Verbly jouself, want jy is in die wil van God
2020-05-08Psalm 40:9 NLV
Daar is geen vreugde in die lewe wat kan kers vashou by die vreugde wat jy voel wanneer jy weet dat jy te midde van God se wil loop nie. Nie roem nie, nie rykdom nie, nie plesier nie. Niks kan vergelyk word met die wete dat jy sy goedkeuring op jou daaglikse aktiwiteite het nie. Sal dit altyd maklik wees om God se wil te doen? Nee; dit is genotvol, maar dis nie altyd maklik nie. Die grootte van jou God-gegewe lewensopdrag bepaal inderwaarheid die vlak van aanval wat teen jou geloods sal word. In hierdie sin is Satan se aanval op jou dus ‘n bevestiging dat jy waarlik in God se wil is. Paulus skryf: ‘Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare dikwels. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry; drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ‘n dag en ‘n nag op die oop see oorleef. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van nie-Jode; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees. Behalwe al diĆ© dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes. Watter medegelowige is swak, en ek voel nie saam swak nie?..’ (2 KorintiĆ«rs 11:23-29 NLV). Verbly jouself dus – jy is in die wil van God!
Sielskos: Num 16-18; Mark 7:14-23; Ps 44:1-8; Spr 11:9