2026-09-25
Job 8:7 NLV
Ons klou dikwels aan mense en dinge vas asof ons alles dieselfde kan hou. Dit kan egter nie gebeur nie. Wat jy wel kan doen, is om gereed te wees om verandering te hanteer wanneer dit plaasvind. Jy mag dalk nie kan voorspel wat die verandering sal wees nie, maar jy kan dinge in plek stel om jou te help om dit te hanteer wanneer dit aanbreek. Kinders gaan universiteit toe, dus oorweeg wyse ouers dit om ‘n spaarplan uit te neem wanneer hulle kinders gebore word. Mense hou uiteindelik op werk, dus maak dit sin om vir aftrede te spaar. ‘n Uitvoerende beampte wat eendag gaan bedank, beplan vir ‘n opvolger sodat die maatskappy kan aanhou floreer. Soms is verandering moeilik, maar beplanning help ons om verandering tegemoet te kom.
Met God aan jou sy het jy al die gereedskap wat jy nodig het vir sukses, insluitend die buigsaamheid en aanpasbaarheid om jou koers soos nodig aan te pas. Dink aan hoe tegnologie, soos selfone en rekenaars, die manier waarop ons kommunikeer, inkopies doen en leef, verander het. Die GPS is ‘n wonderlike tegnologiese uitvinding, maar bestuurders was aanvanklik huiwerig om daarvan gebruik te maak. Dit het egter die ervaring om jou pad te vind terwyl jy bestuur, verander. Terwyl jy deur die veranderinge van die lewe navigeer:
1) Besef dat God in jou leef, deur jou werk en altyd jou beste belange op die hart dra (sien Filippense 2:13).
2) Reik uit na die nuutste gereedskap en tegnieke, of dit nou tegnologies is of ‘n nuwe benadering tot gesinslewe, dieet, oefening of spiritualiteit behels.
Met ander woorde, maak gereed vir verandering.
Sielskos: Lev 23:33-44; Joh 7:1-40; Heb 11:8-16
2026-09-24
Galasiërs 2:19 NLV
Paulus het geskryf: ‘…Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde beleef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf’ (verse 19-20 NLV). Dis moeilik om aanstoot te neem wanneer jy dood is. Dis ook moeilik om kwaad te word, ontsteld te raak of depressief te raak wanneer jy dood is.
Die dag waarop jy jou geloof in Christus plaas, is die dag waarop jou ou mens sterf. Jou begeertes, jou drome en jou planne is dood. Jy is ‘n nuwe skepping in Christus. Natuurlik moet jy daagliks in hierdie identiteit leef. Paulus het gesê: ‘Ek sterf dag vir dag…’ (1 Korintiërs 15:31 AFR53). Jesus het gesê: ‘…as enigeen van julle my dissipel wil word, moet jy jou selfsugtige ambisie aflê, elke dag jou kruis opneem en My volg’ (Lukas 9:23 NLV). Die kern van beide verse is dat dit daagliks moet gebeur.
Daar is groot vryheid in hierdie daaglikse dood. Jou prestasie is nie meer ‘n bewys van jou waarde nie. Jou ego is nie meer op die spel nie. Jou reputasie is nie meer in gevaar nie. Jy leef vir die goedkeuring van Een – die Here! Daarom kon Paulus skryf: ‘Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld’ (Galasiërs 6:14 NLV). Om sy punt tuis te bring, het hy geskryf: ‘Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek’ (Kolossense 3:3 NLV).
Sielskos: 1 Kor 7-9; Mark 15:1-11; Ps 52; Spr 24:32-34
Galatians 2:20 NKJV
Paul wrote: “I have been crucified with Christ; it is no longer I who live, but Christ lives in me; and the life which I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave Himself for me.” It’s hard to get offended when you’re dead. It’s hard to get angry, get upset, or get depressed too. Why? Because you’re dead!
The day you put your faith in Christ is the day your old self died. Your desires, your dreams, and your plans are dead in the water. The person who goes down in the waters of baptism is not the same as the person who comes up. You are a new creation in Christ. Of course, you must step into this identity on a daily basis. Paul said, “I die daily” (1 Corinthians 15:31 NKJV). Jesus said, “Whoever wants to be my disciple must deny themselves and take up their cross daily” (Luke 9:23 NIV). The key word in both verses is “daily.”
There’s great freedom in this daily death. Your performance is no longer a statement of your worth. Your ego is no longer on the line. Your reputation is no longer at risk. You are living for the approval of One – that is the Lord! Hence, Paul could write: “God forbid that I should boast except in the cross of our Lord Jesus Christ, by whom the world has been crucified to me, and I to the world” (Galatians 6:14 NKJV). Then to drive his point home, he wrote: “For you died, and your life is hidden with Christ in God” (Colossians 3:3 NKJV).
Soul food: 1 Cor 7-9; Mark 15:1-11; Ps 52; Pro 24:32-34
2026-09-23
Josua 8:1 NLV
Na ‘n vernederende nederlaag, het God vir Josua ‘n tweede kans op oorwinning gegee: ‘…Vat al jou manskappe en gaan veg teen Ai. Ek gee die koning van Ai, sy volk en sy stad en sy land in jou mag.’ Die koning van Ai was op pad om ‘n tweede oorwinning teen Josua te gaan behaal. Hy het na Josua toe gemarsjeer en sy stad onbeskermd gelaat. Josua se elite groep soldate het ingestorm en dit aan die brand gesteek. Toe het Josua van koers verander en die leër van Ai in die middel vasgevang. Die oorwinning was voltrek.
Vergelyk egter hierdie aanval met die eerste een. In die eerste aanval het Josua spioene geraadpleeg; in die tweede het hy na God geluister. In die eerste het hy tuis gebly. In die tweede het hy sy leër gelei. Toe Josua God se strategie gevolg het, het die oorwinning plaasgevind. Dit gebeur altyd so! Miskien het jy ook, soos Josua, ‘n vernederende nederlaag gely. Indien wel, is hier twee dinge wat jy moet weet:
1) Moenie moed opgee met God nie, want Hy sal nie moed opgee met jou nie. ‘Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!’ (Jesaja 55:7 NLV).
2) God sal jou nog ‘n kans gee. Jona het van God se roepstem weggehardloop, maar God was nie klaar met hom nie. ‘Die Here het ‘n tweede keer met Jona gepraat: ‘Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve…’ Jona het gereedgemaak en na Nineve toe gegaan…’ (Jona 3:1-3 NLV).
Wat God vir Josua en Jona gedoen het, sal Hy vir jou ook doen as jy jou tot Hom bekeer.
Sielskos: 1 Kor 4-6; Mark 14:66-72; Ps 34:11-22; Spr 24:30-31
Joshua 8:1 NKJV
After suffering a humiliating defeat, God gave Joshua a second chance at victory: “Arise, go up to Ai. See, I have given into your hand the king of Ai, his people, his city, and his land.” The king of Ai, still strutting with pride from victory number one, set out for victory number two. He marched toward Joshua, leaving the town unprotected. Joshua’s elite squad charged in and set fire to it. And Joshua reversed his course, catching the army of Ai in the middle. The victory was complete.
Contrast this attack with the first one. In the first attack, Joshua consulted spies; in the second, he listened to God. In the first, he stayed home. In the second, he led the way. The point? God gave Joshua a new plan – “Try again, my way.” And when he followed God’s strategy, victory happened. It always does! Perhaps, like Joshua, you too have suffered a humiliating defeat. If so, here are two things you need to know:
(1) Don’t give up on God, for He won’t give up on you. “Let the wicked forsake his way, and the unrighteous man his thoughts; let him return to the Lord, and He will have mercy on him; and to our God, for He will abundantly pardon” (Isaiah 55:7 NKJV).
(2) God will give you another chance. Jonah ran from the call of God, but God wasn’t through with him. “Now the word of the Lord came to Jonah the second time, saying, ‘Arise, go to Nineveh'” (Jonah 3:1-2 NKJV). He did.
What God did for Joshua and Jonah, He will do for you if you turn to Him.
Soul food: 1 Cor 4-6; Mark 14:66-72; Ps 34:11-22; Pro 24:30-31