious!
Soul food: Mal 1-4; Matt 1:1-6a; Ps 128; Prov 31:10-13
2025-12-18
1 Korintiërs 15:38 NLV
Benjamin Franklin, wat ‘n drukpers besit het, het vir homself ‘n grafskrif geskryf. Alhoewel dit nooit op sy grafsteen verskyn het nie, is dit deur die geskiedenis as gevolg van die wysheid daarvan oorgelewer. ‘Die liggaam van Benjamin Franklin, drukker; (soos die omslag van ‘n ou boek, die inhoud uitgeskeur en van sy letters en vergulding gestroop), lê hier, voedsel vir wurms. Hierdie werk sal egter nie verlore gaan nie, want dit sal, so het hy geglo, weer in ‘n nuwe en meer elegante uitgawe, hersien en reggestel deur die outeur, te voorskyn kom.’ Wat ‘n wonderlike manier om te beskryf wat eendag met ons gaan gebeur.
Die apostel Paulus het sade as metafoor gebruik: ‘Nou kan iemand vra: ‘Hoe sal die dooies wees wanneer hulle opgewek word? Watter soort liggame sal hulle hê?’ Jou dom vraesteller, as jy saad in die grond sit, ontkiem dit tog nie tot nuwe lewe as dit nie eers self doodgegaan het nie. Wat jy in die grond sit, is nie die plant wat gaan groei nie, maar bloot ‘n droë koringkorreltjie of watter ander saad jy ook al plant. Dan gee God daaraan ‘n nuwe liggaam – presies soos Hy dit bepaal het…’ (verse 35-38 NLV).
‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Wanneer jy in jou tuin plant, saai jy dalk ‘n mieliepit in die grond. Wanneer dit ontkiem, is dit steeds ‘n mielieplant; dit is in wese dieselfde as die pit wat gesaai is. Wat egter uit die grond kom, is nie die pit nie. Dis die hele plant. Dis baie groter, baie beter en baie indrukwekkender.’ Jou nuwe opstandingsliggaam sal verhewe teenoor jou ou liggaam wees net soos die plant teenoor die saad verhewe is; dit sal ‘n liggaam wees wat spesifiek vir die ewige lewe ontwerp is.
Sielskos: Sag 12-14; Joh 21:15-25; Ps 47; Spr 31:6-9