2025-12-30
Psalm 144:12 DB
Sê gedurig vir jou kind dat hulle geliefd, waardevol en bekwaam is. Andersins sal hul konsep van hulself op hul swakste eienskappe en persepsies eerder as hul beste, gebaseer wees. Sielkundiges sê dat sommige van die wêreld se suksesvolste mense aan ‘imposter syndrome’ ly. Wanneer hulle uitgevra word, spreek hierdie mense dikwels diep selftwyfel uit en sê dat hulle nie die posisie wat hulle beklee, of die hoë opinie wat ander van hulle het, werd voel nie. Waar het dit begin? By die huis!
Dikwels word hierdie selfkonsep voor puberteit gevorm, wanneer ‘n kind geen duidelike sin van hul identiteit het nie en onaantreklik, dom en nutteloos voel. Dit is wanneer jy as ouer hulle moet verseker dat hierdie gevoel net ‘n kort tydjie sal duur, soos om deur ‘n tonnel te reis waaruit hulle beslis te voorskyn sal kom. Bespreek die seksuele ontwaking wat gaan plaasvind wanneer hulle kinderjare eindig en ook hoe om dit verantwoordelik en moreel te hanteer. Deur dit nie te doen nie, laat jy jou kind alleen om vrae te hanteer waarop hulle nie altyd die regte antwoorde sal kry nie.
Ja, jy moet hulle onderrig en reghelp. As hulle egter voortdurend voel asof jy hulle kritiseer en nie aan hulle kant is nie, kan hulle nie die selfvertroue en inisiatief kry om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel nie. As jou ouers dit nie vir jou gedoen het nie, sal jy ekstra sensitief moet wees en seker maak dat jy dit vir jou kinders doen. Die Psalmdigter Dawid gee vir ons ‘n gebed wat God sal beantwoord: ‘Laat ons seuns sterk word soos jong bome en ons dogters soos die mooiste pilare in die paleis wees.’
Sielskos: 1 Tess 4-5; Matt 3:11-17; Ps 23; Spr 31:31
Psalm 144:12 NLT
Constantly tell your child that they’re loved, valuable, and capable. Otherwise, their self-evaluation will be based on their worst qualities and perceptions rather than their best ones. Psychologists say that some of the world’s most successful people suffer from “the imposter phenomenon.” When interviewed, these people often express deep self-doubt, saying they don’t feel worthy of the position they hold, or the high opinion others have of them. Where did that begin? At home!
Often this self-concept is formed before puberty when a child has no clear sense of their identity and feels unattractive, dumb, and useless. That’s when you, as a parent, need to say that this is a short-term experience, like traveling through a tunnel from which they will certainly emerge. Discuss the sexual awakening that’s about to occur as childhood ends and how to handle it responsibly and morally. Not to do so is to leave your child alone to cope with questions they don’t always have the right answers to.
Yes, you must instruct and correct them. But if they constantly feel like you’re “on their back” instead of “on their team,” they can lack the confidence and initiative needed to trust themselves and develop a healthy self-concept. And if your parents didn’t do this for you, you will have to be extra sensitive and make sure you do it for your children. The psalmist David gives us a prayer God will answer: “May our sons flourish in their youth like well-nurtured plants. May our daughters be like graceful pillars, carved to beautify a palace.”
Soul food: 1 Thes 4-5; Matt 3:11-17; Ps 23; Prov 31:31
2025-12-29
Romeine 8:37 NLV
Jy sal in sommige van die wêreld se grootste suksesverhale hoofstukke van mislukking en ontmoediging vind. Dr Seuss se eerste kinderboek is deur sewe-en-twintig verskillende uitgewers afgekeur. Die agt-en-twintigste uitgewer het egter seshonderd miljoen kopieë van die boek verkoop en dr Seuss se volharding het gehelp om miljoene kinders te leer lees. Tydens hul eerste jaar het die Coca-Cola maatskappy net nege koeldranke per dag verkoop. Hulle het egter volhard en is vandag die wêreld se grootste verkoper van koeldranke.
Henry Ford het twee keer in sy eerste drie jaar in die motorindustrie bankrot gespeel. Hy het egter volhard en vandag is Ford die tweede grootste motorhandelaar in Amerika en die vyfde grootste in die wêreld. In 1905 het die Universiteit van Bern in Switzerland ‘n proefskrif van ‘n student, genaamd Albert Einstein, verwerp en dit as ‘irrelevant en vol giere’ beskryf. Was hy teleurgesteld? Natuurlik – sou jy nie ook gewees het nie? Het hy tou opgegooi? Nee, hy het aanhou skryf.
Oorweeg die volgende: As verloste kind van God het jy ‘n groot voordeel – ‘…omdat God aan [jou] kant is…’ (Psalm 56:10 NLV). Dit verander die vergelyking en kantel die skaal in jou guns. Paulus skryf: ‘Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry?… Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het’ (Romeine 8:35, 37 NLV).
Met God aan jou kant is dit altyd te vroeg om tou op te gooi, maak nie saak waarvoor jy te staan kom nie. Byt vas, want sy genade en krag is altyd op pad.
Sielskos: 1 Tess 1-3; Matt 3:7-10; Ps 75; Spr 31:30
Romans 8:37 NKJV
In some of the world’s greatest success stories, you will find chapters of failure and discouragement. Dr. Seuss’s first children’s book was turned down by twenty-seven different publishers. The twenty-eighth publisher sold six hundred million copies, and Dr. Seuss’s perseverance resulted in helping millions of children learn to read. In their first year of business, the Coca-Cola company usually sold only nine servings of its drink a day. But they persevered, and today they are the leading soft-drink seller in the world.
Henry Ford went bankrupt twice in his initial three years in the car industry. But he persevered, and today Ford is the second-largest American-based automobile company and the fifth biggest worldwide. In 1905 the University of Bern in Switzerland rejected a PhD dissertation by a student named Albert Einstein, describing it as “irrelevant and fanciful.” Was he disappointed? Sure – wouldn’t you be? Did he give up? No, he kept on writing.
And consider this: As a redeemed child of God, you have a plus factor; God is on your side. “God is for me” (Psalm 56:9 NKJV). That changes the equation and tilts the odds in your favour. Paul writes: “Who shall separate us from the love of Christ? Shall tribulation, or distress, or persecution, or famine, or nakedness, or peril, or sword?… Yet in all these things we are more than conquerors through Him who loved us” (Romans 8:35, 37 NKJV).
With God, despite whatever you’re facing, it’s always too early to quit. Hold on because His grace and strength are always on their way.
Soul food: 1 Thes 1-3; Matt 3:7-10; Ps 75; Prov 31:30
2025-12-28
1 Tessalonisense 5:24 NLV
Wanneer dit by jou lewensroeping kom, is hier nog twee mites wat jou kan saboteer:
1) Wanneer jy die verkeerde keuse maak, kan jy op een of ander manier God se wil dwarsboom. Jy hoef nie hieroor bekommerd te wees nie. Die Bybel sê vir ons: ‘Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!’ Dis altyd prysenswaardig om die beste besluit wat jy kan, te probeer neem. Die feit bly egter staan dat jy op ‘n punt gaan moet kom waar jy ‘n keuse gaan moet maak. Geen keuse wat jy maak is buite God se beheer nie. Selfs al weet jy nie waarheen die pad wat jy gekies het gaan lei nie, kan jy in die versekering rus dat: ‘…God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV).
2) Jou roeping staan vas. Om jou roeping te vind is nie iets wat jy noodwendig een of twee keer in jou lewe doen nie. Dis nie iets wat jy van ‘n lysie kan afmerk en aanbeweeg nie. Die lewe van ‘n Christen is ‘n deurlopende proses waarin jy jou roeping ontdek. Net omdat God jou op ‘n spesifieke tyd vir ‘n spesifieke doel geroep het, beteken nie dat sy planne vir jou nie sal verander nie. Wie weet wat die volgende fase van jou lewe gaan inhou? Elkeen se roeping lyk uniek en elke hoofstuk van jou lewe sal ‘n nuwe proses van onderskeiding meebring. Die belangrikste is om te onthou dat God in beheer is, dat Hy jou liefhet en dat dit sy wil is om jou altyd nader aan Hom te bring.
Soul food: Heb 11:1-6; Matt 21:18-22; Matt 8:5-13; Mark 6:1-6