2026-01-07
1 Konings 19:4 NLV
Elia het so depressief geword dat hy wou doodgaan. Hier is die drievoudige voorskrif wat God vir hom gegee het om uit sy gat van depressie te klim:
1) Verfris jouself. ‘…’n engel het hom aangeraak en gesê: ‘Staan op en eet!’ Hy kyk op en dáár sien hy ‘n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ‘n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê’ (verse 5-6 NLV). Elia was uitgeput. Hy het pas vir ‘n lang tydperk gevas en sy liggaam was verswak. Voldoende rus en ‘n gebalanseerde dieet kan wondere vir jou lewe doen.
2) Fokus op God. Wanneer jy jou oë van God afneem en op jouself fokus, begin elke moeilikheid waarvoor jy te staan kom groter lyk as wat dit is. Jy begin om die Een wat elke probleem wat jy teëkom kan oplos, te ignoreer. God het vir Elia gesê: ‘Kom buitekant toe en gaan staan voor My op die berg…’ (vers 11 NLV). Een prediker merk op: ‘Wanneer God jou oor het, kan Hy daarin praat. Wanneer God jou hart het, kan Hy dit versorg.’
3) Gee aandag aan ander. God het vir Elia gesê: ‘…jy [moet] Gasael salf tot koning van Aram. Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel. Jy moet ook Elisa… salf om jou as my profeet op te volg’ (verse 15-16 NLV). Miskien moet jy iemand vind wat jy kan help en kan dien. Jy is nie die enigste een wat probleme het nie; daar is mense in erger situasies as jy. As jy wil sien hoe die waas van depressie verdwyn, hou op om na binne te kyk en begin na buite te kyk.
Sielskos: Lev 11:1-13:37; Luk 1:57-66; Ps 42:6-11; Spr 1:24-28
2026-01-06
1 Peter 3:18 NKJV
A saleswoman passed a particular corner each day on her way to work. For more than a week, she observed a little girl trying to sell a flop-eared puppy. The saleswoman finally said to the little girl, “Honey, if you want to sell this dog, I suggest you clean him up, brush his coat, raise your price, and make people think they’re getting something of value.” At noon, the saleswoman noticed the little girl had taken her advice. The puppy was groomed and sitting under a big sign that read, “TREMENDOUS Puppy for Sale – $5,000.00.”
The saleswoman smiled and gulped, determined to tell the little girl later that she may have overpriced the puppy. To her surprise, on the way home she saw the puppy was gone! Flabbergasted, the woman sought out the little girl to ask if she had really sold the dog for $5,000.00. The little girl said, “I sure did, and I want to thank you for all your help.” The saleswoman spluttered, “How in the world did you do it?” She said, “It was easy. I just took two $2,500.00 cats in exchange!” Seriously, two thousand years ago the greatest exchange of all time took place.
On a cross outside Jerusalem, Jesus Christ gave His life in exchange for ours, “the just for the unjust, that He might bring us to God.” At the cross God took all your sin and placed it upon Christ. And when you place your trust in Christ, God takes all of His righteousness and wraps you up in it. That’s the great exchange!
Soul food: Lev 8-10; Luke 1:39-56; Ps 42:1-5; Prov 1:20-23
1 Petrus 3:18 NLV
‘n Verkoopsdame het elke dag op pad werk toe verby ‘n spesifieke hoek geloop. Vir meer as ‘n week het sy ‘n dogtertjie dopgehou wat probeer het om ‘n klein hondjie op daardie hoek te verkoop. Die verkoopsdame het uiteindelik vir die dogtertjie gesê: ‘Liefie, as jy hierdie hond wil verkoop, stel ek voor jy bad hom, borsel sy pels en verhoog jou prys sodat mense dink hulle koop iets van waarde.’ Teen twaalfuur het die verkoopsdame opgemerk dat die dogtertjie haar raad gevolg het. Die hondjie was versorg en het onder ‘n groot plakkaat gesit wat lees: ‘UITSTEKENDE Hondjie te Koop – R5,000.’
Die verkoopsdame het geglimlag en onderneem om die dogtertjie later te vertel dat die prys vir die hondjie dalk te duur was. Tot haar verbasing het sy op pad huis toe gesien dat die hondjie weg was! Verstom het die vrou die dogtertjie opgesoek om te vra of sy die hond regtig vir R5,000 verkoop het. Die dogtertjie het gesê: ‘Ek het beslis en ek wil jou bedank vir al jou hulp.’ Die verkoopsdame het verstom gevra: ‘Hoe in die wêreld het jy dit reggekry?’ Sy het geantwoord: ‘Dit was maklik. Ek het net twee katte van R2,500 elk in ruil vir die hondjie geneem!’ Tweeduisend jaar gelede het die grootste ruiltransaksie van alle tye plaasgevind.
Aan ‘n kruis buite Jerusalem het Jesus Christus sy lewe in ruil vir ons s’n gegee: ‘…Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom…’ Aan die kruis het God al jou sonde geneem en dit op Christus geplaas. Wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, neem God al sy geregtigheid en draai jou daarin toe. Dis die groot ruiltransaksie!
Sielskos: Lev 8-10; Luk 1:39-56; Ps 42:1-5; Spr 1:20-23
2026-01-05
Jeremiah 29:11 TLB
Sports psychologists have identified six recurring traits that are common to Olympic gold medalist athletes. These traits of a champion apply to both men and women, but they are also dominant factors in the lives of those who succeed in nonathletic vocations as well. Let’s look carefully at each trait and see what we can learn.
(1) Self-analysis. The successful athlete knows their strengths and weaknesses, and engages in a critical appraisal that is honest but never negative.
(2) Self-competition. A winner knows that he or she can only control their own performance, so they compete against their own best effort and not that of others.
(3) Focus. The champion is always “in the present,” concentrating on the task at hand.
(4) Confidence. Successful athletes control anxiety by setting tough but reasonable goals. As these goals are reached, their confidence increases.
(5) Toughness. This is a mental trait that involves accepting risk and trying to win, rather than trying not to lose. A winner sees change as opportunity, and accepts responsibility for their own destiny.
(6) Having a game plan. Even the best athletes know that talent is not enough; they must have a game plan.
And here is the good news: You can develop these six traits. You say, “Where can I get a game plan for my life?” From the God who loves you and says in His Word, “For I know the plans I have for you… plans for good… to give you a future and a hope. In those days when you pray, I will listen” (vv. 11-12 TLB).
Soul food: Lev 5-7; Luke 1:26-38; Ps 10:12-18; Prov 1:17-19
Jeremia 29:11 NLV
Sportsielkundiges het ses eienskappe wat algemeen in atlete wat goue medaljes op die Olimpiese Spele wen, geïdentifiseer. Hierdie eienskappe van ‘n kampioen is op beide mans en vrouens van toepassing en is ook dominante faktore in die lewens van diegene wat in nie-atletiese beroepe uitblink. Kom ons kyk na elke eienskap en wat ons daaruit kan leer.
1) Selfanalise. Die suksesvolle atleet ken hul sterk- en swakpunte en doen ‘n kritiese beoordeling daarvan wat eerlik, maar nooit negatief is nie.
2) Selfkompetisie. ‘n Wenner weet dat hy of sy slegs hul eie prestasie kan beheer, daarom ding hulle teen hul eie beste poging en nie dié van ander nie, mee.
3) Fokus. Die kampioen konsentreer altyd bewustelik op die taak wat voorlê.
4) Selfvertroue. Suksesvolle atlete beheer hul angs deur moeilike maar redelike doelwitte te stel. Namate hierdie doelwitte bereik word, neem hul selfvertroue toe.
5) Taaiheid. Dit is ‘n geestelike eienskap wat risiko aanvaar en altyd probeer wen. ‘n Wenner sien verandering as ‘n geleentheid en aanvaar verantwoordelikheid vir hul eie lot.
6) ‘n Wedstrydplan. Selfs die beste atlete weet dat talent nie genoeg is nie; hulle moet ook ‘n wedstrydplan hê.
Hier is die goeie nuus: Jy kan hierdie ses eienskappe ontwikkel. Jy vra: ‘Waar kan ek ‘n wedstrydplan vir my lewe kry?’ Van die God wat vir jou lief is en in sy Woord sê: ‘Ek weet wat Ek vir julle beplan het… voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister’ (verse 11-12 NLV).
Sielskos: Lev 5-7; Luk 1:26-38; Ps 10:12-18; Spr 1:17-19