2026-02-15
Jesaja 64:1 NLV
Jesus het die volgende vir die dissipels gesê net voordat Hy hierdie aarde verlaat het om terug te keer hemel toe: ‘En kyk, Ek sal die belofte van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is’ (Lukas 24:49 NLV). As verloste kind van God woon die Heilige Gees in jou (sien Romeine 8:9). Hierdie belofte dui egter daarop dat jy ook die Heilige Gees wat jou rus en jou krag gee, op jou kan hê. Hoe het die dissipels op hierdie belofte gereageer? ‘Hulle het almal saam aanhou bid…’ (Handelinge 1:14 NLV).
Larry Sparks sê: ‘Vir te lank duld die Westerse kerk al ‘n gebedskultuur wat deur ‘n gebrek aan resultate gedefinieer word.’ Dan gee hy ons hierdie strategie om ‘n goddelike besoek te ontvang: “Hersien God se beloftes wat handel oor die uitstorting van die Heilige Gees. Word daardeur beheers. Talm in toegewyde, volgehoue, volhardende gebed totdat herlewingsbeloftes herlewingswerklikhede word. Dis presies wat die dissipels gedoen het.”
Ons maak die fout om aan te neem dat die Heilige Gees slegs op vaste datums op die hemel se kalender uitgestort gaan word. Een van die grootste beloftes wat God aan ons gemaak het, is die volgende: “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: ‘Ek sal my Gees uitstort op elke mens…'” (Handelinge 2:17 NLV). Solank as wat ‘elke mens’ nog nie hierdie uitstorting van die Gees beleef het nie, moet ons aanhou bid: ‘As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom!..’ Jy vra: ‘Wat kan ek doen?’ Doen wat die dissipels gedoen het: ‘Hulle het almal saam aanhou bid…’ Begin om elke dag vir ‘n goddelike besoek van God se Gees te bid.
Sielskos: Gal 5:22-23; Deut 7:9; Spr 3:3-4; Luk 16:10-12
2026-02-14
Joshua 9:14 NKJV
Live with one ear toward heaven: “Is this opportunity from you, God?” “Are you in this venture, God?” “Should I take this road, God?” One time Joshua failed to do this and paid for it. Here’s the story. A group of strangers entered the camp of Israel saying, “From a very far country your servants have come” (v. 9 NKJV). Evidently, they knew God’s law had made special provisions for cities outside of Canaan (see Deuteronomy 20:10-12).
Any city that agreed to make peace with Israel would be spared. So, being afraid, they resorted to deception. Three days passed before Joshua realized he had been lied to. These people were not from a distant land; they were from Gibeon, only a day’s walk away. As a result, Joshua entered into an alliance with the enemy because he didn’t seek the counsel of God.
We do well to learn from his mistake. Our enemy enters our camp in disguise as well: “Satan himself masquerades as an angel of light” (2 Corinthians 11:14 NIV). He’s crafty. That’s why it’s essential that we consult God in everything. In every decision and at each crossroad, acknowledge Him, heed Him, and ask Him: “Do I turn right or left?”
David said that God’s Word is a “lamp unto our feet” (see Psalm 119:105), not a spotlight into the future. He gives enough light to take the next step. When we pray, He speaks to our hearts: “Your own ears will hear him. Right behind you a voice will say, ‘This is the way you should go,’ whether to the right or to the left” (Isaiah 30:21 NLT). So consult God in everything.
Soul food: Heb 1-4; Luke 9:57-62; Ps 149; Prov 4:25-27
Josua 9:14 NLV
Leef met jou ore op die hemel gespits: ‘Kom hierdie geleentheid van U, God?’ ‘Is U betrokke by hierdie onderneming, God?’ ‘Moet ek hierdie pad neem, God?’ Eenkeer het Josua dit nie gedoen nie en duur daarvoor betaal. ‘n Groep vreemdelinge het die kamp van Israel binnegegaan en gesê: ‘…Ons kom van ‘n baie ver land af…’ (vers 9 NLV). Hierdie vreemdelinge het klaarblyklik geweet dat God se wet spesiale voorsiening gemaak het vir stede buite Kanaän (sien Deuteronomium 20:10-12).
Enige stad wat instem om ‘n vredesverdrag met Israel te sluit, sou gespaar word. Dus het hierdie vreemdelinge besluit om die Israeliete te mislei. Drie dae het verbygegaan voordat Josua besef het dat hulle vir hom gelieg het. Hierdie mense was nie van ‘n verre land nie; hulle was van Gibeon, net ‘n dag se stap weg. Josua het dus ‘n verdrag met die vyand gesluit, omdat hy nie eers vir God geraadpleeg het nie.
Ons moet uit Josua se fout leer. Ons vyand vermom homself ook om ons kamp binne te kom: ‘…Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is’ (2 Korintiërs 11:14 NLV). Hy is listig. Daarom is dit noodsaaklik dat ons God in alles raadpleeg. Ons moet God by elke besluit en kruispad erken, na Hom luister en vir Hom vra: ‘Moet ek regs of links draai?’
Dawid het gesê dat God se Woord ‘n lamp vir ons voete is (sien Psalm 119:105), nie ‘n kollig op die toekoms nie. Hy gee ons genoeg lig om die volgende stap te neem. Wanneer ons bid, spreek Hy tot ons harte: ‘Jy sal ‘n stem hoor sê: ‘Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs’ (Jesaja 30:21 NLV). Raadpleeg God dus oor alles.
Sielskos: Heb 1-4; Luk 9:57-62; Ps 149; Spr 4:25-27
2026-02-13
Joshua 23:6 NIV
Entering the Promised Land, God told Joshua: “Be careful to obey all that is written in the Book of the Law of Moses.” You must identify your core values – and live by them. Swiss philosopher Henri-Frederic Amiel said, “The man who has no inner life is a slave to his surroundings.” Your core values are the governing principles you live by. They’re the light that guides you. They give stability and structure to your inner world.
When that’s in order, you can navigate your way through almost anything. Have you ever wondered why God refers to His Word as “laws”? Because they govern your thoughts and actions, guide you in the right direction, and guard you from trouble. They bring order to your life; without that, you’re left with chaos and confusion. Imagine living in a world where twelve inches don’t equal one foot, and two plus two doesn’t make four. God established His laws for our good. When we disobey them, we suffer; when we honour them, we succeed. Unlike dining al a carte, you can’t pick what you want and forget the rest. God says, “Do everything written… Then you will be… successful” (Joshua 1:8 NIV).
Many talented people who make it into the limelight don’t stay there long. Why? Because they failed to develop strong character. Their lack of integrity toppled them because they couldn’t climb beyond the limitations of their character. Talent may take you to a higher level of success, but without character, you won’t be able to handle the pressures that accompany success. That’s why it’s so important to live by the principles of God’s Word.
Soul food: 2 Thes 1-3; Luke 9:46-56; Ps 145:14-21; Prov 4:23-24
Josua 23:6 NLV
Toe die Israeliete die Beloofde Land binne gegaan het, het God vir Josua gesê: ‘Staan sterk en doen haarfyn alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses.’ Jy moet jou kernwaardes identifiseer en daarvolgens leef. Die Switserse filosoof Henri-Frederic Amiel het gesê: ‘Die man wat geen innerlike lewe het nie, is ‘n slaaf van sy omgewing.’ Jou kernwaardes is die beginsels waarvolgens jy leef. Dit is die lig wat jou lei. Dit gee stabiliteit en struktuur aan jou innerlike wêreld.
Wanneer jou kernwaardes in orde is, kan jy jou pad deur amper enigiets vind. Het jy al ooit gewonder hoekom God na sy Woord as ‘n ‘wetboek’ verwys? Omdat dit jou gedagtes en dade beheer, jou in die regte rigting lei en jou teen moeilikheid beskerm. Kernwaardes orden jou lewe; daarsonder word jy met chaos en verwarring gekonfronteer. God het sy wette vir ons beswil ingestel. Wanneer ons hulle nie gehoorsaam nie, ly ons; wanneer ons hulle eerbiedig, slaag ons. Jy kan nie kies watter wette jy wil gehoorsaam en van die res vergeet nie. God sê: ‘…Voer al die opdragte uit… Jy sal dan suksesvol wees in alles wat jy doen’ (Josua 1:7 NLV).
Baie talentvolle mense wat die kollig haal, bly nie lank daar nie. Hoekom? Omdat hulle nie daarin slaag om ‘n sterk karakter te ontwikkel nie. Hul gebrek aan integriteit pootjie hulle, omdat hulle nie verder as die beperkings van hul karakter kan klim nie. Talent mag jou na ‘n hoër vlak van sukses neem, maar sonder karakter sal jy nie die druk wat met sukses gepaardgaan, kan hanteer nie. Daarom is dit so belangrik om volgens die beginsels van God se Woord te leef.
Sielskos: 2 Tess 1-3; Luk 9:46-56; Ps 145:14-21; Spr 4:23-24