Honouring a Christmas promise

2025-12-25
Luke 2:12 RSV

Arriving at church one Christmas morning, a pastor paused to admire the nativity scene. The figures, lovingly crafted, sat on a small stage… shepherds… wise men… animals… and in the centre, the Holy Family. Then he noticed the manger was empty; the baby Jesus was missing! After searching the church he called the associate pastor and the elders, but they knew nothing. The baby had obviously been stolen. Solemnly he reported the theft to his congregation, disappointed to think one of them might be involved. “If the baby is returned by the end of the day there’ll be no questions asked,” he said.

But the manger remained empty all day, and that afternoon, heavy-hearted and discouraged, the pastor took a walk through the wintry streets. Ahead he noticed six-year-old Tommy, bundled up against the cold, proudly dragging a bright red wagon. Knowing Tommy’s family struggled financially, the pastor was touched by their sacrifice and sped up so he could wish Tommy a merry Christmas and admire his shiny new wagon. As he approached, however, he noticed the wagon wasn’t empty – inside, wrapped and blanketed against the cold, lay the baby Jesus!

Solemnly the pastor crouched down beside Tommy. He was just a little boy, but old enough to know that stealing was wrong. The pastor made this crystal clear as the child listened; his eyes filled with what the pastor assumed were penitent tears. “But pastor,” the little boy replied, “I didn’t steal Jesus. It wasn’t like that at all. I’ve been asking Him for a red wagon for Christmas for ages – and I promised if I got one, I’d take Him on the first ride.”

Soul food: Isa 9:1-7; Matt 2:1-12; Micah 5:2-5a

Vervulling van ‘n Kerswens


Lukas 2:12 NLV

Met sy aankoms by die kerk een Kersoggend het ‘n pastoor stilgehou om die Kersfees geboortetoneel te bewonder. Die figure, liefdevol aanmekaargesit, was op ‘n klein verhoog uitgestal… herders… wyse manne… diere… en in die middel, die Heilige gesin. Toe merk hy op dat die krip leeg was; die baba Jesus was vermis! Nadat hy die kerk deursoek het, het hy die mede-pastoor en die ouderlinge gebel, maar hulle het niks geweet nie. Die baba was duidelik gesteel.Hy het die diefstal plegtig by sy gemeente aangemeld, teleurgesteld om te dink dat een van hulle dalk betrokke was. “As die baba teen die einde van die dag terugbesorg word, sal daar geen vrae gevra word nie,” het hy gesê.

Maar die krip het die hele dag leeg gebly, en daardie middag, swaarmoedig en mismoedig, het die pastoor ‘n entjie deur die winterstrate gestap. Voor hom het hy die sesjarige Tommy opgemerk, toegedraai teen die koue, waar hy ‘n helderrooi wa rondsleep. Bewus van die feit dat Tommy se familie finansieel gesukkel het, was die pastoor geraak deur hul opoffering en het hy vinnig tot by Tommy gestap om hom ‘n geseënde Kersfees toe te wens en sy blink nuwe wa te kon bewonder. Toe hy nader kom, het hy egter opgemerk dat die wa nie leeg was nie – binne, toegedraai met ‘n kombers teen die koue, het die baba Jesus gelê!

Die pastoor het langs Tommy gehurk. Hy was maar net ‘n klein seuntjie, maar oud genoeg om te weet dat steel verkeerd was. Terwyl die pastoor dit so aan Tommy verduidelik het, het die kind se oë vol trane geword. “Maar pastoor,” het die seuntjie geantwoord, “ek het nie vir Jesus gesteel nie. Dit was glad nie so nie. Ek vra Hom al baie lank vir ‘n nuwe rooi waentjie vir Kersfees – en ek het belowe as ek een kry, sal ek Hom op die eerste rit neem.”

Sielskos: Jes 9:1-7; Matt 2:1-12; Miga 5:2-5a

This Christmas reach out to someone

2025-12-24
John 1:14 NIV

Here’s a great story from Fifth Avenue Presbyterian Church in New York City. It’s about a recovering alcoholic called Jim. It was his first Christmas alone, and when a young family sat down beside him in the pew he couldn’t handle it. As he was leaving the church he met Pastor Thomas Tedwell, who asked where he was going. “Out for a drink,” he replied. Tedwell said, “You can’t. Where’s your sponsor?” “On vacation,” replied Jim. “I came here tonight looking for a word of hope and ended up sitting beside this happy family. And if I had my life together, I’d be here with mine.”

As the pastor walked to the pulpit he prayed, “God, give me a word of hope for Jim.” Then after welcoming the congregation, he said, “I’ve an unusual request. If anyone here is a friend of Bill W’s, and if you are – you’ll know it, please meet me in the vestry. (Bill Wilson, better known as Bill W., cofounded Alcoholics Anonymous). Immediately people from all over the church began to respond. As Dr. Tedwell observed, “While I was busy preaching about the Incarnation, the Word was becoming flesh before my eyes!”

This Christmas some of the people around you are hurting; they’ve lost hope. So, “Let the word become flesh.” Lift the fallen, encourage the despairing, and minister to the sick, the lonely, and the forgotten. Jesus said, “When you did it to these my brothers you were doing it to me!” (Matthew 25:40 TLB) Instead of keeping to yourself this year, reach out to someone. Go ahead – it’ll be your best Christmas ever!

Soul food: 1 Cor 10-11; Matt 1:18-25; Ps 139:1-12; Prov 31:25-27

Reik hierdie Kersfees na iemand toe uit


Johannes 1:14 NLV

Hier is ‘n wonderlike verhaal wat in die Presbiteriaanse Kerk in New York afgespeel het. Dit gaan oor ‘n alkoholis, genaamd Jim, wat op die herstelpad was. Dit was sy eerste Kersfees alleen en toe ‘n jong gesin langs hom in die kerkbank gaan sit, kon hy dit nie hanteer nie. Op pad by die kerk uit, het hy pastoor Thomas Tedwell ontmoet, wat gevra het waarheen hy gaan. ‘Uit vir ‘n drankie,’ het Jim geantwoord. Tedwell het gesê: ‘Jy kan nie dit doen nie. Waar is jou AA borg?’ ‘Op vakansie,’ het Jim geantwoord. ‘Ek het vanaand hierheen gekom op soek na ‘n woord van hoop en het langs daardie gelukkige gesin beland. As my lewe nie so ‘n gemors was nie, sou ek hier saam met my familie gesit het.’

Terwyl die pastoor na die kansel gestap het, het hy gebid: ‘God, gee my ‘n woord van hoop vir Jim.’ Nadat hy die gemeente verwelkom het, het hy gevra: ‘Ek het ‘n ongewone versoek. As iemand hier ‘n vriend van Bill W. is, ontmoet my asseblief in die konsistorie. (Bill Wilson was die medestigter van Alkoholiste Anoniem). Onmiddellik het mense begin reageer en Jim het stadig omgedraai. Soos dr Tedwell opgemerk het: ‘Terwyl ek besig was om te preek, het die Woord voor my oë vlees geword!’

Hierdie Kersfees ly sommige van die mense rondom jou; hulle het hoop verloor. Laat die Woord dus vlees word. Hef diegene wat geval het op, bemoedig die wanhopiges en bedien die siekes, die eensames en die vergetenes. Jesus het gesê: ‘…As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het… het julle dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV). In plaas daarvan om jouself hierdie jaar eenkant te hou, reik na iemand uit. Probeer dit – dit sal jou beste Kersfees ooit wees!

Sielskos: 1 Kor 10-11; Matt 1:18-25; Ps 139:1-12; Spr 31:25-27

Sit by Jesus!

2025-12-23
Efesiërs 2:4-6 NLV

Dr Donald Grey Barnhouse was vir baie jare die pastoor by Philadelphia se Tiende Presbiteriaanse Kerk. Een Sondagoggend was ‘n twaalfjarige seun in die gemeente verstom nadat hy hom oor die lengte en breedte en diepte van God se wonderlike genade hoor praat het. Barnhouse het sy preek afgesluit deur baie van die groot beloftes uit die Skrif in een indrukwekkende sin op te som: ‘Ons sondes is vergewe, vergeet, gereinig, bedek, soos ‘n dik wolk uitgewis, so ver as die ooste van die weste verwyderd en agter God geplaas.’ Aan die einde van die diens, toe Barnhouse na agter gaan om die mense te groet, het die seun hom genader, aan sy mou getrek en gesê: ‘Goeie preek, Dokter! Ons gaan eendag lekker langs Jesus sit, nè?’

God het ‘in Christus’ ‘n verlossende wonderwerk vir ons deur sy Seun verrig (sien Romeine 8:1; 1 Korintiërs 1:2; 15:22; 2 Korintiërs 5:17; Efesiërs 2:6-13). Die woord ‘in’ verseker ons dat net soos ons natuurlike geboorte ons in Adam, ons voorvader, geplaas het, so het God ons by die wedergeboorte doelbewus en presies in Jesus, ons Verlosser, geplaas.

Dink daaroor: ‘Maar God se onverdiende liefde is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefhet, is so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het… Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ‘n sitplek in die hemel gegee (Efesiërs 2:4-6 NLV). Ons gaan in die hemel so nou met Jesus vereenselwig wees, dat ons onafskeidbaar en ewig een met Hom gaan wees! Wat ‘n wonderlike gedagte!

Sielskos: 1 Kor 7-9; Matt 1:17; Ps 97; Spr 31:22-24